Quo vadis, Suid-Afrika ?
‘n Nuwe besem vee skoon
Die oorhandiging van die regering van die Republiek van Suid-Afrika in 1994 aan die swart magte van die African National Congress en die South African Communist Party het met groot vertoon en gejubel plaasgevind. Aan dié terroristiese organisasie, wat in 1912 gestig is en nooit in staat kon wees em enige blanke regering in Suid-Afrika omver te werp nie, is hierdie vooruitstrewende eerste wêreldland sonder slag of stoot oorhandig, om met hom te doen wat die Kommuniste in al die lande wat hulle “verower” het, gedoen het: Hy moet stap vir stap tot in die grond afgebreek word.
Nelson Mandela is as president ingesweer en FW de Klerk as visé-president, want aan die begin was dit nog ‘n sogenaamde regering van nasionale eenheid wat oorgeneem het, met ‘n paar Blankes van die kwynende Nasionale Party as deel van die regering.
De Klerk en Mandela is in die buiteland as helde vereer en die Nobel-prys, sogenaamd vir vrede, is aan hulle albei toegeken. Mandela het uit die staanspoor uit begin om in die buiteland rond te reis om al die verering wat op hom gewag het, te ontvang en te geniet.
In die Parlement word ‘n paar klein partytjies elkeen deur ‘n paar lede verteenwoordig. Die Demokratiese Party van Tony Leon vorm die amptelike opposisie. Die lede van die klein partye is maar net daar omdat dit vir hulle baie voordelig is om op die soustrein te ry. Hulle kan tog absoluut geen invloed op die magtige ANC-besluite uitoefen nie.
Die KP, wat so ’n dubbele rol sedert sy stigting gespeel het, het in die New South Africa nie meer nut vir sy voortbestaan gesien nie en het ontbind. Ook die Nasionale Party, wat tot 1966 die politieke tuiste van alle Afrikaners was, het die kreeftegang gegaan en het uiteindelik ‘n roemlose dood gesterf. Die enigste party wat al die politieke terugslae oorleef het, omdat dit op Afrikanernasionalisme as grondslag gebou is, is die Herstigte Nasionale Party, wat egter nie aan hierdie onwettige regeringsbestel van die ANC deelneem nie, maar dit van buite die parlement beveg.
Alhoewel die Jood, Tony Leon, se DP, wat uit die ou Progressiewe Party van Helen Susman ontwikkel het, die sterkste opposisieparty teen die ANC-SAKP is, kan dit die regering hoegenaamd nie stuit om enige maatreël deur te voer of besluite te neem nie, weens die groot getalsoorwig waaroor laasgenoemde in die Parlement beskik. Buitendien besit die DP ook geen morele reg om die regering wat hulle gehelp het om tot stand te kom, teë te gaan nie. Aanvanklik het ‘n swart party, die Inkatha van die Zoeloes, probeer om die ANC te opponeer, maar hul leier, Mangusotho Butelezi, is deur die ANC omgekoop met ‘n ministerspos in die kabinet van Mandela, en nou werk die Zoeloes mooi saam met hulle tradisionele vyand, die Kôsas.
Toe gaan dit nie meer so rooskleurig nie
Na elke verkiesing wat plaasgevind het, het die ANC-meerderheid in die parlement nog groter geword, want swart kiesers word vooraf geïntimideer en bedreig en onder die indruk gebring dat daar nagegaan kan word vir wie hulle gestem het. Eintlik is die verkiesings ‘n klug, weens al die onreëlmatighede wat daarby plaasvind, soos stembusse wat verdwyn en weer verskyn. By die laaste verkiesing is ‘n paar miljoen stemme uitgebring deur kiesers wat nie bestaan nie. Die regering het egter verklaar dat die verkiesing vry en regverdig was.
Die regering het deur wetgewing die beheer oor alle plaaslike besture oorgeneem. Baie van die munisipaliteite wat finansieel sterk gestaan het, is nou feitlik insolvent, met ‘n skuldelas wat maandeliks groei. Onoordeelkundige en onverantwoordelike toekenning van werkskontrakte en wanbetaling van munisipale rekeninge deur inwoners van die swart gebiede wat by dié van die Blankes gevoeg word, as ook wanbesteding van fondse en korrupsie, het baie munisipaliteite al tot op die rantjie van bankrotskap gevoer.
