Lees reeks by 'n Eeu van Onreg
Een Eeuw van Onrecht — A Century of Wrong, deur F. W. REITZ bied 'n helder beeld van Engeland se politiek van reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika waar hulle die Boer se lewe hel gemaak het. Tans word ons volk weer net so verdruk, vermoor en ondergrawe en is hierdie geskrif weer baie aktueel. Dié weergawe is uit Nederlands in Afrikaans vertaal deur J.J. Blom in 1939.
Broeder-Afrikaners!
Weer het die dag aangebreek in ons met bloed-geskrewe geskiedenis dat ons verplig is om na die wapen te gryp ten einde die stryd vir vryheid en bestaan te hervat, en ons volksaak toe te vertrou aan die Voorsienigheid, wat ons volk wonderbaar deur Suid-Afrika gelei het. Die worstelstryd wat nou reeds byna ’n eeu lank duur en begin het toe aan die Hollandse bevolking van die Kaap die Goeie Hoop ’n vreemde oorheerser opgedring is, spoed ten einde; ons het gekom tot die laaste handeling in die groot en vir die hele Suid-Afrika so gewigvolle drama; ons het tot die stadium gekom waarop beslis sal word of al die offers wat ons vaders en ons aan die vryheid gebring het, tevergeefs was, of al die bloed van ons volk waarmee elke deel van Suid-Afrika as’t ware gewyd is, tevergeefs gestort is; en of, onder God's genade, die laaste steen nou op die gebou wat ons voorouers met soveel moeite en verdriet begin het, gesit sal word. Die uur het aangebreek wanneer beslis sal word of Suid-Afrika deur die handhawing van sy vryheid ’n nuwe tydperk van sy geskiedenis sal ingaan en of ons volk sal ophou om te bestaan, sal uitgedelg word in die stryd om vryheid, wat hy steeds hoër geag het as alle aardse skatte, en Suid-Afrika oorheers sal word deur gewetenlose goudkonings wat handel in die naam en onder die beskerming van ’n onregverdige en gehate regering seweduisend myl hiervandaan.
In hierdie uur pas dit ons om ’n blik terug te werp op die geskiedenis van daardie groot worstelstryd. Ons doen dit nie om onsself te regverdig nie, want die vryheid waarvoor ons alles veil gehad het, het ons geregverdig en ons foute en gebreke bedek; maar om, by die gedagte aan wat ons volk deur Gods hulp reeds gedoen en gely het, toegewy en voorberei te word vir die stryd wat voor ons lê; sodat ook ons waardig mag gemaak word om die werk van ons vaders voort te sit en, so moontlik, te voltooi. Deur die smartvolle geskiedenis van ons verlede pryk hul roemryke dade teen Bantoe en Brit as die leidsterre om vir die nakomelingskap die weg te wys na die einddoel van al die opofferings en rondswerwings van ons diepgeteisterde volk.
Ook sal die historiese behandeling ons nader aan die naakte waarheid bring, wat voor die regbank van die onpartydige geskiedenis tussen ons en ons vyand sal beslis. Die vrae van die laaste tyd wat hul ontknoping gevind het in die naderende oorlog, het hul oorsprong diep in ons verlede en ons geskiedenis. In die lig van die geskiedenis alleen is dit moontlik om die dryfvere van die hede te toets en te beoordeel, en sodoende tot die waarheid te geraak waarop ons volk hom beroep as sy finale regverdiging in die stryd wat op hande is. Uit die geskiedenis sal dit voldoende blyk dat die bewerings van menslikheid, beskawing en gelyke regte waarop die Britse Regering sy handelwyse grond, niks anders is as ’n verbloeming van die huigelagtige anneksasie- en rowersgees wat hom nog gedurigdeur en in alle betrekkings met ons volk gekenmerk het.
DIE KAAP DIE GOEIE HOOP
Die saak waarvoor ons nou weer in die strydperk tree, is in ’n enigsins gewysigde vorm dieselfde waarvoor so baie van ons voorouers eeue gelede die smartlikste lydensgeskiedenis deurgemaak het, waarvoor hulle huis en haard verlaat en hulle in die volksplanting aan die Kaap die Goeie Hoop gevestig het ten einde daar die gewetensvryheid te geniet wat hulle in hul geboorteland ontsê is. Tussen die Blouberge en in die ewigskone valleie van die Kaap die Goeie Hoop het hulle die saadjie van die vryheid in die grond gelê wat hom sedertdien met soveel krag ontwikkel het dat die grootse boom vandag nie alleen ’n aansienlike gebied in hierdie wêrelddeel beslaan nie, maar na ons oortuig is, nog op Gods tyd oor die hele Suid-Afrika sy lommerryke takke sal uitbrei. Ten spyte van die knellende bande van die Oos-Indiese Kompanjie het die jong volksplanting, wat al wat edel was in die bloed en al wat verhewe was in die aspirasies van die ou Europa bevat het, met soveel krag getier dat toe in 1806 die Kolonie oorgegaan het in die hande van Engeland, daar reeds ’n sterk volksgees en vryheidsin bestaan het.
