Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
GENL. MULLER, KOMDT. HERMAN FOURIE EN JOPIE (4)
"Ons ou mense het, as individualiste, groot respek gehad vir die Iewe van die indiwidu, meer as ander nasies. HuIIe godsdienstige bestaan, wat die mens erken as kind van God; huIIe eenheidsgevoel soos Iede van een groot familie; huIIe afhanklikheid van mekaar in die primitiewe samelewing: ofskoon huIIe te midde van gevare grootgeword het, het daar nooit onverskilligheid vir die Iewe ontwikkel nie, maar selfs in die ruwe oorlogstyd het die respek vir Iewe en dood gebly. En voor die oorlog is die doodstraf (ofskoon dit ’n deel uitgemaak het van die regspleging) feitlik nooit op wit mense toegepas nie; daar het omtrent altyd begenadiging plaasgevind."
Genl. Muller was 'n dappere leier in die veld, 'n man van aksie, en hy het dadelik 20 spioene in alle rigtings uitgestuur om die bewegings van regeringstroepe aan hom te rapporteer. Maar nie een van hulle het teruggekom nie. Toe hy komdt. Wolmarans raadpleeg oor sy planne om in die Rustenburgse wêreld te soek na die mense wat daar deur genl. Beyers agtergelaat is, was die ontmoedigende antwoord dat die generaal en hy dan alleen sal moet gaan, want die mense wil nie huIIe distrik verlaat nie.
In die nag van 6 op 7 November slaap hy met sy klompie wat nog standvastig was, in ’n kom met ’n pannetjie water agter (dis ten suide van Maloek se Kop) en dieselfde nag nog is die vyand daaromtrent ingelig deur 'n wegloper, sommer genoem 'n verraaier. Vroeg die more was huIIe omsingel, en huIIe word soos rooibokke op huIIe Iêplek uitmekaar geskiet. Komdt. Koos Wolmarans, T. Kloppers en L. Botha kry doodskote. Genl. Muller, veldk. Mike Henn, Andries de Beer, Jan Erasmus, N. Erasmus, P. van Rensburg en Koos Uys word gewond; die ander is gevang.
Nes dr. Fourie by die Albert-silwermyn is genl. Muller by Maloek se Kop deur die been geskiet, 'n ernstig bloedende en besonder pynlike wond. Die vyand was op sy bloedspore, maar sy kennis van die veldlewe en die wil om vry te bly, het hom tot bo- menslike inspanning in staat gestel. Vier-en-twintig uur het hy op sy gebroke Iiggaam rondgeseil, sonder 'n druppel water om sy koorsige dors te Ies. Naturelle het hom later gekry en voedsel en water gegee, maar huIIe was te bang om hom uit te bring, en eers om vieruur in die namiddag van die tweede dag het dit hom geluk om in hierdie skaars bewoonde wêreld met witmense in aanraking te kom. Hy het later as prisonier in die tronk vyf maande lank pal op sy rug moes Iê en het nooit ten volle van hierdie gruwelike verwonding herstel nie.
Graf van komdt. dr. H. C. M. Fourie
Genl. Muller (ou Raaltjie vir sy tronkmaats) rus in die Nuwe KerkKof van Pretoria onder sy eie mense. Herman Fourie is, ook na sy dood (in 1939) begrawe Iangs die kerkgebou van sy gemeente Groot Marico, wat hy die Iaaste bedien het, en die kerk se namiddagskaduwee stryk met gereelde nougesetheid stadig, statig en plegtig oor sy graf. Op 5 September 1955 by geleentheid van die honderdste verjaarsdag van die Hervormde Kerk van Afrika, het sy weduwee, namens daardie Kerk, ’n gedenkplaat onder sy fotografiese beeld onthul in die Dirk van der Hoffsaal in Pretoria.
Daar was in die distrik Pretoria nog 'n klompie burgers, onder veldkornet Hermanus Roos, wat in die buurt van die Premiermyn vir bevele wag. Toe hulle die berigte omtrent genl. Muller en sy kommando verneem, het huIIe ingegee, met uitsondering van enkeles, wat huIIe naderhand onder veldkornet Simon J. L. PrinsIoo geskaar het. Prinsloo was 'n man wat uit die Driejarige Oorlog bekend was om sy dapperheid. Hy was 'n dapper kêrel wie se oë, veral in oomblikke van spanning, ’n wonderlike glans af gegee het. (Hy het, wat dit betref, herinner aan die 'kyk' van genl. Louis Botha in sy jonger dae voor sy verraad en toe sy oë hard geword het.) Sy ses manne het aangegroei tot 27 en huIIe het aansluiting gesoek en gekry by Jopie Fourie, onder wie se Ieiding huIIe aan verskillende gevegte deelgeneem het. Nooitgedacht was die einde. Met 43 man het huIIe teen 550 van die vyand geveg. Toe veldk. Prinsloo 'n koeël deur die skouer kry, het hy tog onverskrokke aangehou tot hy sy geweer nie meer kon vashou nie.
Die oormag het huIIe eindelik vasgetrek, en die veldkornet rapporteer dit aan komdt. Jopie Fourie. Kalm, soos hy altyd was in 'n geveg, antwoord hy: "WeI, oom Simon, dan moet ons veg tot ons algar dood is." Waarop die veldkornet aanvoer: "Ja, wat jou en my aanbetref. Maar dis onbillik vir die seuns wat ons by ons het. HuIIe kan altemit nog gespaar word.” En Jopie antwoord: "Dis reg, oom Simon, ons moet maar oorgee.”
Die plan van Jopie was, nes dié van genl. De Wet en ander leiers, om vir wapens deur te druk na Maritz. Nooitgedacht het dit verhinder: die outoriteite by name Smuts wat gaan wegkruip het sodat hy dit nie hoef te keer nie, het hom bestem vir die koeël.
Ons ou mense het, as individualiste, groot respek gehad vir die Iewe van die indiwidu, meer as ander nasies. HuIIe godsdienstige bestaan, wat die mens erken as kind van God; huIIe eenheidsgevoel soos Iede van een groot familie; huIIe afhanklikheid van mekaar in die primitiewe samelewing: ofskoon huIIe te midde van gevare grootgeword het, het daar nooit onverskilligheid vir die Iewe ontwikkel nie, maar selfs in die ruwe oorlogstyd het die respek vir Iewe en dood gebly. En voor die oorlog is die doodstraf (ofskoon dit ’n deel uitgemaak het van die regspleging) feitlik nooit op wit mense toegepas nie; daar het omtrent altyd begenadiging plaasgevind.
Vir die kleurryke heldefiguur, Jopie Fourie, is begenadiging nie toegeken nie. En nog nooit was die nasie meer geskok nie as juis daaroor.
Vervolg...