BOEKRESENSIE: DIE STREWE EN STRYD VAN ONS VOLK, 1902 - 1994

Mike du Toit is nou aan die einde van 2010 ongeveer 9 jaar verhoorafwagtend in die Boeremagsaak.  Sy vrou is vanaf 2008  werkloos en dis vir haar ‘n groot stryd om kop bo water te hou.  Mike het gevolglik die artikelreeks wat hy van 1996 tot 1998 in Die Afrikaner gepubliseer het met ongeveer 15 hoofstukke aangevul en as ‘n boek gepubliseer getiteld “Die Strewe en Stryd van ons Volk, 1902 – 1994.”

Ons beveel hierdie boek aan as 'n moet om te lees en as 'n kosbare naslaanwerk vir indiepte artikels oor ons volk.

Die boeke kan aangekoop word by:

L.W. Bienedell, Posbus 3095,Pretoria, 0001.
Dit is ook bestelbaar per e-pos by
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of per SMS by
082 663 1881 of telefonies by
012 329 4083 0f 082 663 1881.

Hier volg 'n volledige uiteensetting van verwysing na die inhoud:

Titel van boek: Die Strewe en Stryd van ons Volk 1902 – 1994

Prys: R210 posgeld ingesluit, R200 sonder posgeld
Formaat: Boekgrootte A5, skrifgrootte Times New Roman 10, 370 bladsye, bronnelys, indeks.

Het u geweet dat die ANC-SAKP op 16 Desember 1961, die PAC in Januarie 1962 en sekere linkse Blankes in Mei 1964 'n oorlog teen Blanke- en Afrikaner oppergesag oor Blank Suid-Afrika begin het?  Het u geweet dat dié Oorlog in September 1984 tot 'n openlike binnelandse oorlog ontwikkel het?  Het u geweet dat die KODESA-onderhandelinge maar net die vredesonderhandelinge van dié Oorlog was, waartydens die mag aan die ANC-SAKP oorgedra is?

Die bestek van die boek

Dié boek poog om op 'n bondige wyse die Suid-Afrikaanse geskiedenis van 1902 tot 1994, met spesifieke verwysing na ons volk en sy stryd om homself te handhaaf, weer te gee.  Die gebeure word breedweg geïnterpreteer teen die agtergrond van:
■  wie ons volk is en hoe ons strewe tot uitdrukking gekom het in die politieke stryd van 1902 tot 1994;
■  wie ons vyande is en hoe hulle strewe tot uitdrukking gekom het in hulle stryd teen ons;
■  twee teenoorstaande Suid-Afrikaanse politieke tradisies;
■  drie hooftydperke; en
■  ses belangrike datums.

Wie is ons volk

Ons volk is gebore uit die Nederlanders, Duitsers en Franse wat hulle sedert 1652 aan die Kaap gevestig het.  Na die finale Britse oorname van die Kaap in 1806 en vanweë die omstandighede wat toe geheers het, het baie Afrikaners die Kaap verlaat en die binneland ingetrek om die Zuid-Afrikaansche- en Oranje-Vrystaatse Boererepublieke tot stand te bring.

Ons volk word gekenmerk deur:
■ dit wat hom onderskei van die Nie-Blanke volkere in ons land, naamlik sy Blanke rasidentiteit (baie nou gekoppel daaraan is ons volk se lewensbeskouing van rasse-onderskeid en –segregasie, gevorm deur baie eeue se kontak met die Nie-Blanke volkere); en
■  dit wat hom onderskei van die ander Blankes in ons land, naamlik Afrikaans, 'n taal wat uit 17de eeuse Nederlands ontwikkel het.

Wat is die strewe van ons volk

Die strewe van ons volk, soos blyk uit sy geskiedenis, is:
■ om homself fisies te handhaaf in 'n vyandige kontinent;
■ om sy eie identiteit te beskerm en uit te bou;
■ om homself te regeer in sy eie staat;
■ om dié staat ekonomies ten volle selfstandig en onafhanklik te maak; en
■ om in dié staat die rasse- en volkere verhoudinge te orden aan die hand van ons lewensbeskouing dat elke volk die reg het om in sy eie gebied tot sy volle reg te kom.

Toe ons volk nog in sy kinderskoene gestaan het, het hierdie strewe hom sommer gou in stryd met sy Nederlandse- en Britse heersers gebring.  Alreeds vroeg in die 17de eeu het die stryd oorgegaan in die vorm van óf militêre konflikte óf trekbewegings.  So byvoorbeeld is daar vanaf die 17de tot die 19de eeu verskeie oorloë geveg teen die Khoikhoi, Xhosas, Zoeloes, Matabeles, Britte en nog talle ander volkere en groepe.  Wanneer die omstandighede egter onuithoudbaar geword het, het ons mense doodeenvoudig op trek gegaan soos blyk uit die optrede van die Trekboere, Voortrekkers, Dorslandtrekkers en ander soortgelyke gebeure.

