Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
"DIE BLOED IS OP U HOOF” (2)
Intussen is daar 'n groot skare op Vleeschkraal, en toesprake word gehou, ook deur genl. Beyers, wat onder meer gesê het:
"GenI. Kemp gaan na Duitswes om te sien wat daar aangaan en om met Maritz in aanraking te kom. Ek gaan by julle bly want ek verwag nog altyd tyding van president Steyn wanneer genl. De Wet op Onze Rust sal wees.”
Hy het elke dag uitgesien na die terugkeer van dr. Colin Steyn met berigte van die president, maar dit was natuurlik vrugteloos. Hy het nie die minste geweet, selfs nie vir 'n oomblik vermoed, watter planne daar in Pretoria gevolg word nie. Hoe kon hy? Terwyl Kemp en sy 600 helde deur die woestyn worstel, ook onwetend dat wat hulle as die vryheid sien blink, 'n Iugverheweling is, swaai genl. Beyers met 1,200 man na die suide, Vrystaat toe. Omtrent die helfte van die mense was op 'n manier gewapen. Party het geweers, haelgeweers, ander koeëlgeweers, maar sonder of met enkele patrone. Die res was ongewapend, baie van hulle was voetgangers, en genl. Frikkie Wolmarans het hulle gelei. Genl. Beyers het meermale vir hulle gevra om huistoe te gaan. Hy wou net 'n lyfwag by hom hou. Maar niemand wou omdraai nie. Van hulle is daar wat oor die 200 myl met die voet gestap het voordat die 'kakies' hulle hande op hulle kon Iê. Toe hulle by Kingswood oor die spoor gaan, het 'n regeringskommando onder komdt. Schwartz hulle geja en 'n stuk of wat van hulle doodgeskiet, en hulle opdrag van genl. Beyers was: hulle mag nie terugvuur nie.
Twee dae ná die vertrek vanaf Vleeschkraal, toe hulle naby die Vaalrivier was, het daar iemand gekom om te onderhandel. Maar nie Colin Steyn nie. Dit was prokureur Cecil Meintjes, skoonseun van genl. De la Rey, en 'n sterk aanhanger van die regering. Genl. Beyers het gedink hy kom van president Steyn, maar mnr Meintjies het niks geweet van die president se pogings tot bemiddeling nie. Dis genl. Smuts wat hom gestuur het.
Die taktiek van die regering was naamlik, dat allereers die "opstand” in die westelike Transvaal beëindig moes word, en hy het op 30 Oktober reeds aan al die nege magistrate van die distrikte (Pretoria en Waterberg ingeslote) kennis gegee dat die betrokke burgers maar ongestraf sou kan huistoe gaan, maar die op- en kwaadstekers moes gearresteer word. En toe komdt. Joof Alberts hom Iaat weet dat sy troepe so 'n "toegeefIikheid” sterk afkeur, telegrafeer genl. Smuts hom: "Dis in die belang van die regering dat die opstand in die westelike Transvaal so gou as moontlik beëindig word. Daarom beloof ons vrystelling aan diegene wat dadelik oorgee. As hulle dit nie doen nie, sal hulle as rebelle gestraf word.”
Die besprekings tussen mnr. Meintjes en genl. Beyers het afgeloop met 'n brief van Iaasgenoemde (geskryf ná raadpleging van sy vernaamste offisiere) waarin hy verklaar dat, as die regering onderneem om die oorlog teen Duitswes "alleen met vrywilligers voort te set,” daar ’n vriendskaplike oplossing moontlik sou wees en "dan zyn wy genegen te ontbinden en rustig naar huis te gaan.”
Dit is op Katboschfontein gedoen, datum 5 November. En in afwagting van ’n nadere beslissing trek genl. Beyers die Vaalrivier deur, waar die magistraat van Wolmaransstad, mnr. John de Castilla, hom weer namens die regering kom spreek. Dis wat die magistraat na sy onderhoud met genl. Beyers daaromtrent op die aand van 6 November aan genl. Smuts telegrafeer: "Beyers se antwoord is dat hy De Wet moet sien, voor hy kan antwoord. Vir Kemp kan hy (wel) beslis. Sal die Regering hom 'n vrypas gee om De Wet te sien? Beyers sal wag op die plek waar ek hom ontmoet het om u antwoord ongemolesteer te ontvang. Sal u hom aanhelp om De Wet te sien? Ondertussen, wat die kommando betref, Iaat dit ongemolesteer."
Genl. Smuts se antwoord was al oppad, nog voor hierdie telegram gestuur is en dis gebring deur 1,400 regeringstroepe, wat skielik saamgetrek is om hom te verpletter. Toe genl. Beyers die vyand sien nader, het hy twee keer 'n boodskap onder die wit vlag ingestuur. Die een het die regeringstroepe bereik om sewe- uur die aand van 6 November en die tweede om halftien dieselfde aand. Altwee kere het genl. Beyers vir huIIe Iaat weet dat daar onderhandelings aan die gang is en dat die duidelike verstandhouding bestaan dat hy en sy kommando ongemolesteer gelaat sal word, tot die antwoord van genl. Smuts ontvang sou wees. Min het hy geweet dat die vuur uit veertienhonderd geweers die antwoord was en dat huIIe spesiaal daarvoor op hom afgestuur word, op genl. Smuts se bevel.
