DE WET (11)

Lewenskets van Genl. CR. de Wet
Ben Olivier

Lees reeks by GENERAAL CHRISTIAAN DE WET

Hoewel genl. De Wet nie daarin geslaag het om die Kolonie binne te val en die Engelse daar te bedreig nie, laat die feit dat hy aan so ’n oorweldigende oormag ontkom het, sy roem hoër as ooit styg.
Die Amerikaners, Nederlanders, Franse en selfs die Russe prys hom. Hy word geloof in liedjies, rympies en staaltjies wat in die wêreldpers verskyn. Selfs die Engelse doen daaraan mee!
Daar word vertel van drie verkenners wat hy by Lindley gevange geneem en aan hul bevelvoerder teruggestuur het met ’n briefie: "Dear Sir, please chain up these three devils, as I catch them every day. Yours, Christiaan De Wet.”
In Londen, so word vertel, staan ’n straatventertjie foto’s van die Generaal en verkoop. Toe ’n klant die koevert oopmaak is daar net ’n blanko kaartjie binne-in. Hy wil by die mannetjie weet wat aangaan. Die kêrel het sy antwoord reg: "Yer can’t find De Wet,
guv’nor? No more can anybody else find him!”
Onder die Afrikaners self doen talle staaltjies die rondte.

Lees artikel by  DE WET (11)