Suidlandmedia 2012

VIR DIE HEEL NUUTSTE BYVOEGING IN AUGUSTUS 2012 KLIEK HIER

 

VOORHEEN BYGEWERKTE LYS VAN DVD'S EN CD'S

BEWAAR ‘N ERFENIS EN BOU 'N TOEKOMS

MEDIAVRYSTELLING

Die legendariese Boereheld Gideon Scheepers is op 4 April 1878 naby Middelburg in Transvaal gebore.  Hy het as Transvaalse burger deelgeneem aan die Boere-inval in Kaapland gedurende 1901 en is op 18 Januarie 1902 op Graaff-Reinet deur die Britte tereggestel, in wat allerweë beskou word as een van die ergste skendings van die reëls van beskaafde oorlogvoering .  'n Herdenking van die gebeure 110 jaar gelede is vanjaar op Saterdag 21 Januarie op Graaff-Reinet gehou en 'n video-opname van die geleentheid is deur Suidland Media gedoen.  Die video is beskikbaar in DVD-formaat en word nou, ter viering van Scheepers se geboortedag 134 jaar gelede, aan die publiek bekendgestel.  Dit bestaan uit twee DVD’s en verskyn onder die titel 'Bewaar 'n Erfenis en Bou 'n Toekoms'. Die video-opname beslaan ongeveer 5 ure se interessante en insiggewende kyktyd.  Dit fokus op die gebeure rondom die teregstelling van Gideon Scheepers en ook op persone en gebeure in en om Graaff-Reinet wat 'n rol in die vorming van die geskiedenis van die Afrikanervolk gespeel het.  Benewens voordragte deur persone wat kenners van hierdie onderwerpe is, bevat dit baie beeldmateriaal van geboue en gedenktekens wat dien as getuienis van die geskiedkundige gebeure wat daar afgespeel het.
Die opname bevat ook 'n aantal uittreksels uit historiese films wat Suidland Media as deel van sy erfenisbewaringsprojek oorgesit het op DVD, ten einde die materiaal vir hedendaagse Afrikaners toeganklik te maak.  Dit bevat onder andere uittreksels van films oor die koms van Van Riebeeck, die Groot  Trek, die moord op die Retief-geselskap, die slag van Bloedrivier, die slag van Majuba, die lewe van President Kruger, Genl De Wet, Danie Theron en Gideon Scheepers en die sluipmoord op Dr H F Verwoerd.  Dit bied 'n baie treffende oorsig oor die sleutelmomente in ons geskiedenis.
Tydens die herdenkingsgeleentheid op Graaff-Reinet is daar egter verder gegaan as net die vertoning van historiese beeldmateriaal en die oordrag van historiese kennis.  Die aktualiteitswaarde van die geskiedenis is ook uitgelig.  “Ons geskiedenis het nie net interessantheidswaarde nie.  Dit het ook praktiese betekenis en waarde vir 21ste eeuse Afrikaners.  Dit is 'n bron van geloofsversterking in die God wat ons voorouers wonderbaarlik beskerm het en aan hulle groot oorwinnings gegee het.  Dit inspireer tot groot dade en lei tot die ontdekking van ons wortels en ons ware identiteit as volk.  Dit kweek selfrespek, volkstrots, liefde vir die eie en volkseenheid.  Uit die wyse waarop ons voorouers hulle voortbestaansuitdagings hanteer het, kan ons ook leer hoe om ons huidige voortbestaansuitdaging die hoof te bied.   In kort,  ons geskiedenis is die basis waarop ons 'n toekoms vir ons nageslag moet bou. Vandaar die titel Bewaar 'n Erfenis en Bou 'n Toekoms vir hierdie produksie,”  sê Frikkie Strauss van Suidland Media.  Hy sê hierdie titel is 'n baie goeie samevatting van die doel met die erfenisbewaringsprojek.  “Oor verskeie dekades is daar voortreflike films en video’s oor ons volk se geskiedenis gemaak en die meeste daarvan word nou in DVD-formaat aan die publiek beskikbaar gestel.  Die materiaal is uiters geskik om ons geskiedenis aanskoulik en interessant te maak, veral vir jong kinders,” het hy bygevoeg.
Die totale getal DVD-titels beloop tans 53.  Suidland Media beplan om binne afsienbare tyd nog 'n hele aantal nuwe titels bekend te stel.  Suidland Media het intussen ook begin om klankbande oor te sit op CD’s en 7 CD-titels is al beskikbaar.  Die totale aanbieding dek die hele spektrum van ons geskiedenis, van die koms van Van Riebeeck tot en met die grensoorlog.  Al die DVD’s en CD’s kan van Suidland Media teen baie billike pryse bestel word.  Die titel Bewaar 'n Erfenis en Bou 'n Toekoms word teen 'n baie spesiale prys van R50 aangebied.  Dit kan ook gratis van Suidland Media se webtuiste afgelaai word.  Volledige besonderhede kan verkry word deur Suidland Media se webtuiste by www.suidland.com te besoek, te bel na 082 – 493 3785 / 022 – 913 2391 of te e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

