Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE (3)
Terwyl die karre en voetgangers in 'n oostelike rigting weggestuur is, het genl. Muller met die 150 perderuiters gery in die rigting van 'n spruit, wat huIIe van die regeringskommando skei, want hy sien 'n klompie mense aankom en reken, huIIe wil by hom aansluit. Van elke kant gaan een man vorentoe; en toe huIIe mekaar by 'n drif in die spruit ontmoet, skiet die regeringsman ’n waarskuwingskoot, waarop Iuit. Louw Swanepoel ( 'n ou Z.A.R.P., wat genl. Muller verteenwoordig het) hom na die Generaal toe bring. Daardie man vertel dis Rooi Daniël Opperman met die klompie burgers in die kraal oorkant die spruit. Die eintlike kommando daar is weggesteek en word gewaar in 'n omtrekkende beweging. Genl. Muller skryf 'n rapport aan komdt. Opperman: "Ek sien dat u met 'n gewapende mag teen ons optrek. Hulle moenie dat ons mekaar skiet nie. Laat daar geen broedersbloed vergiet word nie. U moet terugtrek. Ek sal ook terugtrek, en dan kan ons verdere reëlings tref. Ek sal u verkenner maar hier hou tot my rapportganger terugkom.”
Maar genl. Muller se boodskapper het nie teruggekom nie.
Nie in die eerste halfuur nie. Maar 'n tyd daarna word aan genl. Muller 'n brief oorhandig van kol. Harry Mentz wat militêr en as politikus in Soutpansberg se wêreld bekendheid verwerf het en vir hierdie geleentheid blykbaar tot generaal bevorder is. Hy antwoord genl. Muller dat hy bly is om te sien die generaal wil nie op sy broeders skiet nie. Hy is van dieselfde mening en genl. Muller moet maar dadelik kom oorgee. Hy (Mentz) is glo by volle mag om hom te waarborg dat aan hom en sy mense niks gedoen sal word nie.Terwyl genl. Muller besig was om aan Mentz terug te skryf en 'n kans te vra om die posisie met sy burgers te oorweeg, kom 'n verkenner aangeja, wat uitroep: "JuIIe sit nog hier en ons is al klaar omsingel!"
Dit was nou duidelik waarom die Ieiers van die regeringskommando’s geen haas gehad het om te antwoord nie. Hy het sy troepe vir genl. Muller en sy 150 man Iaat omsingel, terwyl hy voorgegee het dat hy begerig was om militêre aksie te vermy. En toe die omsingeling voltooi was, het hy geen antwoord van genl. Muller nodig gehad nie. Terwyl hy en sy mense uitja, storm die regeringstroepe in en skiet vlugtelinge van huIIe perde af.
Komdt. Herman Fourie was nie onder die vlugtelinge nie. Hy was van die agterste en sien hoe genl. Muller op die voorpunt deur vyande bestorm word. Toe komdt. Fourie dit opmerk, ruk hy met agtien man onder die vyand in, op die dwarste. Op 300 tree val die eerste skote by die "Engelse”. Volgens latere verklaring van polisie-superintendent Betts was dit twee rewolwerskote deur hom gevuur om die "Boere te stop”. Maar komdt. Fourie meen daar moet geveg word, en hy ja vorentoe, gevolg deur sy een en 'n half dosyn dapperes, oor die kaal vlakte. Die vyand het die beskerming van bossies. HuIIe vuur is vinnig. Agter die kommandant word 'n burger van die perd afgeskiet. Komdt. Fourie en sy mense spring af. HuIIe Iê, staan, sit en veg. Alles op die kaal grond, sonder enige posisie. HuIIe vang een van die vyand en Iaat hom net so staan. HuIIe raak nou feitlik met die vyand deurmekaar. Die geveg is warm. En die prisonier steek die witvlag op.
Volgens Mike Bredenkamp, wat naby hom gelê en vuur het, was die komdt. in 'n gevegs-ekstase, soos wel voorkom by strydhaftige persone, soos hy een was. Hy het partykeer sy skote in besondere sending toegeken. "Dis vir my vader wat julle doodgeskiet het” en dan trek hy die sneller. "Dis vir my broer wat julle vermoor het”, en weer ruk sy geweer. "En dis vir volk en vaderland ...”
