WIE IS DIE SKULDIGES (41)

Harm Oost

"Die laaste opdrag van genl De Wet aan my was om aan die nageslag die waarheid te laat weet. Dit was soos 'n bevel, daarom skryf ek hier".

Lees reeks by Wie is die skuldiges

DIE DRIE KOPJESVERGADERINGS (3)

Die derde en Iaaste Kopjesvergadering was op 22 Oktober. Wat daar beslis sou word, kon mens al vooraf gesê het, naamlik dat niks meer 'n rebellie kon keer nie. Al op die eerste byeenkoms - dis op 23 September - het genl. De Wet vir die mense Iaat weet: "Ons het nou weer 'n besluit geneem om die regering te soebat om huIIe goddeIose politiek te Iaat vaar, maar dit sal ons Iaaste smeekbede wees”. En toe die regering hom nie eers verwerdig om notisie van daardie besluit te neem nie, het genl. De Wet gereken dat die tyd van aksie nou aangebreek het. Op die tweede byeenkoms, op 13 Oktober, was hy dit nie met sy dertien vriende eens nie, naamlik dat daar 'n deputasie na die Eerste Minister gestuur moes word. Dit sou vrugteloos wees. En dit was vrugteloos — en nog erger: dit het die kwaai bloed nog kwaaier gemaak.

Nou, op 22 Oktober, was genl. Beyers "al in die veld”, soos die rapporte van Transvaal gemeld het. Wat kon die Vrystaters anders doen as om ook maar "in die veld” te gaan?

Dit het nie beteken dat hulIe wou oorlog maak nie, ofskoon die oorlogstemming deur die haatlike gedrag van die "EngeIse" — dit is van die Engelssprekendes en die "Loyal Dutch” — ernstig opgesweep is. Die bedoeling was om deur magsvertoon die rege­ring tot ander insigte te bring soos dit meermale in die geskiedenis van die republieke probeer is, nie alleen in Transvaal nie, maar ook in die Vrystaat. Genl. De Wet het hom in hierdie dae weer herinner hoe daar jare gelede 'n gewapende protes georganiseer is teen die spoorweg-aanbou. Die Boere wou geen spoorweg hê nie, omdat dit huIIe van huIIe inkomste as transportryers sou beroof en omdat dit 'n "EngeIse" spoorweg sou wees. Die geweer was 'n onafskeidelike metgesel van die Boer in daardie dae en natuurlik het die wapen by sulke geleenthede saamgegaan. Om gewapend as ’n georganiseerde beweging in die veld te gaan, het nie juis ’n skietoorlog beteken nie, maar wel dat aan jou vertoë ekstra krag toegevoeg is.

Maar nou was die verhoudings tog ernstiger. Manie Maritz het sy kommando, wat van die Duitse grens af in die Duitse gebied gelas was, Iaat omdraai en sou met behulp van Duitse geskut en Duitse geweers (die geliefde mauser uit die Driejarige Oorlog) in die Unie intrek en die Unie tot 'n republiek verklaar. Die Duitse regering het onderneem om die Staat -  wat al die jare die liefIingsdroom was van elke Afrikanerpatriot — te erken. Dit is publiek bekend, en waarskynlik ook beligggaam in die dokument wat die keiser op 14 November aan genl. De Wet Iaat oorhandig het deur 'n Afrikanerseun. Dit was op Uintjieshoek, twee dae na die geveg op Mushroom Valley en twee dae voor die slag van Virginia. Die afgesant was van Holland af gestuur en het by die rebellie aangesluit. Op genl. De Wet se gedrag het die keiserIike dokument nie die minste invloeg gehad nie. Hy het dit in sy sak gesteek, en toe ons later tussen die vyande deur moes sukkel, terwyl daar nog net vyf van ons oor was, het hy dit in 'n ploegland onder 'n sooi weggesteek. Dit was in die distrik Wolmaransstad.

Manie Maritz kon nie in die steek geIaat word nie, maar daar moes aansluiting by hom verkry word, veral omdat hy die nodige oorIogsmateriaal sou kon bring, want die Boere was feitlik ongewapend. Maritz was die groot aantrekkingskrag. Die oorlog in Europa het baie sleg vir die Engelse en hulle bondgenote verloop. Die Duitse Iegioene het al amper Parys bereik, en die opinie was algemeen dat met die val van die Franse hoofstad die einde van die Europese oorlog bereik sou word, soos dit die geval was in 1870-1871. Die mense was nie Duitsgesind nie. Wyle genl. De la Rey het die Boere-opinie kort voor sy gewelddadige dood helder in 'n paar woorde weergegee, toe hy verklaar het: " ’n Engelsman is ek nie, en 'n Duitser wil ek nie wees nie.” En as versigtige mense vir genl. De Wet aanraai: "Laat ons dan maar wag tot die oorlog in Europa deur die Duitsers gewen is,” was die antwoord, wat 'n mens van hom kon verwag, naamlik:  "Ek skop nie n dooie hond nie.”