of  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

Uitgereik deur:          Mediaskakel
Piketberg

 

HISTORIESE DVD’S EN CD’S TE KOOP

ALGEMENE GESKIEDENIS

PRYS IN RAND

Bewaar ‘n Erfenis en Bou ‘n Toekoms  (‘n Video-opname, bestaande uit 2 DVD’s,
wat die teregstelling van Gideon Scheepers en die rol van Graaff-Reinet in ons
geskiedenis dek .  Dit bevat ook uittreksels uit ‘n aantal DVD’s van Suidland Media
en ‘n voordrag oor die betekenis van die geskiedenis vir 21ste eeuse Afrikaans)     DVD         50

Bringers van die Lig  (‘n Verhoogstuk oor die lewe van Jan en Maria van
Riebeeck en hulle gesin, onder leiding van Isabelle Steenkamp met Peter Breden-
kamp in die hoofrol)    CD    60

Die Bou van ‘n Nasie (Algemene geskiedenis, gedeeltelik in dokumentêre
en gedeeltelik in  dramavorm)     DVD      70

Grepe uit SA Volksgeskiedenis (‘n Reeks van 3 DVD’s wat handel
oor die Afrikanervolk se  geskiedenis, waarby Die Bou van ‘n Nasie ingesluit is)      DVD    Reeks 180

Van Volkstigting tot Volksrepubliek  (n Hoorbeeld  oor die geskiedenis van
die Afrikanervolk, bestaande uit historiese vertellings, afgewissel met drama.  
Baie geskik vir jong kinders.)  (Agt CD’s van ± 6 ure in totaal)    CD    Reeks 400    
Doringboomverhale  (Vertellings oor verskeie volkshelde met bypassende
byklanke, hoofsaaklik gerig op kinders)    CD                  100


Die Wortels van Afrikaans  (Die invloed wat verskillende tale op die vorming
van Afrikaans uitgeoefen het)    CD                100

DIE GROOT TREK

Geknelde Land (‘n Reeks van 5 DVD’s, gebaseer op F A Venter se boek met
dieselfde titel, in dramavorm)          DVD      Reeks 280

Uit die Dagboek van Rudolf Dreyer (‘n Toneelstuk oor Rudolf Dreyer, die hoof-
karakter in die boeke Geknelde Land, Offerland en Gelofteland van FA Venter,
aangevul met beeldmateriaal uit verskeie films)    DVD               50

Die Voortrekkers (‘n Dokumentêre film oor die Voortrekkergeskiedenis, gedeeltelik
in dramavorm)    DVD    70

Die Slag van Bloedrivier (‘n Dokumentêre film oor die verloop van die Slag van
Bloedrivier)    DVD    70

Die Vegkop Gedenkterrein (‘n Dokumentêr oor die gedenkterrein naby Heilbron
waar die slag van Vegkop tussen die Voortrekkers en Matabeles in Oktober 1836
plaasgevind het.  Enkele verwysings na die veldslag self kom ook voor)    DVD    50

