Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
OOREENKOMS TUSSEN MARITZ EN DUITS-SUIDWES
" Maritz en sy getroues wou die onafhanklikheid vir die volk van Suid-Afrika kry, maar nie die tweede vernietiging van daardie volk nie... Dieselfde stryd in hulle boesem is gevoer deur mense wat groter was as hy: deur De la Rey, deur De Wet, en veral deur Beyers. Maritz, De Wet, Beyers, Kemp en Wessel Wessels - hulle is die offisiële 'verraaiers'. Maar van hulle kant beskou hulle Botha en Smuts as die werklike verraaiers van die volk."
VAN ROOISVLEI
Maritz het besluit om Upington met sy kommando te verlaat en na Van Rooisvlei te trek. Niemand kon daarteen iets aanvoer nie, want dit sou hom dertig myl nader aan die Duitse grens bring en solank as sy bedanking nie aangeneem is nie (dis al elf dae gelede dat hy dit vir die eerste keer aangevra het) moet hy sy plig doen, naamlik om die Unie te beskerm, al het hy geweier om aan te val.
Wat hom veral beweeg het, is die aantog van die Engels-lojaIe troepe, duisend sterk, naamlik die Durban Light Infantry en die Imperial Light Horse, met as bevelvoerder kol. Wylie - want deur die Imperialistiese gedrag van die Unie-regering het die ou wonde weer baie rou geword. En deur bevele wat bedoel is om die seuns van die smartlike konsentrasiekampe-tyd te dwing om vir Engeland te veg, het die gevoelens teen die Engelse baie hoog gestyg en so warm geword dat Maritz en die offisiere wat in sy vertroue was, gemeen het om eers Upington te verlaat voor die nuwe troepe aankom.
Vir Maritz se doel, naamlik om die onafhanklikheid terug te wen as die tyd daarvoor aangebreek het, sou ‘n botsing op Upington onder daardie omstandighede uitermate nadelig, moontlik noodlottig gewees het. Die groot toekoms sou miskien versmoor word in dit wat nutteloos verspil sou word in so ‘n geveg. Dan was daar aanlokking van die nadere nabyheid van Duitse oorloghulpmiddels, as die bevel van die generaals in die vroeëre Rerpublieke gegee sou word om in onderhandelinge te tree met die Regering van Duits Suidwes.
Die besluit was om na Van Rooisvlei te trek - vyf uur te perd noordwes van Upington. Daar was ‘n put met ‘n windpomp, ‘n stasie van heliografiste en daar kon die verloop van sake die beste afgewag word.
Die heliografiste was nog maar kort by Maritz se kommando aan hom toegeken op sy herhaalde klagte oor gebrek aan gereedheid. Op Upington was 'n stasie van hulle, en op Van Rooisvlei weer een en die derde een op Cnydas. Luitenant Hennie Otto was die hoof en sy kantoor was op Upington. Die heliografiste was verder almal Engelse.
Op die Vrydagnamiddag trek die kommando’s dan op, heeltemal onverwags vir Enslin. Maritz het hom (teregl) nie in sy vertroue geneem nie. ‘n Oomblik het die gedagte of Maritz uitgevind het wat die instruksies aan Wylie en Koen Brits was die hoofkantoor op Pretoria benoud gehad, maar hul was oortuig daarvan dat hy die geheime maatreëls van genl. Smuts nie kon uitgevind het nie. Enslin wag natuurlik geen minuut om genl. Smuts van die gehimsinnige trek van Maritz op hoogte te stel nie.
'n Lang streep perderuiters, 'n klompie waens met ammunisie en kos kruip oor die woestynagtige pad in ‘n noordwestelike rigting. Die Iaastes wat uitgaan, is die vyftigtal meksimtroepe met hulle vier meksims. HuIIe verlaat Upington om sesuur op Vrydag 2 Oktober 1914. Toe was komdt. Piet de Villiers met ‘n klompie van sy vrywiIIigers egter nog daar. HuIIe het nie saam met die hoofmag getrek nie, maar is na Grondneus, omdat die water te Van Rooisvlei te skaars sou wees vir almal.