As hulle ‘n projek aanpak en daarvan ‘n mislukking maak, gee hulle apartheid die skuld daarvan. Indien ‘n Blanke veronreg word en hy daarteen beswaar maak, word hy onmiddellik uitgekryt vir ‘n rassis. Hulle beroem hulle op die toepassing van sogenaamde “menseregte”, maar dit geld net vir Swartes. Blankes het nie menseregte nie.
Die ANC-regering was van die begin af daarop toegespits om die “people”, wat dan nou die “agtergeblewenes” sou wees, deur middel van “regstellende aksie” te probeer op een vlak met die Blankes bring. Die praktiese toepassing bestaan uit die afdanking van bekwame en goed gekwalifiseerde Blankes, veral in sleutelposte in die staatsdiens, en die aanstelling van ongekwalifiseerde, onkundige en onbekwame Swartes in hul plek. Die effektiewe funksionering van alle staatsdepartemente het reeds drasties gedaal. Suid-Afrika het reeds van ‘n eerste tot ‘n derde wêreldland teruggesak, want hulle is nie net alleen onbekwaam om die werk te doen nie, maar is ook ooglopend lui, kom laat by die werk aangedrentel en werk teen ‘n vertraagde tempo, wat “Afrika-tyd” genoem word.
Die vernederende Tutu-verhore
Kort nadat die ANC-SAKP-regering oorgeneem het, het hulle ‘n soort hof ingestel waar blanke leiersfigure wat sogenaamd die “sonde van apartheid” bedryf het, moes verskyn, om te kom bieg voor die twee “regters”, Desmond Tutu, die Afrikanerhater en die liberalis, Alex Bourraine. Hulle moes dan nederig aansoek doen om amnestie, ten einde seker te maak dat hulle nie vir hulle “misdrywe” vervolg sou word nie. Blykbaar het die ANC beoog om met hierdie instelling die Neurenberg-verhore in Duitsland na die Tweede Wêreldoorlog na te aap.
Vermoording van die blanke onderwys
Die provinsiale skole in Suid-Afrika het tot in 1994, benewens hul hoë standaard van onderrig, ‘n suiwer Christelik-nasionale karakter openbaar. In die jaar 2005 is dit alles tot niet. Afrikaanse skole word verplig om swart leerlinge toe te laat, waarna geëis word dat hulle onderrig deur medium van Engels moet ontvang. In baie gevalle hou swart onderwysers reeds vir blanke kinders skool. Die Christelike godsdiens is nog nie op die skole verbied nie, maar die kinders moet reeds van alle ander godsdienste leer en dan besluit watter een daarvan hulle wil beoefen. Die leergange is reeds drasties verander. ‘n Afrikanerkind sal beslis nou leer dat Piet Retief ‘n skurk was en Dingaan ‘n wonderlike held. Die owerheid probeer allerhande uitgediende Amerikaanse stelsels toepas, met min sukses. Vir hulle is dit hoofsaak dat geen kind ooit weer moet druip nie. Dit verseker dat elke swart leerling wat nie die pas teen blanke leerlinge kan volhou nie, outomaties na ‘n hoër graad of standerd oorgeplaas word. Gevolglik is die standaard van onderwys besig om geweldig te daal.
Hierdie kommervolle toestande heers ook reeds in Suid-Afrika se universiteite, waar die honderde swart studente wat op hulle toegesak het, nie die mas kan opkom nie en ook nie hulle klasgelde betaal nie.