EERSTE VRYHEIDSOORLOG
Majuba, Heuwel van die Duiwe (Die Slag van Majuba, in dramavorm)    DVD    70
Vannag gaan ek Majuba beset  (Die Eerste Vryheidsoorlog en die Slag van
Majuba, in  dokumentêre vorm)    DVD    50

TWEEDE VRYHEIDSOORLOG
Ohm Kruger ( President Kruger, Brittanje en die Tweede Vryheidsoorlog, in Duits)    DVD                 70             
Paul Kruger (Die lewensverhaal van President Kruger, gedeeltelik in drama- en
gedeeltelik in dokumentêre vorm)    DVD    70

Genl Christiaan de Wet  (‘n Dokumentêre film oor die lewe van Genl de Wet)    DVD    70

Danie Theron  (Die lewe van Danie Theron in dramavorm)     DVD    70

Gideon Scheepers  (Die lewe van Gideon Scheepers in dramavorm)    DVD    70

Verskroeide Aarde  (‘n Dokumentêr oor die verwoesting wat die Britte tydens
die Tweede Vryheidsoorlog aangebring het en die lyding van vroue en  kinders in die
konsentrasiekampe word nou deur Suidland Media aan die  publiek te koop aangebied.  
Daar kan mense wees wat aanstoot neem aan sommige van die kommentaar.  Die
waarde  van die DVD lê egter in die historiese  feite wat gegee word)                DVD               140

Teregstelling van Boereverraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog (‘n Dokumentêr
oor die verskynsel van verraad tydens die Anglo-Boereoorlog en die uitwerking daar-
van op die psige van ons volk)    DVD               140

Die Slag van Magersfontein (Die Slag van Magersfontein, gedeeltelik in dramavorm    
en gedeeltelik in dokumentêre vorm)    DVD    140

Konsentrasiekampe van die Tweede Vryheidsoorlog (Die regisseur en kameraman
Rudie Rousseau is besig met ‘n dokumentêre reeks oor die  konsentrasiekampe
wat tydens die oorlog bestaan het)  Die volgende titels het reeds verskyn:

-  Bethulie Konsentrasiekamp         DVD                      50
-  Brandfort Konsentrasiekamp         DVD                      50                
-  Doornbult Konsentrasiekamp     DVD     50
-  Heidelberg Konsentrasiekamp    DVD    50
-  Heilbron Konsentrasiekamp    DVD    50             
-  Irene Konsentrasiekamp          DVD                 50
-  Klerksdorp Konsentrasiekamp    DVD                 50
-  Kroonstad Konsentrasiekamp    DVD                 50
-  Krugersdorp Konsentrasiekamp    DVD    50
-  Norvalspont Konsentrasiekamp    DVD    50
-  Nylstroom Konsentrasiekamp    DVD                 50
-  Potchefstroom Konsentrasiekamp    DVD                 50
-  Springfontein Konsentrasiekamp    DVD                      50
-  Turffontein Konsentrasiekamp    DVD                      50
-  Vredefortweg Konsentrasiekamp    DVD                50        
The Boer War (‘n Dokumentêre film oor die algemene verloop van die Tweede
Vryheidsoorlog)    DVD         70

Emily Hobhouse (‘n Tweespraak waarin die rol wat Emily Hobhouse gespeel het
om die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe te versag uitgebeeld
word, aangevul met beeldmateriaal. Dit is gesien uit Britse oogpunt en
aanvullend tot die bestaande dokumentêr)    DVD    70

That English Woman (Die verhaal van Emily Hobhouse in dokumentêre vorm)    DVD    70

Sons of the Blood (Vertellings deur Boere- en Britse veterane van die Tweede
Vryheidsoorlog oor hulle deelname aan gevegte en oor die oorlog in die
algemeen, aangevul deur beeldmateriaal)    DVD    70

Strangers at Sunrise (‘n Drama waarin die teistering van ‘n Boerefamilie deur
Engelse soldate uitgebeeld word)    DVD    70

Die Ruiter in die Nag (‘n Drama gebaseer op die roman van Mikro)     DVD    70

Veldslag (‘n Drama waarin die lewe op ‘n Vrystaatse dorpie tydens die oorlog uitge-
beeld word)    DVD    70