Die tente het agter gebly. Die kommando moes onder die blote hemel kampeer. Die nag slaap Maritz en 400 man op Zwartkop, waar hy die volgende more ammunisie Iaat uitdeel. Naderhand, om ‘n uur of tien, word daar 'n bietjie skietoefening gehou, waaraan ook ‘n meksim deelneem. Party offisiere probeer hulle gewere; en Maritz skiet met sy mauser-rewolwer, ‘n wapen wat hy met groot sekerkeid kon hanteer. ‘n Papiertjie dwarrel oor die sandduin rond en skoot vir skoot blits die mauser-rewolwer die klein, beweeglike skyfie neer. Op die negende het Iuit. Frieër, die hoof van die meksim-afdeling, hom waarskynlik daardie klein gebeurtenis herinner, en ook gedink aan ‘n waarskuwing wat Enslin hom gegee het, naamlik dat hy sy oë goed moet oophou. (To keep a sharp lookout.)
Daarna laat Maritz sy manskappe hul soldy vooruit gee, en in die namiddag trek die kommando verder. Naby Van Rooisvlei slaap hulle, en die môre van 4 Oktober om half-sewe kom hulle daar aan.
Daar kan die gewone kamplewe begin. Op die plaas is ‘n rant met daarvoor ‘n Ios koppie aan die westekant; in die nek het die kommando meestal geboer. Maritz het sy waentjie onder ‘n boom Iaat trek, effens links van die nek aan die suidekant van die koppie. Direk daaragter, omtrent ‘n driekonderd tree na die noorde het die meksim-afdeling in ‘n droë rivier ‘n plek gekry. Maritz het hulle ‘n bietjie op 'n afstand Iaat bly omdat die gevoelens tussen die Afrikaners en die "Engelse” nie vriendskaplik was nie.
Dis ‘n woestynwêreld daar. Na Duitswes se kant is daar die beweeglike rondheid van duine, aan die oostekant kalkbulte; die veld is slegs bedek met skaarse karoobossies.
Die mense wat die wêreld daar ken, het geen moeilikkeid gehad nie, maar die "EngeIse” het die plek glad nie geniet nie, en nog minder die kos. HuIIe het maar een keer op 'n dag vleis gekry en verder boermeelpap, wat hul beswaarlik kon eet.
Die kommando was nie van die wêreld afgesny nie, want daar is die heliografiste; en Maritz het sy stafklerk, Van den Berg, op Upington Iaat bly, sodat hy byvoorbeeld die telegram van sy vrou deurkry, waarin sy te kenne gee, dat die Repuklikeinse voormanne in die noorde sake nog regmaak.
Die kommando op Van Rooisvlei was sowat vierkonderd man, onder wie ook 'n klompie van die inligtingsdiens wat behoort het aan "EnsIin’s Horse”, wat op Pretoria gerekrateer is en daar die Iaglus opgewek het van diegene wat die twyfelagtige voorreg gehad het om hulle waar te neem.
Joubertjie was nie daar nie. Na sy terugkoms van die tweede besoek aan genl. Beyers en sy rapport daaroor aan Maritz, waarop gevolg het sy mislukte pogings om by Nakob met die Duitsers te onderhandel, is hy op 27 September deur Maritz na Upington geroep. Hy bly ‘n paar dae by die hoofkwartier en is op 30 September terug na Kakamas en vervolgens na Cnydas waar Iuitenant Hansie Bergmann van 20 September af met sy patrollie van vyftien man en die heliografiste ‘n pos het.
So gebeur dit dat Joubertjie op 4 Oktober van Cnydas af vir instruksies aan Van Rooisvlei vra. Die antwoord is: hy moet saam met Iuitenante Bergmann, Visagie en Moolman oorkom. Die bevel word dadelik uitgevoer, en Hansie Bergmann is saam met ’n maat deur Maritz gestuur om te kyk hoe sake op Upington Iyk. Na hy die rapport by Maritz ingedien het, is die beweeglike en getroue Iuitenant terug na sy pos op Cnydas, waar een van sy mense siek was en waar hy dr. Neethling kry, wat saam met "EngeIse” van Haasuur kom. HuIIe het daar in die noorde die Duitse gebied binnegetrek, maar is haastig teruggeskiet en moes padgee met agterlating van twee gesneuweldes.