Manie Maritz het, tereg, bekend gestaan as 'n Boereheld. Genl. De Wet het hom persoonlik geken. As seun van 23 jaar het hy onder hom geveg; eers in die poging om genl. Piet Cronjé en sy kommando’s te red. Manie was toe 'n lid van Kappie Theron se verkennerkorps. Genl. Cronjé se hardkoppigheid het die debakel van Paardenberg ten gevolge gehad, maar Maritz was onder diegene wat in die veld gebly het. En na Kappie Theron gesneuwel het, is hy weer as spioen onder genl. De Wet werksaam. Onder hom het hy die twee mislukte pogings om in die Kolonie deur te breek saam deurgemaak. Maar by die Iaaste probeerslag is hy, onder Wynand Malan, op 'n spioentog gestuur in die rigting van Philippolis. HuIIe was net vyf-en-twintig man, flukse kêrels met 'n wakkere offisier. In die nag het hulle die dorp Philippolis geneem — en hulle is die Kolonie in. Dit was begin 1901. En daar het Manie Maritz tot die droewige einde van die Driejarige Oorlog geveg, groot roem verwerf en as generaal geëindig. Maar hy het nie die eed afgelê aan die Britse koning nie. Hy is in Duitswes in en daarna Europa toe, tot hy via Madagaskar in sy vaderland teruggekom het, vasbeslote om die verlore onafhanklikheid te herwin as die dag daarvoor aanbreek.

Op Manie Maritz kon 'n man reken, en hy sou op genl. De Wet kon reken. Op die Iaaste Kopjesvergadering — wat ook 'n private byeenkoms van offisiere was, ofskoon daar baie burgers opgekom het — het genl. Kemp reeds met genl. De Wet ooreengekom: hulle sou altwee Maritz tegemoet trek, Pretoria toe. Daar sou hulle die vlag hys, net soos genl. De la Rey op 15 Augustus en daarna op 15 September van plan was om te doen. Die 600 helde van die westelike Transvaal, onder Ieiding van Kemp en Bezuidenhout, het in hul plan geslaag, ofskoon nie in hulle doel nie. Conroy. J. J. Pienaar, Jopie Fourie en ander het, nes genl. De Wet, plan en doel gemis.

Op Maandagmore 26 Oktober, het ons twee (genl. De Wet en skrywer) gery van Allanvale, later die woonplaas van minister N. C. Havenga, na Eben, die plaas van Mart Krog, by die dorpie Memel in die oostelike Vrystaat. 'n Paar van ons het al 'n nag waggestaan, omdat daar rapporte ingekom het van 400 Natal Carabiniers, ons ou vyande van die Driejarige Oorlog, wat genl. De Wet sou kom oorval. Die generaal se vryheid en selfs sy Iewe was al Iankal in gevaar. Die verwagting was dat pogings aangewend sou word om hom te arresteer, want die polisie het voortdurend sy bewegings dopgehou. En president Steyn het, toe genl. De Wet en 'n paar van sy offisiere hom op 12 Oktober besoek het (dit was die oggend van die befaamde "Bekendmaking of Manifest" en van die afkondiging van die krygswet) een van die offisiere, komdt. Gawie van Dyk, dit op die hart gedruk om tog nie die ou generaal te Iaat vang nie. Ook was daar bedreigings met sluipmoord. Maar dit alles het op genl. De Wet nie die minste indruk gemaak nie. Hy het hom vryelik beweeg, soos altyd, net aanmerkIik meer as in gewone tye.

Die Maandagmore dan, toe ons die Iang afdraande na Memel te perd afry, het die generaal gelyk of daar 'n las van kom af gelig is. Die beslissing het gevaI. Die worsteling vir helderheid is verby en die oomblik van aksie het aangebreek.

Daar is min gepraat. Hy het 'n paar onvergeetlike woorde gesê: "Dis die Iaaste keer, wat ek my Iyf sal ingooi vir die voIk. As dit verby is, gaan ek na my plaas terug, en niemand sal my daar ooit weer afkry nie.” Hy was sestig jaar en ’n drietal weke oud: sy verjaarsdag was 7 Oktober. Sy baard was al sterk grys, maar sy oog en sy mond onwrikbaar vas. Die spiere van sy sterk Iyf was nog soepel. Sy band het die teuel kragtig gebou  -  die regterhand dra die sambok.

Toe hy na baie maande terugkom, was hy 'n gebroke man. Die martelinge wat hy moes ondergaan, het sy Iiggaamskragte gebreek, maar nie sy gees nie en nog minder die Iiefde vir sy volk.