Suid-Afrika is versnipper
In uitvoering van die Kommunistiese regering se mania om by hulle oorname alles wat Blankes tot stand gebring het, te vernietig, het hulle Suid-Afrika in nege provinsies opgedeel. Die woord “Transvaal” herinner hulle te veel aan die Afrikaner-pioniers wat hom “makgemaak” het. Daarom moes hierdie woord verban word en die provinsie in vier gebiede versnipper word. Dit het nie daarby gebly nie. ‘n Hele paar dorpe, waarvan die Afrikaanse name hulle gehinder het, het reeds ander onwelluidende swart name ontvang, soos Polokwani vir Pietersburg. Tans (2005) is hulle besig om ten spyte van sterk beswaar en weerstand, Pretoria se naam te verander na Tswane. Baie hoofpaaie in die land se name is reeds verander na dié van ANC-leiers. Selfs hospitale en lughawens het ander name gekry. Hulle doen dit ongeag die groot administratiewe kostes wat met sulke naamsveranderings gepaard gaan.
Suid-Afrika word die misdaad-mekka van die wêreld
Met die oorname van die ANC-bewind het daar uit die buiteland duisende Swartes met vliegtuie geland. Daar is verklaar dat hulle almal uitgewekenes was wat aan die “struggle” deelgeneem het en landuit moes vlug om nie in die hande van die apartheidregering te val nie. Hulle keer dan nou terug na Suid-Afrika om die “uhuro” saam met die ander “people” te vier. Die meeste van hulle het uit Afrika self gekom en was nog nooit in Suid-Afrika nie en kon nooit aan die sogenaamde “struggle” deelgeneem het nie. Hulle het gekom om te bly, was werkloos en moes eet. Daarna het ‘n golf van misdaad Suid-Afrika getref. Inbrake, diefstal, kapings van voertuie en moorde was aan die orde van die dag en duur tot op datum nog steeds lustig voort. Die polisie, wat hoofsaaklik uit Swartes bestaan, is onmagtig en blykbaar onwillig om die groot misdaadprobleem aan te pak en hok te slaan.
Die misdadigers se skrikbewind het spoedig na die plase uitgebrei. Hulle het begin om feitlik met vaste reëlmaat gesinne op die plase te vermoor. Die moordenaars word selde gevang. Die polisie-ondersoeke daarna wek die indruk dat daar geen erns gemaak word om die moordenaars aan die man te bring nie.
Onthutste Blankes in die land vra lank reeds die vraag of die vermoording van die boere op die plase nie deel is van ‘n strategie om alle Blankes op die plase te verwyder en die landbou te verongeluk, soos wat Mugabe in Zimbabwe gedoen het nie. Die boere is reeds onderwerp aan allerhande irriterende wette oor die behandeling van hul plaasarbeiders. Hulle is tans ook besig om grondbelasting op plase in te stel.
Jy mag maar steel; dis nie verkeerd nie
Die een na die ander verstommende onreëlmatigheid vind in die staatsdepartemente en in die private sektor plaas. Amptenare in bevoorregte posisies steel en verduister letterlik miljoene rand. Wanneer dit ontdek word en hulle voor die gereg verskyn, word hulle óf vrygespreek óf ‘n baie ligte straf opgelê. Alan Boesak, ‘n vroeëre leier van die Kleurlingkerk, het vir die diefstal van baie duisende rande maar ‘n kort rukkie in die tronk deurgebring en na sy ontslag is hy maar weer in dieselfde kerk as predikant bevestig. Jacob Zuma, die adjunk-president van die ANC-regime, is vir sy verduistering van miljoene, darem deur die president, Thabo Mbeki, uit sy pos onthef, maar die voorval het tot Zuma se populariteit bygedra, sodat hy nou as ‘n held vereer word.
Korrupsie kom al hoe meer voor waar hooggeplaaste amptenare, soos ministers en hoofde van departemente, reuse somme omkoopgeld ontvang van instansies wat daarmee wil verseker dat die uitvoering van sekere staatskontrakte aan hulle firmas toegeken word.
Een voorbeeld daarvan is die veelbesproke wapenskandaal. Die regering het vir miljoene rand in Frankryk wapens aangekoop van ‘n firma wat “onder die tafel deur” ‘n groot bedrag betaal het aan die persoon of persone wat gemagtig was om die koop namens die staat deur te voer. Die betrokke firma het met hierdie omkopery verseker dat hul tender aanvaar sou word.