Na hy omtrent tien minute geveg het, skiet hulle kom in die knie. Naderhand het geblyk dat dit 'n gevaarlike wond was: die koeël was nie uit nie. Hy moes plat Iê en kon nie omkyk na wat gaande is nie. Hy kon nie meer opdrag’te gee nie. Maar hy veg deur. Toe die wit vlag deur die prisonier opgesteek is, was daar 'n klein pouse, volgens die verklaring 'n tyd later in die hof afgelê deur teenstanders. Daarna was die geveg weer net so vinnig.
Toe kom die Natal Carabiniers reg agter hulle tevoorskyn. Die vyand vang die paar burgers wat komdt. Fourie nog gehad het. Een het ontsnap maar is tog weer gevang. 'n Gewonde is ook uit en het nie weer gevind nie. Maar van dit alles weet komdt. Fourie niks nie. Dit gebeur agter kom, en hy kan nie omkyk nie; die pyn belet kom. Hy veg deur, nou feitlik alleen, en in weerwil van sy wonde.
Toe die vyand naby hom kom gooi een die geweer aan sy skouer en sê: "There’s another beggar.” Komdt. Fourie steek sy regterhand op en sê hy is gewond, huIIe moet hom nie skiet nie. Die vyand sê: "Jy moet opstaan, anders skiet ek jou, maar die komdt. beduie hy kan nie opstaan nie, want hy is swaar gewond. Weer dreig die vyand: "Dan skiet ek jou." Toe probeer hy opstaan; hy kon darem 'n bietjie loop. Toe hy by die vyand verbykom, skiet een van huIIe na sy kop. Die afstand was vyftien tree. 'n Ander skiet ook na hom, maar al die skote is g'elukkig mis. By die eerste miershoop wat hy verbykom, sak hy neer. Hy kon nie verder nie.
Nou gebeur iets vreemds. Die vyand, wat blykbaar nie kon verstaan dat 'n Boerekommandant met net 18 man hom so kon teësit nie, het nie besef dat die geveg op 'n end is nie. Twee seksies van huIIe begin mekaar onder die Iood steek! Komdt. Fourie Iê tussen huIIe in en begryp alles. Maar hy wou huIIe nie waarsku nie, omdat huIIe hom so sleg behandel het.
Daardie geveggie onder mekaar het nie lank aangehou nie.
By ’n boom word die gevangenes nou bymekaar gemaak, en 'n paar van die Engelse offisiere kom na huIIe kyk. HuIIe weet dat komdt. Fourie daar moet wees; en toe huIIe hom sien, begin huIIe allerhande skeldtaal teen die hulpelose prisonier uitbraak: "You are a pretty predikant, you dirty dog. You are lighting under a white flag."
Onder die smartbrand van sy wond en die verwensinge van sy vyande steek komdt. Herman Fourie sy pyp op. Hy blaas rookwolke uit, maar geen woord kom oor sy Iippe nie, behalwe 'n ontkenning en: "Ek praat nie met vuilgoed nie.” Gelukkig het komdt. MoIIer van die Soutpansbergse regeringskommando later sy knie verbind.
Sy onbreekbare trots het sy moed gehandhaaf. Die aand van die geveg bring huIIe hom, die swaargewonde, na die polisiestasie op Bronkhorstspruit, en huIIe ry met hom by die pastorie verby, maar hy was nie bereid om enige simpatie te vra nie. En dus het hy sy vrou nie gesien nie. Die bedoeling was om hom vir moord aan te kla as gevolg van die wit vlag-gebeurtenis, maar hy is vir hoogverraad veroordeel.
Later, in die Fortgevangenis, waar hy maandelank opgesluit was, het hy met die Engelssprekende bewaarders (ou offisiere van die Engelse of ou Tommies) nooit 'n enkele woord gewissel nie. Sondagmiddae, die somberdrukkende Sondagmiddae, is verlig deur uitdeling van die briewe vir die prisoniers. Die name word uitgeroep, en as die hoofbewaarder (met die Engelse uitspraak natuurlik H. C. M. Fourie sê, stap dr. Fourie met afgemete passies, nog kreupel, onder die afdak in, ontvang sy briewe, steek huIIe in sy buitebaadjiesak, alles sonder ’n enkele uiting van wat daar in sy hart omgaan.