Maritz se berigte was dat die duisend man onder Wylie hom nie met rus sou Iaat nie, en aangesien hulle na Upington trek met kanonne en goed uitgerus is, kom hy met sy vertrouelinge tot die slotsom dat sy kommando ook van grofgeskut voorsien moet word, of anders binnekort oorgee - en hom "met koue hande Iaat vat”, terwyl hy so herhaaldelik om sy ontslag gesoebat het; dit sal Maritz sekerlik nie doen nie!
Na aanleiding van hierdie oorwegings verskyn daar in die kamp op Van Rooisvlei ‘n motor met twee persone in gewone klere, wat vir die meksim-seksie vreemdelinge is. HuIIe was egter altwee offisiere van die kommando, naamlik kaptein-adjudant Piet Joubert (Joubertjie) en Iuitenant Hennie Otto van die heliograafseksie. HuIIe ry om twee-uur die Dinsdagmiddag (6 Oktober) in die rigting van die Duitse Iyn, nadat hulle die Iuitenant-kolonel by sy waentjie opgelaai het. Maritz sê vir sy mense dat hy gaan soek na water. Op Cnydas het Hansie Bergmann by die geselskap aangesluit, en Maritz vat self die wiel: die bestuurder Iaat hulle op Cnydas agter. Dis 'n swaar sandwêreld, en die reisigers het nou en dan moes motor stoot. Die voertuig ploeg moeisaam deur die sand, en die volgende môre om twee-uur kan hy nie verder nie. Dit was sowat ‘n uur te perd van die Duitse Iyn af.
Joubertjie en Bergmann is vorentoe gestuur na Nakob, waar hulle die twee De Wets kry met 53 Iede van die Vrykorps. Die aankoms van die twee afgevaardigdes van Maritz was onverwags; amper het hulle onder die koeëls moes deurloop, maar die blydskap van Andries en Piet de Wet was groot toe hulle die besoekers herken. Die Duitse goewerneur het al op 15 September na Nakob gekom vir onderhandelings en sy verteenwoordiger is eers nou- nou weg van Nakob. Die Duitse outoriteite het wantrouend geword, vertel die De Wets, omdat dit so Iank geduur het voor Maritz in verbinding met hulle kom.
Andries de Wet stuur dadelik iemand te perd agter Von Zastrow, die magistraat van Grootfontein, in, wat aangewys was as die "Beirat” vir die Duitse Regering. Die bode kry hom op Oekamas, vyf uur te perd in die Duitse gebied; Von Heydebreck, die opperbevelhebber van die Duitse troepe was op Kalkfontein. Aan hom is getelefoneer, en Von Zastrow kom dadelik terug Nakob toe. Maritz is ondertussen met perde by die motor gaan haal, en hy, Andries de Wet, Von Zastrow en Joubertjie is oor na Oekamas.
Andries de Wet wys al heel gou ‘n voorgestelde ooreenkoms aan Maritz. Maar Maritz Iaat kom duidelik verstaan dat hy nie gekom het om 'n kontrak aan te gaan nie, want dit moet gedoen word namens die Afrikanervolk, en daartoe is manne nodig soos genls. De Wet, Beyers, Hertzog en Muller wat kan beskou word as die verteenwoordigers van die volk. Hy sal niks teken nie.
Halfpad tussen Nakob en Oekamas kry hulle ‘n motor wat deur Von Heydebreck gestuur is om hulle te kom haal; en in die militêre kantoor ontmoet hulle die opperbevelhebber van die Duitse troepe, manlike, simpatieke figuur, ’n man van deursig en verstand, wat Maritz in sy moeilikhede naderhand goed verstaan het. Hy is ‘n maand na hierdie ontmoeting by proefnemings met selfgemaakte ammunisie in ‘n ongeluk dood, wat vir die Duitsers ‘n groot verlies was.
Hier was hy egter nog met sy adjudant en ‘n paar offisiere. Von Zastrow, wat saam met Von Heydebreck die Duitse Regering verteenwoordig het, was ook ‘n verstandige amptenaar. Hy het die hele volgende kampanje met Maritz en Kemp deurgemaak tot aan Upington op 24 Januarie 1915; en ofskoon daar wel af en toe ‘n harde woord tussen hulle geval het, was daar tog altyd ‘n weersydse waardering.
