WIE IS DIE SKULDIGES (37)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

DIE WÊRELDBETEKENIS VAN DIE REBELLIE (2)

"Ds. Ackerman vermaan heftig: ' ’n Volk is zyn overheid gehoorzaamheid verschuIdigd' , waarop genl. Beyers sonder aarseling aanvoer: 'Ja, maar die Owerheid het ook sy verpligtings teenoor die volk.' "

Soos in die vorige aflewering genoem is daar wel erkenning van die rebellie van 1914 in die buiteland, oa C van Vollenhoven.

Van VoIIenhoven eindig die gedeelte uit sy boek De drie treden van het Volkenrecht met die woorde dat die diepe geloof van genl. De Wet "geloof en zuurdesem van de komende tyd” is, en hy hoop dat die "miIjoenemassa” van die wêreld op sy "aandrang” sal saamtrek. Dit met betrekking oor genl De Wet se uitspraak: Die aanval op 'n volk wat ons geen kwaad doen nie, is goddeloos. Daardie inval op 'n volk, wat u geen kwaad aandoen nie "brengt, hoe ook met sukses begunstigd, God's vloek over u.”

Dis nie alleen genl. De Wet wat na lange stryd met onwrikbare vastigheid daardie geloof behou het nie, maar onder gewone burgers sowel as bekende leiers het dit geleef. Onder hulle was daar twee rigtings: die een se aanhangers wat gehoorsaamheid op die Iandsregering onvoorwaardelik wou toepas. En die ander rigting wat die gebod van God as enigste rigsnoer wou erken by die bepaling van die koers wat gevolg moes word. Dis hulle wat -  bedug vir die vloek wat die volk sou tref as hulle sonder optrede van protes sou toelaat dat 'n ander se Iandpale verruk word  - op dieselfde tyd, die tot nog toe onbevlekte wêreldnaam van "Boer" ongeskend wou bewaar. Elke dag was daar heftige stryery gaande tussen die eerstes (die regeringsmense) en die 'rebelle’ aan die anderkant.

Op die Iaaste verjaarsdag wat genl. Beyers beleef het (sy 45ste, op 23 September 1914) kom 'n viertal kerkhoofde onder Ieiding van ds. Ackerman en ds. Paul Nel hom besoek - in 'n polisiemotor. Ds. Ackerman vermaan heftig: "’n Volk is zyn overheid gehoorzaamheid verschuIdigd”, waarop genl. Beyers sonder aarseling aanvoer: "Ja, maar die Owerheid het ook sy verpligtings teenoor die volk."

Die predikante het nie veel kans gehad om verder te praat nie, want die besoekers het ingestroom om die generaal geluk te wens, en die polisiemotor moes maar omdraai.

Van VoIIenhoven se woorde hierbo kom na aanleiding van die kennisgewing van Steenbokfontein. Ons weet dat die verklaring deur genl. Beyers reeds op Damhoek gedikteer is aan ds. Van Broekhuizen, wat sy sekretaris-te-velde was. Dit was vóór die regeringstroepe hom aangeval het. Gedurende die vlug het genl. Beyers dit saamgedra en Iaat versprei op Steenbokfontein en daarna. Genl. De Wet se naam verskyn saam met sy eie, ofskoon Iaasgenoemde dit eers baie later kon gelees het. Maar so eenstemmig was die twee leiers dat genl. De Wet, as hyself die kennisgewing moes opgestel het, dit nie anders sou bewoord het nie, behalwe moontlik met toevoeging van 'n paar sterker uitdrukkings hier of daar. Die hoofoorsaak van die aangrypende protesuiting was dieselfde by genl. Beyers as by genl. De Wet, naamlik: die verkragting van die volk se regte en nog wel op onjuiste voorstellings van die feite; en die vloek van God wat dreig oor die nasie as die besluit van die regering uitgevoer word. Hier is geen sprake van politieke behendigheid nie, maar dis 'n kreet van benarde, godsdienstige patriotte, wat getrou wil bly aan hulle volk en hulself:

Kennisgeving

Steenbokfontein, 29 Oktober 1914.

