Verengelsing van die staatsdiens
Engeland het eers aan die einde van die Napo-leontiese oorloë in 1815 volkome sekerheid verkry dat die Kaap ‘n permanente Britse besitting sou bly. Daarna is daartoe oorgegaan om alles wat in die Kolonie ‘n Hol-landse stempel gedra het, sistematies uit te wis en met Engelse instellings te vervang.
In 1813 het Cradock afgekondig dat by nuwe aanstellings in die staatsdiens ‘n kennis van Engels ‘n “onvermydelike” voorwaarde sou wees. Die verbritsing van die staatsdiens, wat deur Somerset verder voltrek is, het die ordeliewende Afrikaners op die plase nie veel geaffekteer nie. Die stedelike Afrikaner, wat ‘n lewens-bestaan in die staatsdiens gesoek het, het egter die slagoffer van die verbritsingsbeleid geword.
Skotse predikante
Somerset en die Britse regering het besef dat die verengelsing van die staatsdiens in die Kaap alleen, nie genoeg sou wees om die koloniste self te verengels nie. Daarom is die Afrikaners se kerk en ook die onderwys gekies om die proses mee voort te sit. Daar was destyds nege Hollandse kerke. Dit was dringend nodig om nuwe gemeentes in veral die buitedistrikte te stig, maar weens die tekort aan predikante is dit nie gedoen nie. Toe voer die Britse owerheid predikante van die Skotse Pres-biteriaanse Kerk in, om vir die Afrikaners in Engels te preek. Na Somerset se vertrek in 1826 is hierdie beleid verder voortgesit. In 1834 was daar reeds 13 Skotte uit die totaal van 23 predikante. Hierdie maatreël om die Afrikaners te verengels, het maar in ‘n geringe mate geslaag, want die Skotse predikante het mettertyd feitlik almal Nederlands-Afrikaans geleer en daarin gepreek.
Die onderwys
Om die proses van verengelsing te versnel, het Somerset ‘n proses van vrye Engelse skole in die lewe geroep. Hier het Engelse en Skotse onderwysers aan die Afrikaanse kind onderwys gegee. Die doel van die invoering van Engelse en Skotse predikante en onder-wysers was om die Engelse taal amptelik in te voer. Die koloniste was op die lange duur nie te vinde vir die Skotse predikante en ingevoerde onderwysers nie. Vir hulle was dit noodsaaklik dat hulle kinders Hollands op skool moes leer, om hulle vir lidmaatskap van die kerk voor te berei. Baie van die ou koloniste het hul kinders weggeneem uit die regeringskole, “omdat onze moedertaal, het Hol-landsch, er niet in geleerd worde.”
Somerset se taalproklamasie
Die onderminister van kolonies van Engeland het in ‘n memorandum die vervanging van Hollands deur Engels bepleit. Daarop het Somerset in 1822 sy taalproklamasie uitgevaardig. Daarvolgens sou vanaf 1823 alle regering-stukke en briefwisseling in Engels opgestel en gevoer word. Vanaf 1825 sou Engels die voertaal word in alle regeringskantore en vanaf 1 Januarie 1827 het dit die enigste amptelike taal in die geregshowe geword.
Die regsoktrooi
Saam met Somerset se taalordonnansie het ook sy regsoktrooi in 1827 van krag geword. Die ou Hollandse regstelsel is afgeskaf en vervang deur ‘n Engelse een. ‘n Nuwe, onafhanklike hooggeregshof (Supreme Court) met ‘n hoofregter en drie regters is ingestel. Sake sou voor ‘n regter en jurielede dien. Die regsprosedure sou in Engels wees. Die Hollandse stelsel van laer geregshowe wat uit die landdroste en heemrade bestaan het, is deur resident-magistrate en siviele kommissarisse vervang.
Die instelling van ‘n onafhanklike hooggeregshof met regters en ‘n juriestelsel, het die goedkeuring van die bevolking weggedra. Maar met die afskaffing van die howe van landdroste en heemrade, het die Hollandse koloniste hulle seggenskap in plaaslike aangeleenthede verloor.