Die Blankes het baie geld wat ons kan mors
Hierdie waan waaronder die ANC-SAKP-regering blykbaar verkeer, stuur af op ‘n groot katastrofe indien hulle nie ophou om staatsgeld op roekelose wyse te verkwis nie. Elke minister ry met een of meer van die duurste motors wat verkrygbaar is, op staatskoste rond. Duur onthale wat net ‘n ryk koning kan bekostig, is aan die orde van die dag. Die president, Thabo Mbeki, Mandela se opvolger, jakker die hele wêreld rond in ‘n vliegtuig wat R700 miljoen gekos het om volgens sy smaak in te rig. Hy ry daarmee in groot weelde oorsee en van die een na die ander Afrika-staat, waar hy as vredemaker en raadgewer probeer optree, in plaas van om aandag te gee aan die oplossing van die probleme wat sy regering vir Suid-Afrika skep. Mbeki se vliegkoste beloop ongeveer R24 miljoen per jaar. Hy gaan sy amptelike woning vanjaar (2005) laat opknap teen R14 miljoen. Tydens ‘n besoek aan België, Nederland en Straatsburg, het Mbeki en sy ministers R130 000 se kos opgeëet. Hulle verblyfkoste het R400 000 beloop.
Mbeki idealiseer blykbaar om leier van Afrika te word, maar kom in hierdie strewe van hom as opponent te staan teenoor Gadaffi van Libië, wat dieselfde ideaal nastreef.
Waarheen lei sulke swak en korruptiewe bestuur ?
Die onoordeelkundige besteding van staatsgeld en die gebrekkige beheer en wanbestuur van nasionale instellings soos die SABS, die WNNR en YSKOR is besig om hierdie volksbates te gronde te rig. Dit pla die owerheid blykbaar nie; ook nie hul gebrekkige beheer en powere onderhoud van die staatshospitale nie. Die toestande wat daar heers, is skrikwekkend onhigiënies en vuil en daar is ‘n kroniese gebrek aan noodsaalike mediese toerusting. Die hospitale word al meer gevul met swart vigs-pasiënte. Die mediese verenigings word gedwing om sulke lyers as lede te aanvaar, met die gevolg dat hulle hul ledegeld moet verhoog en hul mediese voordele aan lede moet beperk, ten einde die mas op te kom. Die prys wat apteke vir voorgeskrewe medisyne mag vra, is ingekort. Die staat-subsidies aan inrigtings soos ouetehuise is reeds drasties verminder en loop gevaar om heeltemal opgeskort te word.
Die Swart beheer oor sport in Suid-Afrika het met sy gedwonge kwotastelsel en ander beperkende maatreëls reeds ‘n smorende effek op die beoefening daarvan uitgeoefen. Krieket en rugby ly die swaarste daaronder. ‘n Springbok-rugbyspan wat saamgestel is uit 10 blanke en 5 swart spelers, het geen hoop om internasionaal suksesvol mee te ding nie. En watter regverdiging kan aangevoer word vir die feit dat swart oortreders van verkeersreëls op die paaie net R10 boetegeld betaal, terwyl Blankes vir honderde rande aangeskryf word?
Die ANC-SAKP-alliansie weet hulle regeer onwettig en dat baie Blankes hul gesag nie erken nie. Hulle was van die begin van hul magsoorname af bang vir ‘n gewapende opstand en het daarom ‘n vuurwapenwet opgestel wat eienaars beperk tot die besit van net twee wapens, waarvan die lisensies jaarliks hernu moet word teen astronomiese bedrae. Dieselfde ding het hulle met die uitreiking van motorbestuurderslisensies gedoen. Alle motoriste moes teen groot onkoste weer opnuut lisensies uitneem, wat na vyf jaar weer hernu moet word.