Soos dit so treffend uitgedruk is in ’n stuk wat uit die roemrykste tydperk van ons geskiedenis dagteken, het uit die twee stamme van die Hollanders en die Franse Hugenote opgegroei tot een volk; een in geloof, een in rustige eerbied vir die wet, maar met ’n gevoel van vryheid en onafhanklikheid wat ewe groots is as wat die vlaktes ruim en wyd is wat hulle allengs aan die woesteny van die natuur of aan die woester oorspronklike bevolking onttrek het. Toe die Hollandse bewind in 1806 plek gemaak het vir die van Groot-Brittanje; nog meer, toe die verandering in 1814 beseël is in ’n transaksie waaronder die Prins van Oranje die Kaapse volksplanting teen die sin en wil van die volk in, vir ses miljoen pond sterling aan Groot-Brittanje verkoop het, het die klein volksplanting ’n nuwe tydperk van sy wordingsgeskiedenis ingetree, ’n tydperk waarin die volk bestem was, deur sy heldhaftige stryd vir die reg, om hom ’n wêreldwye simpatie te verwerf. Die jong Afrikanervolk het hom tot ’n hegte blanke aristokrasie gevorm en ontwikkel op die onafsienbare donkere agtergrond van die tallose naturelledom; die Afrikanergees van meesterskap wat hom aan hierdie ontwikkeling gepaar het, het die Brltse Regering op die gevoeligste wyse weet te kwes deur langs tallose weë die kant van die naturelle bo dié van die Afrikaner te kies.
So moes byvoorbeeld die Afrikanerboere met lede oë die toneel van hul verwoeste plase en eiendomme aanskou sonder in staat te wees om hulself te verdedig, daar die Britse Regering hulle selfs van hul ammunisie beroof het. So moes die vrye Afrikanerburger in bedwang gehou word deur polisie aangewerf uit die Hottentotte, die veragtelikste klas onder die naturelle, ’n klas wat deur die Afrikaner tereg beskou is as ’n ras wat op ’n laer maatskaplike peil staan as sy eie Maleise slawe. Geen wonder dat in 1815 ’n deel van die Boere tot ’n opstand gedryf is wat onderdruk is met die verskriklike gebeurtenis van 9 Maart 1816, toe ses van die Boere op onmenslike wyse in verpligte teenwoordigheid van vroue en kinders, eers half opgehang is en toe die galg breek, weer sieltogend opgehys en gewurg is in die moordtoneel op Slagtersnek. Op Slagtersnek, wat ’n mens ook in ander opsigte van hierdie gebeurtenis mag dink, is die eerste bloedbaken opgerig wat die grenslyn tussen Boer en Brit in Suid-Afrika getrek het, en deur die jare heen is die oog van die nageslag nog met afgryse op daardie moordtoneel gevestig.
Maar dit was nog maar die begin. Onder die dekmantel van die godsdiens en ander hooggeroemde beginsels het die Britse bewind steeds sy haat teen ons volk en nasionaliteit verskuil en sy selfsugtige oogmerke bedek; en so moes die godsdiens ook ’n politiek van onderdrukking tot hulp kom ten einde ons volk nog dieper en pynliker in sy eergevoel te kwes. Sendelinge van die London Missionary Society is uitgestuur om die Boere te belaster en te beskuldig van die onmenslikste wreedhede teen die naturelle. Hierdie lasterstories het met die ondersteuning van die Britse Regering ’n gretige ingang gevind by die Engelse publiek, en die gevolg was dat onder die druk van ’n magtige filantropiese mening in Engeland, ons arme volk nog swaarder gekasty is, en teen die grofste beskuldigings en beledigings moes hulle hulself in die geregshowe verdedig. Maar hierdie proef het hulle seëvierend deurstaan, en die stukke van die strafhowe in die Kaapkolonie bewys dat daar onder die blanke klasse wat slawe besit het, in die hele wêreld geen mensliker volk gevind is as die Afrikanerboere nie. Hul beskouing dat die naturelle nie as volwassenes en as hul gelykes behoort geag te word nie, maar as onvolwasse kinders wat alleen deur ’n regverdige maar strenge tug vir die beskawing te win was, was destyds die grondslag van hul handelwyse, net soos dit nog op die huidige dag is, en na hierdie beskouing hel die verligte opinie van die beskaafde wêreld steeds meer en meer oor.