Afskaffing van die burgersenaat
Nog ‘n slagoffer van die Britse sentralisasiebeleid was die afskaffing van die Burgersenaat. Dit was ‘n groot munisipaliteit vir Kaapstad. Die koloniste het ruim verteenwoordiging op hierdie liggaam gehad. Dit het nie in hulle smaak geval toe sy funksies deur die sentrale regering oorgeneem is nie. Alhoewel daar in 1825 ‘n Raad van Advies in die lewe geroep is om die goewerneur by te staan, was hy na al die konstitusionele veranderings wat gedurende die vorige tien jaar gemaak is, in 1828 ’n alleenheerser met outokratiese mag. Hy kon na willekeur wette uitvaardig, wat ordonnansies genoem is. Sy doen en late kon alleen deur die Imperiale regering aan bande gelê word.
Die Engelse setlaars van 1820
Die invoer van ‘n paar duisend Britse immigrante in die Kolonie, het ten doel gehad om die Kaap nog verder te verengels. Eers is ‘n paar honderd ingeboekte Skotse leer-jongens in 1817 as werktuigkundiges na die Kaap ge-bring. Hulle het veral in Kaapstad self ‘n heenkome gevind.
Na die einde van die Napoleontiese oorloë, was daar in Engeland ‘n behoefte om werklose en minder gewenste bevolkingselemente na Britse kolonies te emigreer. Op versoek van Somerset het die Imperiale owerheid in 1820 3 124 Britse setlaars na die Kaap laat emigreer. Hierdie immigrante moes die Britse bevolking teenoor die oor-wegende Hollandse bevolking aan die Kaap kom versterk. Daarom sou hulle tussen die Hollandse koloniste in die buitedistrikte geplaas word en help om die oosgrens-probleem op te los.
Die hele onderneming was vol gebreke. Somerset wou ervare landbouers vir die Suurveld gehad het. Maar daar het te veel verarmde stedelinge gekom wat niks van boerdery geweet het nie. Somerset het ongeveer 2 000 persone verwag. Toe daar meer as 3 000 land, het hy probleme ondervind om almal te plaas. Tydens hulle aankoms in die Kaap, was Somerset met verlof in Engeland. Die waarnemende goewerneur, sir Rufane Donkin, kon nie daarin slaag om Somerset se plan om al die immigrante in die Suurveld te vestig, uit te voer nie. Donkin het opdrag gekry om die Iere, Skotte en Engelse apart te vestig. ‘n Poging om die Iere in Clanwilliam te plaas, het misluk. Uiteindelik het al drie groepe in die Suurveld te lande gekom. Dit was op klein stukkies grond van 50 morge per huisgesin. In Suid-Afrika is ‘n lewe op sulke plasies onbestaanbaar.
Gedurende die eerste jaar het ‘n onbekende soort roes die setlaars se graan verwoes. Gedurende die volgende drie jaar het droogte, oorstroming en sprinkane hulle swaar getref. Baie van hulle het hul klein plasies verlaat en handwerkers en handelaars geword. Donkin het aan dié wat as boere deurgebyt het, groter plase toegeken. Hulle het hulle ook op die veeboerdery en later op die wolboerdery toegelê. Die ander het as ambagslui en handelaars in die dorpe goed verdien. Grahamstad het vinnig gegroei. By Algoabaai het ‘n nuwe hawestad verrys, waaraan sir Rufane Donkin die naam Port Elizabeth gegee het, ter ere van sy oorlede vrou.
Die Engelse setlaars was in Engeland aan ‘n bietjie meer “demokrasie” gewoond, met die parlementêre regering, die vrye pers en die reg om openbare vergade-rings te hou. Daarom het hulle spoedig met die outokratiese goewerneur Somerset gebots, na sy terugkeer uit Engeland. Hy het Donkin se reëlings omvergewerp en die setlaars gewaarsku dat hulle in hegtens geneem sou word indien hulle hul grond verlaat. Daarop het hy alle openbare vergaderings in die kolonie verbied. Twee manne, Thomas Pringle en John Fairbairn, het ‘n maandblad, South African Journal, en ‘n weekblad, South African Commercial Advertiser, uitgegee en die Goewerneur se gramskap op die hals gehaal met ‘n artikel wat daarin verskyn het. Somerset het die publikasie van die blaaie verbied. Dit het twee keer gebeur, maar uiteindelik het Fairbairn met behulp van die Engelse regering die stryd om die vryheid van die pers gewen.