Kennis gescKiedt mits deze aan alle burgers van de Unie, dat, nademaal de Regering van de Unie besloten heeft Duits-Zuidwest te veroveren en op onjuiste berichten en beweringen de Parlementsleden van de Zuid-Afrikaanse Party het besluit van de Regering hebben bekrachtigd;

En daar het Parlement tot die stap oorgegaan is zonder het volk daarover te raadplegen, waardoor het volksrecht verkracht is geworden;

En nademaal geprotesteerd is geworden tegen de goddeloze aanval op Duits-Zuidwest; tegen een volk, dat ons nimmer iets kwaads heeft gedaan, maar altyd goedgezind was;

En nademaal de Regering het recht van het publiek om op vreedzame wyze hun protest voort te zetten ontnomen heeft door het proklameren van krygswet en regulaties;

Zo is het, dat wy blyven protesteren met het wapen in de hand tegen het zo gevaarlik beginsel, hetwelk de Regering tegen de zin en wil van het volk wenst uit te voeren, dat ons volk in de grootste ellende en ramp zal gedompeld worden en dat Gods vloek ons treffen zal, indien het besluit van de Regering ten uitvoer gebracht wordt.

Daar onze protesterende houding niet is om broedersbloed te vergieten, maar integendeel, zoals reeds bewezen is, waar mogelik te vermyden en onder geen omstandigheden aanvallenderwyze op te treden;

Doen wy ten slotte een beroep op alle Burgers om alle krachten in te spannen, en hun invloed te gebruiken tegen het veroveren van Duits Zuidwest Afrika, en tegelykertyd te weigeren om van de Regering gebruikt te worden ons met wapenen te bevechten.

Daar ons enig doel is de eer van God en het heil van volk en vaderland.

C. R. de Wet.

C. F. Beyers.

Generaals van de protesterende Burgers.

Onveranderd het die oortuiging, soos dit in die 'kennisgeving’ uitgespreek word, die mening van genl. Beyers gebly, tot hy daarvoor gesterf het — en van genl. De Wet, ook nadat sy pogings om dit in die oorlogsveld uit te Ieef, totaal misluk het en hy 'n gevangene geword het in die Forttronk. Ons twee was eers enkele dae saam daar gewees. Die Generaal het op 4 Desember 1914 toe hy daar opgesluit is die geleentheid gekry om een van sy medegevangenes te Iaat roep om sy sel met hom te deel. Ek is op sy versoek uit 'n ander afdeling van die Fort gehaal en ons het enkele dae saam deurgebring, tot ek skielik verwyder en alleen opgesluit is. Genl. De Wet het alleen agtergebly, en na ek weg is, word ds. Hefer as besoeker by hom toegelaat. Dit was 'n buitengewone besoek en onder buitengewone omstandighede, want teen al die tronkreëls in is daar geen wag saam met hom nie. Genl. De Wet het die dominee nie geken nie, maar het uit daardie afwesigheid van 'n bewaarder somaar die gevolgtrekking gemaak dat hy van regeringsweë kom.

Op sy eienaardige manier om sy woorde uit te sing, begin hy: "GeneraaI, ek het gekom om u tog te sien, en as u net belydenis wil doen van die verkeerde daad van u, dan is ek seker, hulle maak die tronkdeure oop.” So het hy 'n hele tyd lank geselssing en die verlossing uit die wrede gevangenis in vooruitsig gestel, as genl. De Wet sy verIede as rebel wou versaak.

Die generaal het sy besoeker met respek en sonder enige onderbreking aangehoor. Toe hy swyg, vra die generaal: "Het jy klaar dominee?” En toe die antwoord bevestigend kom, vervolg hy, kalm en vas:

"My inbors is: as ek voel dat ek die minste skuld het of rede gegee het, het jy nie nodig om dit vir my te sê nie. Maar ek voel dat ek 'n verraaier sou word van my volk as ek die verklaring (soos deur die dominee gevra) moes maak en belydenis doen. Want ek is nog net so sterk oortuig dat dit 'n goddelose daad van die regering is om Duitswes te verower."

Ná hierdie besoek moes genl. De Wet vir 'n geruime tyd alleenopsluiting verduur.

Vervolg...