By die besprekinge wat nou begin het, het Andries de Wet as tolk opgetree, want Maritz het nog nie genoeg van die taal verstaan om daarvan gebruik te kan maak nie.
Von Heydebreck deel mee dat die goewerneur bevel gegee het om geen kanonne en ammunisie aan Maritz af te staan nie, want hy het 'n wantroue in hom gekry. Die afspraak, soos met Piet de Wet gemaak, was dat hulle mekaar op 15 September al sou ontmoet het.
Maritz spring nou op en verseker vir hom: "Nou kyk, vir die Engelse gaan ek nie veg nie. As julle my nie gaan steun nie, moet julle my arresteer.”
Hy haak die riem van sy mauser-rewolwer Ios, maar voor hy verder kom, keer Von Heydebreck hom met die woorde: "Nee, ek sal dit nie doen nie. Ons kan verder sien of ons kan ooreenkom.”
Toe begin die samesprekinge. En die Duitsers was baie toegeeflik. "Dit het ons baie goed te pas gekom dat die Boerebeweging in hierdie tyd begin het om vaster bane in te span,” sê Rittmeister Richard Hennig in sy boek Deutsch-Südwest in Weltkriege. "Want Duncan Mackenzie se magte druk vinnig van die seekant op, en al is Lukin in die suide verslaan weet hulle dat daar weer troepe saamgetrek sal word teen Duitswes. Vandaar dat die Duitsers nie omgegee het nie om drie weke geduldig te wag tot Maritz eindelik kom".
Von Heydebreck stem toe om ses kanonne te verskaf, en die volgende ooreenkoms word voorgestel:
Ooreenkomst gemaakt en aangegaan door en tussen de Keizerlike Goeverneur van Duits Z.W.Afrika, als verteenwoordiger van zyn Geëerbiedigde Majesteit, de Keizer van Duitsland, en Generaal S. G. Maritz, die namens en ten behoewe van een aantal Officieren en Manschappen handelt die bereid zyn de onafhankelikheid van Zuid Afrika te verklaren, te weten:
1. Genoemde Generaal S. G. Maritz heeft de onafhanklikheid van Z.Afrika verklaard en de stryd tegen Engeland aangegaan.
2. De Goeverneur van D.Z.W.A. erkent alle Afrikaanse stryd- machten die tegen Engeland optreden als Oorlogvoerende Machten aan en zal ze, na verdere bespreking, in de stryd teen Engeland ondersteunen.
3. Wordt Brits Z.Afrika gedeeltelik of als een geheel onafhankelik verklaard zal de Keizerlike Goeverneur van D.Z.W.A. alle middelen aanwenden om die staat of staten zo spoedig mogelik door het Duitse Ryk als zodanig erkend te krygen en ze te Iaten vallen onder de algemene vredesluiting.
4. In konsideratie voor zodanige verleende hulp zullen de nieuw gevormde staat of staten geen bezwaar maken als het Duitse Ryk Walvis Baai en de Eilanden die tegenover D.Z.W.A. liggen in bezit neemt.
5. Het midden van de Oranje Rivier zal in die toekomst de grenzen vormen tussen D.Z.W.A. en de Kaap Kolonie.
6. De Duitse Ryk zal geen bezwaar maken als de genoemde Staten Delagoa Baai in bezit nemen.
7. Als de opstand op een mislukking uitloopt zullen de opstandelingen die zich op Duits gebied begeven als Duitse onderdanen aangezien en als zulks behandeld worden.
Maritz verklaar hom heeltemal tevrede met die dokument, want dit bevat alles wat by begeer, naamlik die onafhanklikheid van sy land en die bondgenootskap van Duitsland. Maar hy herhaal wat hy reeds aan Andries de wet te kenne gegee het, naamlik dat hy nie sal teken nie, omdat hy hom nie bevoeg daartoe reken nie.
En nou kom die hulp wat Maritz nodig het verder op die tapyt. Op Oekamas staan ses kanonne, vier Krupps en twee pompoms. Hauszding is die bevelvoerder van die battery en sal met sy manskappe saamgaan.