Sarie Marais  (‘n Liefdesverhaal in dramavorm)     DVD    70

Die Vredesonderhandelinge (‘n Drama waarin die verloop van die vredesonder-
Handelinge te Vereeniging in 1902 uitgebeeld word)    DVD          70

Boere-oorlogherdenking (Malmesbury, 26 Februarie 2000) (Reeks van 5 DVD’s)
-    Verrigtinge    
-    Erediens – Ds AS Benecke    
-    Herdenkingsrede – Mnr Jaap Marais    
-    Lewensskets van Genl Manie Maritz deur sy seun Manie Maritz    
-    Skyfiereeks oor ons geskiedenis – Dirk Theron    DVD      Reeks 280  

Ons vir Jou (Die klankbaan van die musiekspel Ons vir Jou, gefokus op die
betrokkenheid van die De la Rey-gesin by die Tweede Vryheidsoorlog)      CD               120

Kommandeer, Kommandeer  (‘n Keurspel van vrolike volksliedjies uit die Tweede
Vryheidsoorlog)    CD                    60

TWINTIGSTE EEUSE GESKIEDENIS
Die Dood van Genl Koos de la Rey (‘n Drama oor die dood van Genl de la Rey).    DVD                  70

Jopie Fourie  (Die verhaal van Jopie Fourie in dramavorm)    DVD                  70

Bart Nel (‘n Drama oor die 1914- rebellie)    DVD                  70

Verspeelde Lente (‘n Drama wat afspeel teen die agtergrond van die
armoedetydperk van die Afrikanervolk tydens die dertigerjare van die vorige eeu)    DVD    70

Die Siel van die Mier (‘n Reeks van 5 DVD’s oor die lewe en werk van die digter en
wetenskaplike Eugene Marais)            DVD     Reeks 280

Die Ossewa Brandwag : Stiefkind van ‘n volk (Die verhaal van die Ossewa
Brandwag teen die agtergrond van die polities-stormagtige veertigerjare van
die vorige eeu, in dokumentêre  vorm)            DVD        70

Africa Addio  (‘n Dokumentêre film oor wreedhede teen mens en dier in Afrika)    DVD    70

Sy Doodkry was nie  (‘n Dokumentêre film oor die geskiedenis van die Herstigte
Nasionale Party vanaf sy stigting in 1969 tot 2009)        DVD                 100      

The Assassination of Verwoerd (Die sluipmoord op Dr Verwoerd in dokumentêre
vorm)    DVD    70

Ongetwyfeld die Kampioene (n Dokumentêre film oor Suid-Afrika se grensoorlog,
met beeldmateriaal en inligting oor militëre operasies en verskeie bekende gevegs-
eenhede)    DVD                 70

Die Ware Feite van ons Geskiedenis (Mnr Jaap Marais stel die ware feite van ons
geskiedenis teenoor die “waarheid” van die Waarheids- en Versoeningskommissie ten
tye van die vrystelling van die verslag.  ‘n Kragtige verwysingsraamwerk vir die beoor-
deling van die sogenaamde “onregte van apartheid” en ‘n verdediging van die hoë
morele erfenis wat aan ons nagelaat is)     CD          2 vir 100

KONTEMPORÊRE GEBEURE

Diefstal van Afrikanerkinders se Harte en Verstand  (‘n Dokumentêr oor die wyse
waarop onderwys in staatskole aangewend word om Afrikanergeskiedenis, -kultuur
en -godsdiens te ondermyn)     DVD                      50

Eugène Terre’Blanche – Begrafnis (‘n Video-opname tydens die begrafnis)     DVD                        50

BESTELLINGS EN NAVRAE

Stuur bestelling na :  Posbus 339, Piketberg, 7320 / Faks:  022 – 913 1482 of e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Alle pryse sluit posgeld en verpakkingskoste in
Bankbesonderhede vir inbetalings :
Suidland Media, Absa 9244 967 631, takkode 632-005
Navrae :  022 – 913 2391 / 082 – 493 3785
Webtuiste :  www.suidland.com

KONTAKBESONDERHEDE
Naam:

Posadres:

Eposadres:

Tel/Selfoon: