Harm Oost
"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".
Lees reeks by Wie is die skuldiges
DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS
Om die loop van die geskiedenis in die maande September- Oktober 1914, met die Vrystaatse rebellie as einde, die beste te kan verstaan, is dit wenslik om die drie vergaderings op Kopjes; te gaan bywoon. Dis op 23 September, 13 Oktober en 22 Oktober. Daar was verskeie byeenkomste in die voormalige republieke, en selfs enkele in die ou Kolonie, wat 'n gees van protes teen die inval in Suidwes geuiter het. Maar die agtereenvolgende vergaderings op Kopjes wys duidelik hoe die volksgevoelens tot opstand verskerp is. Dat daardie plek gekies is, was net om sy sentrale Iigging in die noordelike Vrystaat en omdat die Transvalers dit ook betreklik gemaklik kon bykom.
Die eerste vergadering was twee dae na die bekende (en reeds behandelde) Lichtenburgse byeenkoms, wat die dag na genl. De la Rey se begrafnis gebou is. Dieselfde besluit is op altwee geneem, naamlik om die regering te smeek om die veldtog teen Duitswes op te gee, met die besondere versoek daarby vir ‘n antwoord nie later as 30 September nie. Die oproep was baie skielik. Maar die opkoms was na verhouding groot: meer as 500. Genl. De Wet is met ‘n perdekommando van die naburige Roodepoort ingewag. Daar was ‘n viertal sprekers, en mnr. P. Henning was die simpatieke voorsitter. Maar iets onverwags het dadelik gebeur. Die magistraat van Parys, in wie se distrik Kopjes toe geval het, was daar met ‘n telegram van die regering — en natuurlik die onnodige "beskerming" van die polisie. Hy het die telegram voorgelees, 'n taamlik Iang dokument wat die versekering gee: "Het Goevernement heeft hoegenaamd geen intensie om de Burgermacht Reserve (dis die Verdedigingskietverenigings) en Nasionale Reserwes voor krygsdienst buiten de Unie te kommanderen,” want hulle is daarvan oortuig dat daar genoeg vrywilligers beskikbaar sal wees. HuIIe erken dat sekere regimente van die Aktiewe Burgermag opgeroep is, sommige vir krygsdiens buite die Unie, maar hulle glo nie dat dit nodig sal wees om verdere regimente op te kommandeer vir dienste buite die Uniegrense nie.
Genl. De Wet het dadelik na die voorlesing opgestaan en die magistraat uitgenooi om die vergadering verder by te woon. Die regering spreek die hoop uit dat nie verder vir krygsdienste buite die Unie gekommandeer sal word nie. "Maar selfs as daardie hoop verwesenlik word, en selfs as die sekerheid gegee sou kon word dat dit nie sal gebeur nie, dan protesteer ons nog teen die inval. Want wie sal geroep word om die vuur dood te slaan, wat deur die regering aan die brand gesteek is? Dis te bejammer dat die regering probeer om die publiek vet om die oë te smeer, terwyl die land in so 'n toestand is.”
Hy gaan verder met sy protes en voeg daarby: "As ek ‘n woord sê wat ek nie kan verantwoord nie, die polisie en die magistraat is hier, Iaat hulle my dan maar tronk toe bring.” Maar vir so iets (net so min as vir ander gevare van verlies van vryheid en selfs van sy Iewe) is die ou generaal nie eintlik bang nie, want hy maak ‘n grap daarvan: "Sit my dan maar Iiefs in Oom Paul se tronk (waar die rebelle van 1896 opgesluit was), want vir president Kruger se staatsmanswysbeid het ek die allermeeste respek.”
Genl. De Wet het in hierdie toespraak herinner aan die uitskuiwing van genl. Hertzog uit die kabinet in Desember 1912, en hoe hy daarteen ook protesvergaderings gehou het. "Maar hierdie saak is nog baie groter. Hertzog- en Bothamense staan hier op een platform. Elkeen is teen Iandroof, en genl. Botha sal dit voor God moet verantwoord.”
Hy het weerspreek wat die Regering beweer het, naamlik dat die Duitsers die Unie binnegeval het. Sy feite omtrent Nakob en Schuitdrift was ooreenkomstig die werklike gebeurtenis, soos deur die geskiedenis bekragtig.
Ook die volgende spreker, Edwin Conroy, wat 'n rebelle- kommandant in die Driejarige Oorlog was en deur Duitswes heen veiligbeid gesoek het in Europa, het daaromtrent inligting verskaf. Hy was nou provinsiale raadslid vir Kopjes, wat onder die afdeling Parys geval bet. Rocco de Villiers, die populêre prokureur van Heilbron, provinsiale raadslid M. L. Malan en prokureur De Kok was ook aan die woord. Die Lichtenburgse besluit is hier met 510 teen 2 stemme bevestig. Die aanwesige vrouens, 'n groot aantal, was gevra om nie te stem nie. HuIIe sou hulle eie vergadering hou.