Hulle loop en roem en juig oor die afgelope elf jaar van sogenaamde d a m ô k r a s i e. Baie min van hulle weet wat die woord beteken en reken dat dit die teenoorgestelde van apartheid moet wees. Die demokrasie waarop hulle roem, is in elk geval geen volksregering nie, maar die dwingelandy van ‘n groepie despote, wat besig is om hulself te verryk op onkoste van die Blankes, sonder dat hulle ‘n snars omgee vir die welsyn van die “people.” Nie een van hulle is meer vry as wat hulle onder blanke bewind was nie. Baie van hulle besef dit. Werkloosheid is besig om vinnig toe te neem en daarmee saam styg die misdaadsyfer.
Intussen is hulle regering besig om een na die ander wet te maak en maatreëls te tref wat die Blankes in Suid-Afrika moet onderploeg. Hulle is tans besig om die Freedom Charter, wat die bloudruk vorm van ‘n kommunistiese bewind, ewe ongeërg in Suid-Afrika in te voer. En dan is daar werklik nog Blankes in die land wat beweer dat Kommunisme dood is.
Wat wag vir Suid-Afrika ? Dit is duidelik dat die maghebbers heeltemal onbekwaam is om die land te regeer en na alle waarskynlikheid binne afsienbare tyd sal inmekaarstort. Kenners voorspel dat dit met geweld sal gepaard gaan, wat sal oorspoel na die Blankes toe en dat daar dan ‘n geleentheid sal aanbreek om die land weer vir die Blankes terug te vat.
Dit kan alleen gebeur as elke Blanke in die land hom voor God verootmoedig, want Hy het beloof dat as sy volk berou toon oor hul ongeregtigheid, sal Hy uit die hemel hoor, hulle sonde vergewe en hul land genees.
II Kronieke 7 : 14.
Epiloog
Die wordingsgeskiedenis van die Afrikanervolk strek oor drie eeue, wat deurgaans deur ’n oorlewingstryd gekenmerk is. Gedurende die 18e eeu was dit teen die onregverdige verwaarlosing en verdrukking van die Nederlandse handelsmaatskappy. In die 19e eeu was dit teen die onreg van die Britse veroweraar, wat hulle geen bestaansreg wou gun nie en hulle wou uitwis. In die 20e eeu was dit die laakbare verraad van ‘n aantal volksgenote wat omgekoop is om gemene saak met die vyand te maak. Die Afrikanervolk verkeer tans onder die hiel van ‘n swart terroristiese bende en sy internasionale vyande heers oor hom.
In 1949 het dr DF Malan by die inwyding van die Voortrekkermonument die volk gewaarsku teen die moontlikheid dat so ’n ramp hom kan tref as hy die Voortrekkergees verloën en saam met ‘n uiterlik beskaafde heidendom in semi-barbarisme versink, wat deur bloedvermenging tot die disintegrasie van die blanke ras sal lei. Hy het gesê indien dit ooit sou gebeur, staan dan stil en draai terug na die volk se hoogste ideale, na die volk se Christelike wandel en geloof en na sy kerk en sy God.
Dit het nou gebeur waarteen hy gewaarsku het. Suid-Afrika het die verfoeilike liberalisme en selfs die duiwelse Kommunisme omarm en ly reeds bitterlik daaronder. Quo vadis, Suid-Afrika ? Waarheen is jy op pad ?
Naskrif
Die Afrikanervolk het reeds drie keer in sy geskiedenis sy vryheid verloor. Toe dit die eerste keer gebeur het met die anneksasie van Transvaal deur Shepstone, het hulle hul vry geveg en na die slag van Amajuba in 1881 weer hul vryheid herwin. Die tweede keer is hul onafhanklikheid van hul ontneem by die Vrede van Vereeniging, na beëindiging van die Tweede Vryheidsoorlog. Maar 60 jaar daarna was hulle weer volkome vry in die onafhanklike Republiek van Suid-Afrika. Die derde keer het in 1994 plaasgevind toe ‘n swak terroristiese bende, die ANC, met behulp van laakbare verraaiers in die geledere van die volk, sy vryheid weer ‘n derde keer van hom ontneem het.
Wat wag daar verder in die toekoms op die Afrikanervolk? Sal hy ook weer ‘n derde keer daarin slaag om sy duurverworwe vryheid weer te herwin ?