En in die namiddag Iaat as die selle gesluit word, het 'n mens dikwels gehoor hoe 'n Boeregeneraal genadiglik vir die bewaarder 'n "good night” toewens, wat met 'n dankbare teëgroet beantwoord word.
Maar nie komdt. Herman Fourie nie. (Sy tronknaam onder sy vriende was: BuIIetjie). Nie 'n woord nie; maar as die grendels op die deur van sy sel geskuif word, klink bokant die geraas, 'n geweldige uitbarsting van maagwinde uit. Hoe hy dit reggekry het om sy ingewande sodanig te oefen dat hy op daardie oomblik deur hom besluit, die strafste uiting van minagting kon uitstoot, mag 'n raaisel wees, maar dit wys dat hy konsekwent gebly het in sy voorneme om "nie te praat met vuilgoed nie."
By die Albert-silwermyn het vier van die "protesterendes” gesneuwel: P. S. Barnard, H. Barnard (oom en broerskind), Frans Steenkamp, J. G. Kloppers, en gewond is ses: komdt. H. C. M. Fourie, Mike Bredenkamp, F. J. Roos, C. Hatting, Danie Terblanche en A. S. Kloppers. Minder as die helfte van komdt. Fourie se mense het ongedeerd gebly.
Van regeringskant is die volgende verliese aangegee: gesneuwel luit. Heinz, die seun van ’n Natalse Duitser. Sy vader se goed is verbrand toe die gepeupel in 1915 besittings van Duitsers vernietig het. Dan word van drie gewondes, wat die regeringstroepe gely het, melding gemaak, maar die opstandelinge het beweer dat dit ver onderkant die ware aantal is.
Genl. Muller het twee dae later, op die vroeë more van 7 November, by Maloek se Kop aan die end van sy militêre loopbaan gekom deur 'n gewelddaad wat amper sy Iewe gekos het.
Met 'n sewentigtal burgers het genl. Muller en komdt. Koos Wolmarans in 'n noordoostelike rigting Bosveld toe gery. Die gebeurtenisse by die Albert-silwermyn was vir huIIe 'n wrede openbaring van die regering se gedrag teenoor hul vroeëre wapenbroeders, en veral genl. Muller moes diepe skokke deurleef. Dit was duidelik dat genl. Botha heeltemal "kakie” geword het in sy optrede, in die hoogste mate; so selfs dat hy nie eers van onderhandelings wou weet nie, en dat hy vir die (gedeeltelik gewapende) protes van sy volk net een oplossing gegee het naamlik bloedige geweld. Genl. Muller het ondervind wat Manie Maritz en daarna genl. Beyers al klaar ondergaan het, en wat ook die ander Ieiers van die opstandelinge sou moet deurstaan, dis die gevolge van 'n burgeroorlog. 'n Proklamasie is uitgevaardig wat die gewone burger tot 21 November die geleentheid sou verleen om oor te gee, maar in die praktyk het dit meermale beteken dat huIIe "gevang'” was en as prisoniers behandel: in baie gevalle selfs mishandel. 'n Maand voor die genoemde datum, dus op 21 Oktober al het genl. Brits van genl. Smuts 'n opdrag gekry wat (vertaal) Iui as volg: "Enigeen van Maritz se mense wat oorgee aan ons magte in die veld, sal skerp bewaak (kept close prisoners) en as gewapende rebelle behandel word volgens instruksies wat naderhand sal kom.”
Dit was die bose gees van wreedheid waarmee sommige regeringstroepe deur die hoogste gesag opgesweep en besete geraak het, en 'n mens verbaas hom daaroor dat daar nietemin deur die "rebeljaers” wel baie kere mensIikheid getoon is. Bloed van menslike gevoel kruip darem, selfs waar broedersbloed loop.
Vervolg...