Die hoop van die Vrystaatse protesteerders (sowel as van hulle Transvaalse geesverwante) was gevestig op die volksvergadering — wat gehou sou word dadelik na die ontvangs van die regering se antwoord op die resolusie van Lichtenburg en vervolgens bevestig deur Kopjes en die volgende dag nog deur Frankfort sowel as deur verskeie ander byeenkomste, al was die bewoordings nie altyd dieselfde nie. Na die historiese plek waar al die volksonafhanklikheid prysgegee moes word, naamlik Vereeniging, sou almal opgeroep word. President Steyn het te kenne gegee dat hy ook sou deelneem as sy verswakte Iiggaam dit sou toelaat. Rocco de Villiers is aangewys as die sekretaris van die organisasie. Op die kommandantevergadering, wat dadelik na die eerste Kopjes-byeen- koms gehou is, het genl. De Wet dit as sy hoop te kenne gegee dat daardie groot volksaamtrek op Vereeniging moontlik al oor 'n dag of tien sou kan plaasvind.
Ongetwyfeld het baie die stille hoop sterker voel ontwikkel, dat Vereeniging, die graf van die onafhanklikbeid, binne 'n kort tyd die nuwe, die grotere onafhanklikbeid sou sien opstaan.
Hierdie eerste vergadering op Kopjes het met uitbundige geesdrif geëindig. Genl. De Wet het 'n mosie van waardering en steun ontvang. Vir genl. Hertzog is 'n mosie van dank aangeneem oor sy kragtige optrede in die spesiale parlementsitting. Drie hoera’s is vir genl. Beyers aangehef. Ook is dank betuig aan die prov. raadslid, die rebel Edwin Conroy. En nog drie hoera's vir skrywer, as redakteurr van 'Het Volk'. Ontroerende stilte het ingetree toe roubeklag oor die dood van genl. De la Rey voorgestel is.
En genl. De Wet is op die skouers van burgers rondgedra. Hom het hulle darem nog.
Maar die dertigste September het gekom en verbygegaan. Van die regering is geen die minste antwoord ontvang op die smeekbedes van die vergadering nie — nie eers 'n erkenning dat die besluite hulle bereik het nie.
Daardeur is die ontstellende mening bevestig dat die regering geen oor meer het vir die krete van die volk nie.
Die vergadering van offisiere van die Verdedigingsmag wat onmiddellik na die publieke byeenkoms plaasgevind het, is byeengeroep deur komdt. J. Meyer van hierdie wyk en is agter geslote deure gehou. Die notule is op versoek van genl. De Wet bewaar vir latere gebruik as dit wenslik mog word.
Ou staatmakers van die republikeinse kommando’s was daar sowel as jongere manne. Komdt. Hans Els van Heilbron het dadelik die vraag gestel: "Moet ons die voorbeeld van genl. Beyers volg en bedank, of het die tyd daarvoor nog nie aangebreek nie?” Hy verklaar dat genl. Beyers se rede vir bedanking ook sy rede is waarom hy nou wil bedank. Sy kollega, komdt. David van CoIIer, die onverskrokkene, het hom bitter daaroor geklaag dat die mond van die offisiere toegedruk is op die Vrystaatse kommandante-vergadering wat op 15 Augustus in Pretoria saamgeroep is deur genl. Smuts en Botha. Later is deur genl. Botha in die parlement gesê dat die volk die regering steun. Hy het aangeneem as offisier onder die vlag en sal getrou wees, hy sal die land verdedig, maar oor die grens gaan, sal hy nie. Die burgers sal ons nie volg na die oorlog toe nie. Hy meen dat die beslissing of die offisiere sal bedank met onderlinge raadpleging moet gebeur.
Die menings het uiteengeloop, soos by verdere bespreking duidelik geword het. Deur Conroy is aangevoer dat die regering sonder moeite die plekke kan aanvul van diegene wat nou sou uittree.
Genl. De Wet het nie deelgeneem nie, maar toe ’n aanwesige kom vra of 'n offisier van die Aktiewe Burgermag ook kan bedank, was hy dadelik met sy antwoord gereed: "Ek het Iankal bedank.” Wat hy bedoel het, was dat hy reeds na die uitsetting van genl. Hertzog as lid van die Verdedigingsraad afgetree het.
Daar was onder die sestig aanwesige offisiere blykbaar eenstemmigheid oor een punt: naamlik dat almal bereid sou gevind word om die land te verdedig, maar nie om oor die Iandsgrense te gaan vir 'n inval in 'n naburige gebied nie.
Die vergadering het geëindig met die eenparige besluit: volle vertroue in die kommandante, wat voor die einde van die maand ’n beslissing sal neem en dit aan mindere offisiere meedeel.
Die meeste van die aanwesiges was nog voor die volgende maand, Oktober, verby was as rebelle in die veld.
Vervolg...