Op Mart Krog se plaas het 'n klompie mense, ruim 25 in getaI, die generaal afgewag. 'n Paar, onder wie "VoeItjie” Muller en sy broer, het van Natal af gekom. Hier was die afskeid. Genl. De Wet se sewe seuns en skoonseun (komdt. Frans Mentz) was almal onder die klein kommando. Die jongste was Hendrik, klein van bou en nog jonk van jare. Hy het nog 'n kortbroek gedra. Sy pa wou hê dat hy moes agterbly. Maar mevrou De Wet wou dit nie toelaat nie. Die toegewydheid van die Boervrouens in hierdie dae was groot, soos altyd in kritieke oomblikke van die nasionaIe Iewe, en mevrou De Wet, uit die Driejarige Oorlog bekend as die sterk Boervrou by uitnemendbeid, was 'n voorbeeld vir al haar susters van die volk. Sy was baie bewoë, maar nie minder beslis nie. Haar man pleit ernstig en aanhoudend by haar om Hendrik te Iaat bly.

"JuIIe is net vroumense op die plaas, julle is sonder enige mansbeskerming: Iaat Hendrik vir julle help.” Maar mevrou de Wet wou nie. Deur haar trane heen, terwyl sy afskeid neem, sê sy: "Ou man, as jou Iewe nie te goed is om geoffer te word vir jou volk nie, dan Hendrik s’n ook nie.”

En genl. De Wet, die onversetlike, moes ingee vir die onwrikbare volksliefde van sy vrou. So is daar nege mans uit haar gesin op kommando.

Toe die klompie mense wegry na die kant van Vrede, was daar 'n stilte tussen hulle. Daar was ook iets kosbaars gebêre in die skaarse pakgoedjies. Net enkeles het daarvan geweet, maar almal het dit in hulle harte gedra. Dit was 'n vlag -  'n Vyfkleur van historiese waarde, 'n kombinasie van die Vrystaat­se en Transvaalse vlae. Die vlag is gemaak deur 'n komitee van dames met mej. Ferreira as voorsitster. Sy het dit in die Driejarige Oorlog aan genl. De Wet oorhandig en hy het dit met hom saamgedra die hele tyd dat hy tussen die vyand moes deurvleg en partykeer deurveg. Toe dit duidelik geword het dat die ideaal wat die vlag versinnebeeld het, nie nou kon verwesenlik word nie, het die generaal dit, saam met belangrike dokumente, weggesteek in 'n klipskeur naby die Vaalrivier. Na die vrede gesluit is, het hy dit gaan soek en gevind -  ook die Vyfkleur, ofskoon grasbrande dit effens beskadig bet.

Al die jare is daardie vlag weggesteek, en ook nou kan dit nog nie getoon word nie. Maar moontlik sal dit kan gehys word, binnekort, wie weet, as ons op Pretoria kom. Dis die generaal se ambisie, dat hierdie vrye vlag dan gehys moet word. Naderhand sal die onafhanklike Suid-Afrika wel 'n ander vlag kry, maar dan het hierdie historiese doek sy werk gedoen en hy sal dit weer saamneem na sy huis, tot nagedagtenis van sy volk.

Dis hoe die generaal enkele dae na die kommando’s begin trek en sterk aangegroei het, sy mense ingelig en daarop die Vyfkleur weer sorgvuldig gebêre het, want Pretoria was nog ver . . .

Ook het hy dit afgekeur dat sy kommando’s ontydige dade doen, soos bv. om die Vierkleur rond te dra of om 'n Ianddros aan te stel, wat op Heilbron gebeur het. Die dag daarvoor het nog nie aangebreek nie, meen hy.

Die eerste toespraak deur hom na hy in die veld gegaan het, is by die oorlogsmonument gehou op Vrede. Daar het hy openlik verklaar wat sy doel is en die beweegredes vir sy dade. En hy het dit op 'n felle manier gedoen, want die magistraat daar, mnr. Fraser, was 'n "EngeIsman” (ofskoon hy pres. Steyn se swaer was) en steeks soos 'n onwillige donkie.

Daardie vergadering is op historiese grond gehou, naamlik by die monument ter herinnering aan die gevalle burgers en offisiere uit die Driejarige Oorlog. President Steyn het dit in 1911 onthul. Hy het by daardie geIeentheid 'n profetiese waarskuwing geuiter, wat ongelukkig deur die regeerders van die tyd in die wind geslaan is. Die president het gesê:

"AS die volk eenmaal die gedagte kry dat die verdedigingsmag bedoel is om hulle te denasionaliseer, dan sal daar 'n einde kom aan alle samewerking en hulle sal met die Boer niks aanvang nie."

Hierdie toespraak van die president was nog maar drie jaar gelede (in 1911) gehou en is reeds nou 1914 bewaarheid.

Die kommando’s van opstandelinge het vinnig saamgestroom, soos water wat oor 'n damwal stoot, en binne n paar weke was daar in die noordelike Vrystaat sowat 'n tienduisend Boere in die veld. Van die begin af al is daar van die president se kant met hartstogtelike volharding pogings aangewend om onderhandelings tussen die regering en die opstandelinge te bewerkstellig, nog voor daar ernstige botsings kon plaasvind. Want as die bloed eenmaal geloop het, sou ’n noodlottige burgeroorlog met al sy verwoestings land en volk verder verskeur.

Vervolg...