DRIE EEUE VAN ONREG: Hoofstuk 1

In die boek Drie Eeue van Onreg waarvan die eerste druk in 2005 en die tweede in 2006 was, word ‘n poging aangewend om uit ons volksgeskiedenis die verhaal te vertel van drie eeue van onreg wat teen die Afrikanervolk gepleeg is en waarvan hy nog steeds die slagoffer is.
Hiermee slaag die skrywer om ‘n lyn te trek vanaf die herkoms van ons Afrikanervolk, met ‘n kort oorsig van ons voorgeskiedenis wat ons deur die 18e en 19e eeu gebring het tot by die skandelike verraad van die 20e eeu.
Ons is van oortuiging dat die leser vir wie sy herkoms asook sy toekoms van belang is, veel waarde sal put uit hierdie historiese werk.

 

ANDER BOEKE UIT SKRYWER SE PEN:

 

Die Mafeking-debakel

Die Bittereinders op die Pad van Suid-Afrika

Paulus, bittereinder vir God

Langs die Toelanie

Die stryd om die troon

Adina se briewe

Uit die Hamerkop se nes

Petrus, die rots

Ons Geskiedenis

 

 
 

DRIE EEUE VAN ONREG

 

Kopiereg voorbehou deur dr J P Botha

Gepubliseer deur  Bienedell Uitgewers
Posbus 3095
PRETORIA
0001

Eerste druk            Oktober   2005
Tweede druk:   Julie      2006

 

Inhoudsopgawe
1   Proloog                                                                          4
2   Voorwoord                                                                   6
3     Ons voorgeskiedenis                                           12      
4   Hollandse gierigheid in die 18e eeu                24

5   Engelse arrogansie in die 19e eeu                    62

6   Skandelike verraad in die 20e eeu                  147

7    Agtergeblewenes of vooruitgeskowenes?  201

8    Quo vadis Suid-Afrika?                                       213

     Epiloog                                                                          224

     Naskrif                                                                           226

 

Proloog

In die begin het die Here die hemel en die aarde geskape.  Daarna het Hy die mens gemaak en hom in sy eerste tuiste geplaas in die tuin van Eden, êrens in Klein-Asië.  Na die sondeval het die verderf en ongeregtigheid so toegeneem dat Hy dit nodig gevind het om die mens met die sondvloed feitlik van die aarde af te verdelg, met uitsondering van die Noag-gesin.  Maar saam met Sem, Gam en Jafet se afstammelinge het die groot verderf maar spoedig weer in volle blom gestaan toe die mens in sy grootheidswaan homself wou herskep in ‘n reënboognasie, wat in staat moes wees om by die toring van Babel sy Skepper uit te daag.

Die almagtige God het hulle met taalverwarring uitmekaar gedryf en apartheid ingestel, sodat hulle in verskillende nasies kon ontwikkel, wat in afsondering van mekaar, die gegewe aarde kon bewoon.

Deur die eeue heen is hierdie Godgegewe reëlings deur die Satan teengestaan in sy pogings om die nasies teen mekaar op te rui en hulle aan te hits om mekaar se grondgebied te verower.  Die grotes het hulself verlei om in verwoestende oorloë gruwelike onregsdade teenoor die kleiner nasies te pleeg.

Uit die warboel van Europa se kompeterende nasies, het die Here in die 17e eeu ‘n klein groepie Hollanders aan die Kaap gevestig, wat met sy wil daar moes gedy en ontwikkel en groei tot ‘n selfstandige volk, ‘n nuwe nasie in eie reg, met eie grondgebied en eie taal, ‘n volk wat Hom moes dien en eer en die lig van die Christelike beskawing onder die barbaredom aan die suidpunt van Afrika moes uitdra.

Dit was die geboorte van die Afrikanervolk, wie se vestiging en groei die afgelope drie eeue lank gekenmerk is deur felle stryd teen meedoënlose onreg wat gedurig teen hom gepleeg is met die doel om sy voortbestaan te vernietig.