Somerset het as goewerneur aan die Kaap meer vyande as vriende gemaak. Op ekonomiese gebied is die Hollandse koloniste swaar getref deur die waarde-vermindering van die Kaapse geld. Vanaf 1806 tot 1825 het die riksdaalder se waarde van 41c tot 15c gedaal. Die tirannieke en korrupte goewerneur Somerset se roekelose en onoordeelkundige vermeerdering van ongedekte papiergeld, het tot inflasie en depresiasie van die riksdaalder gelei veroorsaak.
Die koms van die Engelse werklose 1820 setlaars het die verhouding tussen die Hollandse en Engelse bevolking van die Kaap nie dramaties verander nie. Na die koms van die setlaars was daar 7 000 Engelse en 43 000 Hollandse koloniste aan die Kaap. Die bevolkng het nog jare daarna ongeveer 80% Hollands gebly.
Ordonnansies 49 en 50
Die filantrope het nie van lord Charles Somerset gehou nie. Hy het met sy reëlings na die Vyfde Grens-oorlog in 1819 na hulle sin heeltemal te streng teenoor die Swartes opgetree. Toe die filantropiesgesinde generaal Richard Bourke (1826-1828) vir Somerset opvolg as goewerneur, het dr John Philip ‘n geleentheid gesien om sy wil deur te voer. Die Kaapkolonie is daarna deur ‘n vloedgolf van negrofilisme oorweldig.
Vanaf 1823 het ‘n groeiende aantal Swartes die Kaapse grens oorgesteek en hulle in die Kolonie kom plak. Dit was groepe vlugtelinge wat wou wegkom voor die moordtogte en vernietigingsgolwe wat die land in die noorde oorspoel het toe Tsjaka en Silkaats se hordes duisende Swartes uitgewis het. Van die oorlewendes het begin om die Kaap binne te stroom. Teen 1836 was daar al 17 000 binne die grense van die Kolonie. Hulle was Fingo’s wat kom kos en werk soek het. Net buite die grense was daar reeds 35 000 vlugtelinge, bestaande uit Mantatese, Betsjoeanas, Barolongs en Korannas. Hulle het die Swartgevaar op die noord- en oosgrens skrikwekkend laat toeneem. In plaas van om hulle weer terug te dryf, het goewerneur Bourke hulle in die Kaapkolonie verwelkom met die uitvaardiging van Ordonnansie 49. Hy het ‘n paar van die groepe genoem: “Any Kafirs, Gonaguas, Tambookies, Griquas, Bosjesmen, Betchuanas, Mantatees, Namaquas, or other natives of the interior of Africa.”
Afrika het vrye toegang tot die Kaapkolonie gekry. Dit het ‘n toevlugsoord geword vir vlugtelinge en misdadigers uit alle oorde. Met Ordonnansie 49 het Bourke alle wette herroep wat Bantoes belet het om oor die grens te kom. Niemand mag meer vee in die Swart gebied gaan terughaal nie en alle militêre ekspedisies teen die Swartes moet gestaak word.
Drie dae nadat Ordonnansie 49 in werking getree het, vaardig Bourke Ordonnansie 50 uit. Daarmee het hy die Hottentotte-wetgewing van Caledon, Cradock en Somer-set vernietig. Voortaan mog geen vrye bewoner van die Kaapkolonie op grond van kleur in sy bewegingsvryheid, woonreg, lewenswyse of werk, beperk of tot arbeid gedwing word nie. Alle Hottentotte, Boesmans en vrye gekleurdes kry net soos gewone burgers van die land, die volle reg om grond te besit. Die uitwerking van Ordonnansie 50 was dat baie Hottentotte hulle werk verlaat het en in groepe deur die land geswerf het, om van roof en diefstal te lewe.