Genl. Beyers se kommando is natuurlik verstrooi, en die vyand het dit beskou as 'n heldedaad. Weer was die vroeëre kommandant-generaal 'n voortvlugtige, en twee dae na die vernietiging van sy kommando kry hy deur middel van die hoofoffisier van die regeringstroepe 'n vrypas om na Onze Rust te gaan!
Dit was op Maandag 9 November 1914.
Op die tiende kom hy onder militêre geleide op Bloemfontein aan.
Die plaas waar genl. Beyers se kommando uitmekaar geja is, was Gruisdrif, onder aan die Vetrivier. Sy vrygeleide was van komdt. Schwartz, met ook die handtekening van kol.-komdt. L. A. S. Lemmer; en op daardie dokument het die stafoffisier te Bloemfontein hom deurgelaat na Onze Rust, anderkant die Vrystaatse hoofstad. Die president en die generaal het oor en weer mekaar inligting kon verskaf omtrent die kritieke toestand. Vir die eerste keer het genl. Beyers daar verneem van twee briewe aan hom wat nooit afgelewer is nie: die een van die president en die ander van genl. De Wet, geskrywe omtrent 26 Oktober en aan hom gestuur deur dr. Colin Steyn via genl. Smuts oor die pogings om vrede te stig. Maar dit het nie aangepas by genl. Smuts se taktiek om daardie briewe te Iaat besorg nie. Daar is 'n paar ander dokumente wat ook nie hulle bestemming bereik het nie, maar waarvan die twee Ieiers geen kennis gedra het nie, soos altwee telegramme van genl. Smuts. Die een was aan die magistraat van Wolmaransstad waarin genl. Smuts hom instruksie gee om maar weg te bly van genl. Beyers af. Maar daardie telegram het eers op Wolmaransstad aangekom toe mnr. De Castilla al oppad was na die Vaalrivier, waar hy toe ook vir genl. Beyers ontmoet het. En die ander telegram was aan die stafoffisier van Bloemfontein (kapt. Brink) waarin hierdie offisier gelas word om genl. Beyers nie te Iaat deurgaan na president Steyn nie. Sedert hy (Beyers) die vrygeleide gekry het, het genl. De Wet finaal geweier om na Steyn te gaan, en hy (die president) het ten gevolge daarvan die ontmoeting gekanselleer.
Hierdie Smuts-telegram bevat 'n dubbelde onjuistheid, naamlik
(1) dat genl. De Wet beslis geweier het om na die president te gaan, en
(2) dat die president die ontmoeting op Onze Rust gekanselleer het.
Die telegram was gedateer 10 November, maar het sy bestemming eers bereik toe genl. Beyers al weg was van Bloemfontein oppad na Onze Rust of moontlik daar reeds aangekom het.
As pres. Steyn geweet het van hierdie opdrag aan kapt. Brink, sou hy waarskynlik nie die moed gehad nie, om dieselfde dag (10 November) weer 'n hartstogtelike beroep op genl. Smuts te doen vir vergewensgesindheid en om hom te versoek om 'n vrygeleide te gee na genl. De Wet. Daarop het genl. Smuts Iaat weet: "GenI. Botha is afwesig van Pretoria. Ek het hom die inhoud van u telegram gestuur en sal u so gou moontlik antwoord.” President Steyn dring aan op spoed, en daarop kom genl. Smuts se verpletterende nuus: "Het spyt my, dat ik Generaal Beyers geen pas naar Generaal de Wet kan geven, maar houding van Generaal de Wet is zodanig, dat ik geen nut van byeenkomst verwacht en Generaal Beyers dus moet verzoeken naar zyn kommando terug te keren." Op dieselfde oomblik gee hy opdrag aan kapt. Brink "...om Beyers terug te nemen naar syn kommando. Ik keb geweigerd hem naar De Wet te Iaten gaan.”
Die ekskuus wat genl. Smuts vir hierdie gedrag van hom gemaak het, is dat genl. De Wet vir genl. Beyers sou ompraat, as hulle mekaar ontmoet. Maar hierdie rede het selfs alle skyn van erns gemis, want pres. Steyn het hom klaar gemaak om, in weerwil van sy Iiggaamswakte, stadig agter genl. Beyers aan te ry om saam met hom genl. De Wet te ontmoet.
Die werklike rede vir genl Smuts se weiering was dat onderhandelinge vir hom van geen nut meer was nie. Hy het sy doel bereik wat die westelike Transvaal betref, soos hy aan komdt. Joof Alberts op Treurfontein bekend gemaak het, naamlik dat hy dáár die opstand eers met geweld sou onderdruk. Dis nou agter die rug en nou sal die Vrystaat met wapengeweld aangepak word. Daarvoor was baie tyd nodig want die nodige troepe daarvoor kon nie in die provinsie gekry word nie (10,000 Vrystaters was in opstand) en dus moes daar kommando's in ander dele, vernaamlik in Transvaal, georganiseer word om die noordelike Vrystaat te onderwerp.