Voorwoord
In Suid-Afrika staan die jaar 2005 in die teken van al die ellende van ‘n volskaalse kommunistiese revolusie wat voltrek word. Die swart massas word gebruik om die eertydse hoogsontwikkelde eerste-wêreld land tot in die grond af te breek. Dit gaan bepaard met ‘n intense haat teen die witman in die land, veral teen die Afrikanerdom, wie se voortbestaan hulle ten alle koste wil uitwis, omdat hy reeds eeue lank die vernaamste struikelblok vorm in die pad van die wêreldmag wat besig is om Suid-Afrika volkome onder sy hiel te kry, in sy anti-Christelike strewe om ‘n een-wêreldregering tot stand te bring.Die vyand is besig om op verskeie terreine van ons volkslewe sukses te behaal. Een daarvan is die opvoeding van ons kinders. Hulle gaan op skool eerlank ingeprent word dat Piet Retief ‘n groot skurk was en Dingaan ‘n wonderlike held, dat dr Verwoerd ‘n wrede onderdrukker en Mandela ‘n vermaarde vryheidsvegter was.
Ek glo egter onwrikbaar vas dat die doel van ons volksplanting hier aan die suidpunt van Afrika nog nie verwesenlik is nie en dat die almagtige God nie sal toelaat dat ons sal verdwyn voordat ons godgegewe roeping nie volbring is nie. Daarom glo ek ook onwrikbaar vas dat ons, ons vryheid weer sal herwin, al sou daar net ‘n Gideonsbende oorbly om die puinhope weer te herbou.
Dit is met die geloof in verwesenliking van daardie hoopvolle vooruitsig dat ek met hierdie boek graag ‘n bydrae wil maak om veral by ons kinders ons veelbewoë volksgeskiedenis weer te laat herleef. Daarom bied ek dit nie op die gewone wyse aan nie, maar beklemtoon in hoofsaak die feit dat die Afrikanervolk sedert sy ontstaan tot vandag voortdurend teen laakbare onreg moes veg. Alhoewel sy vyand oënskynlik elke 100 jaar van gedaante verander het, was en is hy tot vandag toe nog steeds die allesverswelgende en vernietigende anti-christelike wêreldmag wat na wêreldoorheersing streef.