Maar die feit dat hul saak goed was en dat hulle in die geregshowe geseëvier het, was vir daardie ou voorgeslag nie ’n vermindering nie, maar ’n des te groter verskerping van die gevoel van die onreg wat hulle aangedoen was. Daardie gevoel van onreg is nog lewendiger gemaak deur die wyse waarop die vrymaking van die slawe, op sigself ’n voortreflike maatreël, op die Boere toegepas is.
Die Boere was die eienaars van slawe wat grotendeels deur Engelse skepe aangebring en deur ons van Engelse aangekoop is. Toe het die Engelse Regering besluit om slawerny af te skaf. Hier het ons niks op teen gehad nie, mits ons behoorlik vergoed sou word; maar van die twintig miljoen pond wat die Britse Parlement vir hierdie doel afgesonder het, was slegs I miljoen vir ons bestem, hoewel ons slawe deur Engelse amptenare op drie miljoen gewaardeer is. En die geld was in Londen betaalbaar. Ons kon nie daarheen gaan nie; ons het ons regte vir ’n appel en ’n ei aan agente verkoop, en baie van ons, deur moeilikhede oorstelp, het die hopelose taak van invordering daar gelaat. Grysaards en weduwees wat welvarend was, het broodarm in hul graf gedaal, en langsamerhand het die feit hom begin opdring dat daar geen regverdigheid vir ons by Engeland was nie. Froude, die Engelse geskiedskrywer, kom baie naby aan die waarheid waar hy sê:
"Die slawe aan die Kaap was meer aan die huis as aan die grond verbonde. Die skandale aan die Oos-Indiese plantasies was onbekend. Omdat die Hollanders ’n langsame volk is en geen geesdrif oor ons nuwe idees aan die dag gelê het nie, het hulle by ons in ongenade geval, en hulle het sedertdien daar gebly. Die ongunstige indruk wat hulle op ons gemaak het, het ’n tradisie van die Engelse pers en ongelukkig ook van die Koloniale Kantoor geword."
Dog daar was nog meer. In 1814, toe die Engelse kragtens konvensie die Kolonie tot eiendom gekry het, was die oostelike grens die Visrivier. Die swartes het van tyd tot tyd, maar veral in 1834, invalle in die Kaapkolonie gedoen en gemoor en geroof, en die hulpelose koloniste, hul vrouens en kinders op gruwelike, haas onbeskryflike wyse mishandel. Eindelik is die goewerneur beweeg om die landstreek van die oorlopery te suiwer, en dit is gedoen met behulp van die Boere; maar lord Glenelg, die Minister van Kolonies, het die hele streek weer aan die swartes teruggegee en die Boere in net sulke erge bewoordinge beklad as die onverantwoordelike Londense sendelinge tevore, en openlik party gekies vir die swartes en teen die Boere. Hulle het self hul gesteelde vee by die swartes gaan haal, maar hulle moes toesien dat die vee, met hul eie brandmerke, op ’n vendusie verkoop word om die koste van die kommando’s te bestry. Daar was geen regverdigheid van die Engelse te verwag nie; daar was geen sekerheid vir lewe en eiendom onder die vlag van ’n regering wat openlik vir die onreg partytrek nie. Die aristokratiese afstammelinge van die hoogmoedigste en taaiste volke van Europa moes buk en buig voor ’n regering wat ’n handelspolitiek van skreiende onreg gepaar het aan ’n ongeëwenaarde filantropiese huigelary.
Maar nie alleen teenoor die naturelle is die Boer verdruk en sy regte geskend nie. In die oorgawe van die Kolonie aan Engeland in 1806, is hul taal aan die inwoners van die land gewaarborg. Hierdie waarborg sou spoedig dieselfde behandeling ervaar as wat alle latere traktate en konvensies deur ons volk met Engeland gesluit, ervaar het. Die skender van alle traktate het sy belofte nagekom deur in 1825 te bepaal dat in die vervolg alle amptelike stukke alleen in Engels geskryf moes word. Versoekskrifte in die landstaal waarin oor bittere griewe gekla is, is selfs nie eens in ontvangs geneem nie. Die Boere is uit die juries uitgesluit omdat hul kennis van Engels te gebrekkig was, en hulle moes voor Engelse juries, met wie hulle niks gemeen gehad het nie, verhoor word.
Die Groot Trek – vervolg...