Ook hierin stem Maritz graag toe. Die kanonne word gekoop en sal later, as die stryd vir die onafhanklikheid geluk, betaal word. Van Maritz se burgers sal geoefen word om die bediening van die Duitsers te kan oorneem.
Von Heydebreck meen dat bv. Upington gevat moet word om ’n vaste steunpunt te kry en om die pad vir vereniging met die opstandelinge uit die Unie te open.
Ook hiermee stem Maritz in, en as datum vir die aanval op Upington word 11 Oktober genoem.
Verder bied Von Heydebreck die 'regiment ’ Franke aan om Maritz by te staan. Die Duitsers het aan hulle bataljons die naam 'regimente' gegee om dit teenoor die vyand groter te Iaat voorkom as wat dit was. So het die Regiment Franke geen duisende getel nie, maar slegs tussen 400 en 500 man.
Maar Maritz het daardie hulp geweier. Hy wou geen Duitse troepe in die Unie Iaat kom nie. HuIIe het hom dit kwalik geneem. "Die Boer was huiwerig om met bloedvergiet te begin, maar aan die ander kant ydel genoeg om die Duitsers geen alte groot aandeel in die 'bevryding van Suid-Afrika’ te gee nie," sê Hennig.
Hier het hulle Maritz heeltemal misverstaan. Vir die Europese nasies gaan dit maar moeilik om die dryfvere van die Afrikaner in sy stryd vir die onafhanklikheid te volg, omdat ons geskiedenis in volkskarakter heeltemal verskil van hulle s’n. Die Engelse het bv. Botha en Smuts baie goed begryp, ten minste hulle het so gemeen. Maar hulle het (op enkele verstandige uitsonderinge na) nooit daaroor gedink hoe hulle sou voel onder dieselfde omstandighede as waarin die patriotiese Afrikaner toe verkeer het nie. As Engeland byvoorbeeld die oorlog sou verloor, en hulle ministers en generaals sou die Duitse keiser om die nek val, hulle eie dienste en die van hulle volk aanbied om vir Duitsland te veg, teen ‘n bevriende en aanverwante nasie twaalf jaar nadat hulle hul onafhanklikheid kwytgeraak het - hoe sou dit vir hulle smaak?
Vir die Duitse 'Haudegen ’ was dit weer glad onbegryplik dat ‘n "onversoenlike” en onverskrokke Boeregeneraal soos Maritz nie van al die middele wat hy kon kry, gebruik maak om die land binne te storm, plat te skiet wat in die pad kom en vorentoe te ruk na die oorwinning. Want hulle het nie besef nie dat hierdie weg na die oorwinning sou moes lei deur poele bloed van die eie mense, wat nog kort gelede amper uitgeroei is deur 'n oormagtige vyand. Maritz en sy getroues wou die onafhanklikheid vir die volk van Suid-Afrika kry, maar nie die tweede vernietiging van daardie volk nie.
Hierdie oorwegings het Maritz altyd meer begin druk. Dieselfde stryd in hulle boesem is gevoer deur mense wat groter was as hy: deur De la Rey, deur De Wet, en veral deur Beyers. En dis een van die redes waarom die opstand van 1914-1915 uit ‘n militêre oogpunt op ‘n mislukking uitgeloop het en moes uitloop.
Die gevoel teen genl. Smuts en veral teen genl. Botha word daardeur baie duidelik, want dis hulle wat die mense voorgepraat het van onafhanklikheid, en noudat die uur daarvoor volgens die mening van die opstandelinge en hulle geesverwante aangebreek het, staan hulle nie alleen by die vyande van die onafhanklikheid nie, maar hulle Iaat hulle selfs gebruik om hulle eie volk te beveg.
Maritz, De Wet, Beyers, Kemp en Wessel Wessels - hulle is die offisiële "verraaiers”. Maar van hulle kant beskou hulle Botha en Smuts as die werklike verraaiers van die volk. Genl. De Wet het altyd die vertroue gekoester dat hulle weer sou omspring "na die volk se kant toe”, soos hy dit uitgedruk het, sodra hulle sou sien dat die volk erns het met die Iiefde vir vryheid. Mushroom Valley het hom die oë oopgemaak.
