Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
Genl Beyers as Kommandant-generaal van die Burgermagte (2)
Daar het 'n besliste teensin bestaan teen die uniform wat vir die aktiewe burgermag uitgekies is. Dit was te veel 'kakie’ , 'n woord wat toe 'n gruwel was in die ore van die Afrikaner. Die studente van Stellenbosch, afkomstig uit al die dele van die Unie, het heftig geprotesteer. Hulle het op 28 Maart 'n groot protesvergadering gehou, bygewoon deur die kommandant-generaal. Daar is toegestaan dat die Iede van die Aktiewe Burgermag nie genoodsaak sou word om die gewone oefeninge in die teenswoordige uniform van die burgermag” uit te voer nie. En toe daar tog 'n burger twee keer deur 'n Regeringshof skuldig bevind en beboet is omdat hy geweier het om die uniform te dra, is daar n petisie teen "die dra van 'n kakie- of kakie-agtige uniform deur die Burgers van die Aktiewe Burgermag” aan elke Volksraadslid gestuur met die versoek o.a. "dat ten minste vir die HoIIands-Afrikaanse bevolking 'n ander uniform by die aktiewe burgermag sal ingevoer word.”
Aan hierdie vergryp teen die volksgevoelens — gevoelens wat ongetwyfeld versterk is deur 'n mate van suspisie teen die regeringsbedoelings met die Verdedigingsmag — was genl. Beyers onskuldig. Die keuse van die uniform-materiaal is nie deur hom gemaak nie, maar deur die minister met sy (Engelse) militêre adviseurs. Genl. Beyers het 'n ander kleur voorgestel, maar toe die beslissing gevel is, was hy in Europa.
Moontlik het hierdie agitasie teen die kakie-uniform van die Aktiewe Burgermag die verhouding tussen genl. Smuts en genl. Beyers nie verbeter nie. HuIIe verskil van karakter en Iewensbeskouing het vriendskap uitgesluit. In elk geval het reeds in April 1914 'n uitlating van eersgenoemde gedui op 'n moontlikheid van verwydering tussen die twee. Dit was gedurende die parlementsitting terwyl genl. Beyers ook in die Kaap was, dat die minister van Verdediging, volgens 'n mededeling van Gustav Preller, hom in 'n privaat gesprek as volg uitgelaat het: "Dit Iyk nou of die Verdedigingsmag mooi op die been is. As Christiaan (Beyers) hom skop, Iaat hom loop.”
Op die agtergrond van daardie gedagtegang was die verwagting wat by genl. Smuts 'n sekerheid was: dat die Europese oorlog sou losbars en dat Suid-Afrika aan die kant van Engeland sou deelneem. Die geheime verstandhouding tussen genls. Botha en Smuts aan die een kant en die imperiale regering aan die ander, sou tot openbaring moes kom. En in verband daarmee is van belang die mededeling in Het Volk, wat omtrent dieselfde tyd verskyn (19 Februarie 1914) naamlik dat die Britse besetting teruggeroep sou word. Dit sou beteken dat die Unie se Verdedigingsmag die verantwoordelikhede van die imperiale troepe in Suid- en suidelike Afrika sou oorneem. Daardie berig is deur die Unieregering dadelik offisiëel ontken. Maar op 6 Augustus, twee dae na die oorlogsverklaring van Engeland aan Duitsland, het die Botha-regering aangebied om daardie oorname te bewerkstellig. Dit is deur die Britse goewerment onmiddellik aanvaar, en op dieselfde dag het die versoek aan die Unie gekom om Duitswes in te val. Hierdie "versoek” was 'n formaliteit om genls. Botha en Smuts te help in die moeilikhede wat teenstand van die Boerebevolking sou veroorsaak.
Toe beslis is dat die aanval op die Duitse gebied deur Unietroepe sou plaasvind (die Parlement sou naderhand wel sy goedkeuring daaraan heg), het genl. Botha twee dinge verwag, soos uit sy latere verklarings blyk naamlik:
(1) dat genl. Beyers sou bedank as kommandant-generaal.
(2) dat genl. Beyers hom aan die hoof van 'n rebellie sou plaas, saam met manne soos Manie Maritz.
In sy eerste opvatting was genl. Botha reg: 'n week of vyf later, naamlik op 15 September, het genl. Beyers sy bekende bedankbrief aan die regering oorhandig. Maar wat die tweede betref, was die Eerste Minister verkeerd. Hy (genl. Beyers) het geworstel met die idee om 'n opstand te lei, saam met ander voormanne. Maar hy het besluit om dit nie uit te voer nie. As ander volksmanne dit wel sou wou doen, was dit vir hulle verantwoordelikheid. Elkeen moes maar sy eie oortuiging uitleef. Hy wou net protesteer.
Hy is egter altyd meer gedryf tot dade wat tegnies as rebels geklassifiseer kon word.
Toe genl. Beyers van die regering heeltemal geheimelik verneem van die invalsplanne, was hy in omtrent dieselfde moeilikkeid as bv. Manie Maritz. Altwee het gevoel dat die "seuns van die Ver- dedigingsmag” deur hulle ouers aan die offisiere toevertrou is. Veral genl. Beyers het op sy menigvuldige organisasievergaderings vir verduideliking van die Verdedigingswet voortdurend beklemtoon dat die jongmense alleen militêr geoefen sou word vir doeleindes van Iandsverdediging en nie vir aanval nie. Aan die een kant het hy sy getrouheid jeens die regering wou handkaaf en sy verpligtings teenoor die Minister wou nakom, en weer aan die ander kant sy beloftes aan die ouers wou uitvoer. Hier was 'n stryd vir hom, wat nog verswaar is deurdat die nasionale en morele kant van Iandroof soos deur die regering beplan, kom druk, en dat die republiek (soos genl. Botha dit by 'n sekere geleentheid uitgedruk het) geleef het in die harte van die oudstryders, en sterker in genl. Beyers se hart as in die van die meeste ander. Hy het raad gesoek by vriende, veral by predikante want hy was 'n sterk kerkman en het hoog in aansien gestaan by kerkdienaars. Van sy offisiere wat gereken het dat die dag nou aangebreek het om die oorlog voort te sit, het hom genader met planne wat bedoel het om in samewerking met die Duitsers die verlore onafhanklikkeid terug te wen, voorstelle min of meer dieselfde as wat Maritz naderhand probeer uitvoer het. Al die patriotte het in genls. De la Rey, De Wet en Beyers die redders van die volk gesien. Geheime besprekings is gevoer met hulle, maar dit was beperk tot 'n klein aantal voormanne. Tot 'n gesamentlike plan van aksie het dit nooit gekom nie. Die "samenswerings” wat die regering oral "ontdek” het, was nooit daar nie.
Vervolg...