Verlies van duurgekoopte slawe
Met die verowering van die Kaap in 1806 het die Britte slawerny as instelling hier aangetref. Een van die ander Britse kolonies waar ook van slawe-arbeid gebruik gemaak is, is Wes-Indië. Daar het hulle in die tropiese plantasies onder toesig van drywers met swepe geswoeg. Die winsmotief was oorsaak dat slawe-arbeid daar wreed uitgebuit is. Aan die Kaap het die toestand radikaal verskil. Dit was in die slawe-eienaar se eie belang om sy slawe goed en menslik te behandel. Maar in Londen is slawewetgewing wat vir Wes-Indië gemaak is, ook op die Kaapkolonie toegepas. Die reeks slawewette het ‘n irriterende uitwerking op die koloniste gehad. Dit het in 1816 begin toe Somerset ‘n proklamasie uitgevaardig het dat alle slawe geregistreer moes word. In 1823 is hulle werkdae en werkure vasgestel. Die aantal houe is beperk wanneer hulle lyfstraf moes kry en hulle het reg gekry om in die howe te getuig. In 1826 is “Slaveprotectors” aangestel by wie die slawe kon gaan kla. In die regeringstyd van sir Lowry Cole (1828-1833) moes elke slawe-eienaar ‘n strafboek aanhou en dit tweemaal per jaar vir die slawebeskermer gaan wys. In 1831 is die slawe se werktyd vasgestel tot 9 ure per dag. Die slawebeskermhere is aangesê om op alle tye en plekke die slawe te besoek en ondersoek in te stel na hulle welstand en woonplek.
Die slawe-eienaars se gemoedere het hoog geloop oor al die onregverdige maatreëls. Hulle het ‘n protesver-gadering op 17 September 1832 in Kaapstad gehou, wat deur 2 000 eienaars bygewoon is. Die Britse regering was nie haastig om hulle tegemoet te kom nie. Toe word dit bekend dat die Britse parlement in 1833 ‘n wet gemaak het dat daar na 1 Desember 1836 geen slawerny meer in die Britse kolonies mog bestaan nie. Die skadevergoe-ding sou £20 000 000 bedra. Goewerneur Benjamin D’Urban (1834-1838) moes die vrystellingswet deurvoer. Dit is vasgestel dat daar toe 39 021 slawe was met ‘n berekende waarde van £3 040 290. Dit was ver onder die werklike waarde van die slawe. Die skok het heelwat groter geword toe die eienaars in 1835 verneem dat daar net £1 447 400 vir die Kaapse slawe betaal sou word. Die ontnugtering het nog baie meer gestyg toe bekend gemaak is dat alle uitbetalings in Londen sou plaasvind in Britse 3½%-staatspapiere en nie in kontant nie.
Daar was groot verbystering aan die Kaap. Oorsese agente en spekulante het die koloniste uitgebuit deur hul eise vir ‘n appel en ‘n ei op te koop. Baie eienaars het skaars een-vyfde van die waarde van hulle slawe gekry. Hierdie verliese het baie families so verarm dat hulle nie weer die mas kon opkom nie. Dit was hoofsaaklik die Afrikaanse koloniste wat die las moes dra, want die En-gelse nedersetters van 1820 is nie toegelaat om slawe aan te hou nie. Die Afrikaanssprekende koloniste het ook die meeste gely onder die leeglopery van die groot getal vrygestelde gekleurde bevolking. So lank as wat Ordon-nansie 50 as landswet gegeld het en dr Philip die vertroue van die Imperiale regering geniet het, kon goewerneurs Cole en D’Urban nie ‘n wet teen leeglopery maak nie, alhoewel hulle die noodsaaklikheid daarvan besef het.
Die Sesde Grensoorlog
Drie weke na die vrystelling van die slawe was die Sesde Grensoorlog in volle gang. Die weifelende grens- en Bantoe-beleid van die Engelse goewerneurs het baie bygedra tot die uitbreek daarvan. Bourke het Somerset se reëlings afgebreek en Cole het weer Bourke se maatreëls omvergewerp. Die Swartes het hierdie aarseling en onsekerheid van die owerheid as swakheid van die Witman vertolk en al hoe meer in die neutrale gebied gaan plak. Veediefstalle het onrusbarend toegeneem . Goewer-neur D’Urban was verplig om ‘n strafekspedisie uit te stuur. Dit het die oorlog laat uitbreek.
Op 21 Desember 1834 het 15 000 Kôsas die Kolonie binnegeval en die grensbewoners totaal onvoorbereid oorval. Hulle het 22 blanke mans vermoor, 456 huise afgebrand en 5 700 perde, 115 000 beeste en 161 000 skape weggevoer. Dit was die grootste slag wat die grensboere nog getref het. Hulle moes oorhaastig hulle plase verlaat en beskerming in Grahamstad en in laers soek. Die gestroopte distrikte was ‘n verlate wildernis.
