KLIEK HIER vir die nuutste bygewerkte reeks dvd's en cd's van ons geskiedenis.
Geagte Volksgenoot
Hiermee besonderhede van ons jongste vrystelling van DVD’s in ons erfenisbewaringsprojek. Dit bring ons aantal titels op bykans 70 te staan. Die doel van hierdie projek is om ons historiese erfenis, wat oor die jare op film en klankband vasgelê is, vir ons nageslag in bewaring te hou. Blywende bewaring daarvan sal egter net kan plaasvind as hierdie materiaal hulle weg vind tot in elke Afrikanerhuis, van waar dit dan weer van geslag tot geslag oorgedra kan word. Die DVD/CD-tegnologie is waarskynlik op die oomblik die mees geskikte tegnologie om historiese inligting op ‘n doeltreffende, koste-effektiewe en grootskaalse basis oor te dra. Ons het dus die vrymoedigheid om u te versoek om by hierdie projek betrokke te raak. U kan daardeur ‘n bydrae lewer tot die skepping van ‘n toekoms vir ons kinders, want die geskiedenis is die basis vanwaar dit gedoen moet word.
Afrikanergroete
FRIKKIE STRAUSS