WIE IS DIE SKULDIGES (27)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE

"Die opinie van die mense van my kommando was algemeen: die Afrikaners sal nie met ons veg nie, en ook dat Botha en Smuts dieselfde ding sou doen (naamlik die onafhanklikheid uitroep). Ek kon ook nie glo dat hulle teen ons sou gaan nie. Genl. Muller het dieselfde gedagte gehad.”

Hierdie WOORDE is deur my opgeteken uit die mond van 'n merkwaardige man, kort na hy uit die tronkkospitaal ontslaan en in ‘n sel opgesluit is. Hy was in die rebellie swaar gewond. Dis ds. Herman C. M. Fourie, predikant van die Hervormde Kerk, later van 1921 af, doktor in die teologie, een van die vertalers van die Bybel in Afrikaans, 'n groot kenner van die swarttale, van geskiedenis en kultuur; ’n man van besondere begaafdheid en kennis maar boweal 'n dapper patriot. Hy was as jong seun ‘n leerling van die Staatsgimnasium in Pretoria en is vroeg al na Holland, waar hy as gimnasiumleerling sy voorbereidende studie in die teologie voortgesit het. Toe die Driejarige Oorlog uitbreek is hy as17 jarige onmiddellik terug na sy Vaderland en het as een van die penkoppe by die kommando van sy vader, generaal Joackim C. Fourie van Carolina, aangesluit. Sy een broer (C. E. Fourie) het by Dundee gesneuwel, en sy vader het later gesneuwel. Herman het lewendig anderkant uitgekom en is ná die oorlog terug Holland toe, waar hy eers sy predikantseksamen en afgelê en later jare sy doktoraal ontvang het. In 1914 was hy predikant op Bronkhorstspruit (Erasmus), en op Sondagnamiddag, 25 Oktober van daardie jaar, kom daar 'n seun van ‘n bekende inwoner van die distrik Pretoria met ‘n kar by sy pastorie aan. Hy bring ‘n uitnodiging van genl. Chris. Muller, wat op Witfontein vertoef, ruim ‘n uur te perd suidwes van Bronkhorstspruit, om hom te kom spreek. Die dominee het nie geweet wat gaande was nie, maar die gerugte van opstand het oral rondgedwaal, en hy was een van die baie burgers wat met smagtende verlange uitgesien het na kanse om die verlore onafhanklikheid terug te wen. Hy is in sy rybroek en met die seun saam na Witfontein, waar hy die generaal aantref met ’n klompie burgers wat hulle rondom hom versamel het.

Genl. Chris Muller, gebore in 1865, was 20 jaar ouer as dr. Fourie, maar wat Iiggaamsbou en Iengte betref, het hulle nie baie verskil nie: altwee was sterkgeboude "poons”. En altwee was manne van aksie, in die oorlogsveld onverskrokke. Genl. Muller het van burger opgeklim tot assistent kommandant-generaal. Die verskille tussen huIIe in temperament en geaardbeid was groot maar hulle Iewensdoel as Afrikaners was dieselfde, naamlik die vryheid van huIIe volk.

Genl. Muller was op ‘n baie vriendskaplike voet met genl. Botha. Nog maar enkele weke na die vredesluiting in 1902 het Iaasgenoemde aan die ander opdrag gegee om die burgers van die wyk Witwatersrand (dit was genl. Muller se wyk in die oorlog) agtermekaar te bring vir ‘n groot organisasie, waardeur "ons al die regte wat ons af gegee het, terug sal kry.”

Die politieke party 'Het Volk ’ het tot stand gekom, vernaamlik met die bedoeling om ons mense weer ekonomies sterk te maak, en dan kon ons ons onafhanklikheid terugkry. Sonder dat daar ooit in duidelike woorde van gepraat is, was die bedoeling daar. "Hou die Engelse vlag so hoog as wat jy kan, maar help jou mense onder aan". Dit was ook die bedoeling van die Iandbank, waarvan genl. Muller die direkteurskap aanvaar het, en daarom het hy die kommandantskap van Lydenburg aangeneem onder die verdedigingswet van 1912, " want as ons oorlog kry, kan ons jou nie van buite af aanstel nie,” adviseer genl. Beyers, kommandant- generaal. Almal was begerig om die land te verdedig, ook teen die Duitsers (want die Duits-Engelse oorlog was te voorsien), maar toe dit naderhand uitlek dat nie die Iandsverdediging nie, maar 'n imperialistiese inval in Duitswes die bedoeling was, toe was daar geen eenheid meer nie. Genls. Botha en Smuts het onder huIIe ou strydmakkers amper alleen gestaan in huIIe bereidheid om die Engelse roofplan uit te voer. Genl. Coen Brits was byvoorbeeld daarteen. Selfs hy "Want,” sê hy, "ek het geen Duitsers verloor nie.” Maar genls. Botha en Smuts het deur klein konferensies en hartlike onthale in huIIe wonings verskeie oudoffisiere van die Republiek tot diensbaarheid vir huIIe planne oorgehaal, waarby die vooruitsigte op stoflike voordeel en militêre eer baie bygedra het.