Die aand Iaat van 7 Oktober kom Maritz en Joubertjie terug op Nakob, en dieselfde aand word die battery kanonne ook aangestuur. Luitenante Bergmann en Otto is nog by die motor wat in die sand bly staan het, en die vier is die nag nog verder.
Tussen elf- en twaalf-uur op Donderdag 8 Oktober 1914 kom Maritz terug op Van Rooisvlei. Hy kry daar kaptein Johann W Leipoldt, wat hy as ‘n baie flukse seun geken het in die dae van die Boere-oorlog. Hy is gestuur deur Koen Brits; en Maritz was ongetwyfeld bly om hom daar te sien, want dit gee nog ‘n laaste kans vir ‘n oplossing uit die moeilikhede, waarvan die strop altyd nouer toetrek. As hy nog sy ontslag kan kry, kan hy die Duitse kanonne en die Vrykorps wat saam met hulle kom, laat omdraai. Die seuns van die Burgermag kan huistoe gaan, en hy kan self ontslae van al die verantwoordelikheid en as privaat burger rustig gaan woon op sy plaas in die Vrystaat.
Leipoldt het die vorige aand laat gekom, want hy het so pas saam met Koen Brits van Prieska af op Upington aangekom. Hy bring rapporte van die nuwe opperbevelhebber van die Unietroepe. Nee, nie Maritz se ontslag nie, ofskoon dit in Koen Brits se besit is, want dis aan hom afgelewer voor hy uit Transvaal weg is. Maritz kry bevele van Smuts sowel as van Brits. Smuts se telegram is opgestel volgens versoek van Brits, en sê (datum 7 Oktober) ;
"Ik keb Kolonel Coenraad J. Brits aangesteld tot het bevel over de eenheden onder uw bevel en die welke onder bevel zijn van Iuit.-kol. Wylie. Gelieve u dadelik naar Upington te begeven en u aan Kolonel Brits te rapporteren."
En die ander een, van dieselfde datum, is ‘n brief van Brits self, waarin hy die feit van sy aanstelling meld; en hy sê verder: "Ek is dus begerig om die militêre toestand met u en It.-kol. Wylie so gou moontlik te bespreek. My hoofkwartiere is voorlopig op Upington gevestig. U moet u derhalwe aan my rapporteer te Upington nie later as Vrydag 9 deser nie, om 2 uur namiddag.”
Maritz se teleurstelling blyk duidelik uit die antwoord, wat hy aan Leipoldt saamgee.
"Ek het glad geen beswaar nie,” skryf hy aan Brits, "om my bevel aan u te oorhandig. Maar ek wil nie geplets word, deur geen man in die wêreld nie, omtrent minuut en datum, en ek rapporteer ook aan niemand nie. Wat ek wil hê is my ontslag, en u kan die kommando-kamp oorneem, hier waar dit bestaan. Ek sal probeer om Sondagmôre in die dorp te wees, maar verbind my daar nie toe nie. U kan my ontslag bring en die kommando alhier oorneem."
Aan Leipoldt vertel hy alles openhartig, ook van sy onderhandelinge met die Duitsers. Hulle verstaan mekaar verkeerd omtrent verskillende punte betreffende die verhouding van Maritz tot die Duitsers, altans Leipoldt se rapporte omtrent die verstandhouding is in baie opsigte foutief. Maar op een punt is hy heeltemal duideIik, naamlik dat die enigste moontlikheid om ‘n rebellie te verhinder, is dat aan Maritz sonder versuim sy reeds so herhaaldelik aangevraagde ontslag eindelik toegeken word. Sonder versuim. Leipoldt beloof namens Brits dat die ontslag onmiddellik van Upington ingestuur sal word.
Hy neem die aanbieding van genl. Maritz aan om sy adjudant met sy perd vooruit te stuur, terwyl hulle nog gesels, om dan met Maritz se motor agterna te kom.
HuIIe het almal gedink die saak is nou geskik. Maj. Ben Coetzee wat die bevel van die kamp oorgeneem het gedurende Maritz se afwesigheid was bly. Ook die ander offisiere met wie Leipoldt gepraat ket, met uitsondering van komdt. Piet de Villiers, en waarskynlik van J oubertjie.
Vervolg...