Goewerneur D’Urban het vir luitenant-kolonel Harry Smith inderhaas na Grahamstad gestuur en hom onmid-dellik gevolg. Hulle het met ‘n mag van 3 000 soldate en burgers die Kolonie van die Kôsas gesuiwer en hulle toe in hulle eie gebied aangeval. Eers is met die westelike Kôsas, die Rarabes, afgereken en daarna het D’Urban oor die Keirivier getrek om die oostelikes, onder Hintsa, te pak. Hintsa het om vrede gesmeek en moes ‘n boete van 25 000 beeste betaal. Hy is as gyselaar aangehou. Toe hy probeer ontsnap, is hy deur ‘n soldaat, ene Southey doodgeskiet.
Die dood van Hintsa en D’Urban se nuwe grens-reëlings het groot opgewondenheid in filantropiese kringe veroorsaak. Hy het die gebied tussen die Keiskamma en die Kei geannekseer en dit die “Province of Queen Adelaide” genoem. Hy het Bantoes toegelaat om hier te woon as Britse onderdane en onder toesig van ‘n Britse resident, gesetel in King William’s Town.
Die koloniste het D’Urban se grensreëlings geesdriftig goedgekeur, maar in filantropiese kringe is dit skerp veroordeel. Dr Philip en kaptein Andries Stockenström het in Engeland voor ‘n “Aborigenes Committee” teen D’Urban gaan getuig en die minister van kolonies, lord Glenelg, het D’Urban se hele grensreëling omvergewerp. Die Provinsie van Koningin Adelaide is aan die Swartes teruggegee. Andries Stockenström is as luitenant-goewer-neur van die Oostelike Provinsie aangestel om te sorg dat die grens van 1819 weer herstel word.
Die Groot Trek en daarna
Die ingryping van Glenelg in die grensreëlings van D’Urban was die laaste strooi by al die oorsake wat tot die Groot Trek gelei het. Dit was die doeltreffendste vorm van protes teen die owerheid se voortdurende veron-regting en ook die enigste uitweg wat na ‘n hoopvoller toekoms kon lei.
Die uitvoering van Glenelg se beleid van vriendskap en bondgenootskap met die opperhoofde, het nie vrede op die oosgrens gebring nie. Die Swartes het dit as tekens van swakheid gesien . Hulle het mettertyd maar weer hulle veediefstalle en grensoorskrydings hervat. Goewerneur George Napier (1838-1844) het tevergeefs by Glenelg gepleit dat ‘n deel van die £300 000 wat die grensboere skade gely het, aan hulle vergoed moes word. Tydens die bewind van die volgende goewerneur, sir Peregrine Maitland (1844-1847) het die uitdagende opperhoof, Sandile, ‘n nuwe oorlog veroorsaak wat die “Oorlog van die Byl” genoem is. Daar is weer groot skade aangerig, voordat Maitland se opvolger, sir Harry Smith (1847-1852) die Rarabe-stamme onderwerp het. Hy het die vroeëre Province of Queen Adelaide ‘n Bantoe-reservaat gemaak met die naam British Kaffraria. Smith se grensreëlings het ook nie blywende vrede gebring nie. Op Kersdag 1850 het die Agste Grensoorlog uitgebreek. Toe Smith nie in staat was om dit spoedig tot ‘n einde te voer nie, is sir George Cathcart (1852-1854) aangestel. Hy het die oorlog met krag voortgesit, die Swartes uit Brits-Kaffrarië verdryf en die dorp Queenstown daar aangelê.
In 1849 is die Kolonie van ‘n ramp gered toe al die inwoners saamgestaan en nie toegelaat het dat die skip, die Neptune, met 282 Engelse bandiete aan boord, in Tafelbaai land nie. Die Imperiale regering het beveel dat hulle in die Kaap afgelaai moes word, nadat die Austra-liese kolonies onwillig geword het om nog meer misdadigers te ontvang. Met hierdie Anti-bandiete-beweging het Afrikaners en Engelse, plattelanders en stedelinge saamgestaan om ‘n gemeenskaplike gevaar af te weer.