Genl. Beyers was nie onder huIIe nie. Net so min genl. Muller, en die twee het nie nagelaat om genl. Botha dit openlik te sê nie. Vir genl. Muller was die gevolg dat hy onthef is van sy kommandantskap in Lydenburg en vir genl. Beyers dat hy sy ontslag as komdt.-genl. gevra het. Die verwydering wat ontstaan het, was vir 'n deel ook te wyte aan kwaadstekery van "vriende”, wat die andersdenkendes uitgevra en daarna by genl. Botha kom "rapporteer” het, waarby huIIe meer die doel gehad het om hulself verdienstelik te maak in die oë van die regeerders as om die waarheid aan huIIe te beduie.

Maar almal het nog bly glo dat genl. Botha steeds besig was om die Engelse uit te oorlê , en dat hy die onafhanklikheid sou uitroep as die geskikte uur daarvoor aangebreek het.

Vir die teenstanders van die inval in Suidwes het die atmosfeer in Pretoria verstikkend en gevaarlik geword. Die 'Black Hand Society’ het in die geheim Iaat weet dat 'No. 29 ’ deur Ioting aangewys is om genl. Beyers deur sluipmoord om die Iewe te bring, en omtrent dieselfde tyd dat die afgetrede komdt.-genl. die hoofstad verlaat het in 'n westelike rigting, oorkant die Krokodilrivier, trek genl. Muller se Fordkarretjie so stil as wat dit vir 'n motor van daardie dae moontlik was, na die ooste en hou koers na Bronkhorstspruit.

Die groot dorpe soos Pretoria was altyd bedompige sentrums van 'n onvrugbare beskawingsmengsel en drukkende materialisme. Die vars lug kon alleen geniet word in die vrye, wye wêreld, waar die skeppers van 'n eie kultuur en draers van 'n besondere beskawing verspreid aanhou worstel teen die oorheersing van die Britse wêreldmag van daardie dae. Uit die Boeregemeenskap het nog die kernkrag gestraal van 'n nuwe inspirasie vir die vermoeide kulturele vegter van die dorp.

Wat die Boer van 1914 in die veld gedryf het, was nie in die eerste plek politiek nie, ofskoon genls. Botha en Smuts dit tereg beskou het as 'n uiting van vyandskap teen die empaaier-beleid wat huIIe nou gevolg het. Daarom was daar van huIIe kant veral skerp bitterheid gerig teen mense soos genl. Muller, Jopie Fourie, genl. Beyers en baie ander wat altyd getroue ondersteuners van die regering was maar nou as rugstekers van die twee generaals beskou en behandel is.

Dit was selfs nie vernaamlik die onversetlike Iiefde vir die onafhanklikheid nie, waaraan die gemis so sielsdiep gevoel is.

Wat die Boere werklik beweeg het om verset te pleeg, was dit alles en meer: huIIe dryfveer was 'n beskawingsroeping, wat alles omsluit het: ook politiek, ook vryheidsin, ook kultuur. Hierdie beskawingsroeping was godsdienstig. Die beskawing was 'n Wit Beskawing gebaseer op en geïnspireer deur die Woord van God. En huIIe was die vleeswording daarvan, van die eie Wit Beskawing in die swart wêreld van barbaarsheid, heidendom, ongeloof. Sondigheid, tekortkomings en selfs ontrou van die indiwidu het die groot roeping van die nasie nooit ten volle Iaat verstom nie, ofskoon die stem in hierdie periode gevaarlik vals begin klink het. Wyd en syd is byvoorbeeld al gehoor: "My kind moet net Engels leer. Afrikaans hoor hy genoeg by die huis.”

Ou ds. A. J. Begemann het in sy rede, uitgespreek in Februarie 1905 by geleentheid van die Hervormde Kerkgebou in Du Toitstraat, Pretoria, se inwyding die besondere eienskappe opgesom soos hy gevind het onder die Voortrekkers. Hy was toe, as jong predikant, die eerste Ieraar van die gemeente Pretoria. Hy het getuig van hul "bewaring van zuiverheid in dienst, leer Ieven en tucht." Van huIIe "mannelijk gevoel van eigenwaarde”.

En die gevaar was groot, dat hierdie inherent hoë beskawing weggespoel sou word in die empaaiersee. Die ou Voortrekkers het 'n gesegde gehad, wat ek onthou het: "Die dag wat ons seuns Tommies gaan word, is dit met ons, as Afrikaners, vir goed klaar.”

Vervolg...