Hierdie situasie het egter in die 20ste eeu heeltemal verander.  Waar die stryd voorheen hoofsaaklik in die vorm van óf militêre konflikte óf trekbewegings was, het dit toe in 'n party-politieke stryd oorgegaan.

In die geval van 'n militêre konflik is daar strydende soldate, veldslae en uiteindelik vredesooreenkomste.  In die geval van 'n party-politieke stryd is daar politieke partye, verkiesings en uiteindelik wetgewing.  Vir sovêr dit die 20ste eeuse Suid-Afrikaanse politieke stryd aanbetref, is dit dus inderdaad soos Lenin gesê het dat die politieke stryd bloot 'n voortsetting van die militêre stryd met ander middele is.  Of soos Alfred Milner dit in 1902 gestel het:  "It is no longer war with bullets, but it is war still."

Wie is die vyande van ons volk

Die 20ste eeuse Suid-Afrikaanse politieke stryd was uiters omvattend.  In dié stryd het ons volk teen 'n magdom binnelandse- en buitelandse vyandige groepe te staan gekom wat almal tot 'n mindere of meerdere mate teen hom saamgewerk het, te wete:
■  die aanvanklike Britse- en latere Amerikaanse imperialisme en hulle Suid-Afrikaanse handlangers;
■ die Blanke geldmag, wat hoofsaaklik 'n Britse- en Amerikaanse geldmag is en dus baie nou gekoppel is aan die Britse- en Amerikaanse imperialisme, maar wat later ook 'n Afrikaner element bygekry het;
■ die Blanke liberaliste, wat altyd die kant van die Nie-Blankes teen ons volk geneem het met die doel om rasse-gelykheid en –integrasie te bevorder, wel wetende dat dit die einde van Blanke- en Afrikaner gesag oor Blank Suid-Afrika sou beteken;
■ die Nie-Blanke belangegroepe wat geveg het vir politieke regte vir Nie-Blankes met die uiteindelike doel om óf 'n veelrassige gemeenskap (African National Congress) óf 'n Afrikanistiese gemeenskap (Pan African Congress) in ons land tot stand te bring; en
■ die kommuniste wat ten gunste van die nasionalisering van sekere Suid-Afrikaanse ekonomiese belange is; soos myne, banke en industrieë; en wat baie nou gekoppel is aan sekere Nie-Blanke belangegroepe soos byvoorbeeld die African National Congress.

Die twee tradisies van die 20ste eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis

Reg van die begin van ons volk se geskiedenis het daar twee politieke tradisies in ons land tot stand gekom.  Die eerste een is die tradisie van Afrikaner nasionalisme wat ten doel het die voortbestaan en selfverwesenliking van ons volk.  Dié tradisie is in die 19de eeu verteenwoordig en geformuleer deur Presidente Paul Kruger en M. T. Steyn asook die "bittereinders" van die Tweede Vryheidsoorlog.  Die tweede een is die tradisie van Afrikaner vyandskap en –verloëning wat ten doel het om ons volk te ontmagtig en hom te laat buig soos sy vyande hom wil hê.  Dié tradisie is in die 19de eeu verteenwoordig deur die Britse imperialiste Cecil John Rhodes en Alfred Milner en die "hensoppers" en "joiners" van die Tweede Vryheidsoorlog.

Die tradisie van Afrikaner nasionalisme is in die 20ste eeu voortgesit deur:
■ Oud-President M. T. Steyn;
■ Generaals J. B. M. Hertzog, Christiaan de Wet, Koos de la Rey, Christiaan Beyers, Manie Maritz en Jan Kemp;
■ Doktore D. F. Malan, E. G. Jansen, H. F. Verwoerd en N. J. van der Merwe asook Advv. J. G. Strijdom, C. R. Swart en Eric Louw;
■ kultuurleiers soos Dr. H. J. Terblanche;
■ Dr. Albert Hertzog en Mnre. Jaap Marais, Willie Marais en Louis Stofberg; en
■ Afrikaner kerke en -organisasies soos die Nederduits Gereformeerde Kerk en die Afrikaner-Broederbond aan die begin van die 20ste eeu.

Die tradisie van Afrikaner vyandskap en -verloëning is in die 20ste eeu voortgesit deur:
■ Generaals Louis Botha en J. C. Smuts;
■ intellektuele soos Jan Hofmeyr;
■ kerklikes soos Beyers Naudé;
■ kommuniste soos Abraham Fischer;
■ Mnre. John Vorster, P. W. Botha, F. W. de Klerk, R. F. (Pik) Botha, Roelf Meyer en Leon Wessels;
■ Dr. Frederick van Zyl Slabbert, Prof. Abraham Viljoen, Generaals Constand Viljoen en Tienie Groenewald, Mnr. Dries Bruwer en Dr. Piet Gouws; en
■ Afrikaner kerke en -organisasies soos die Nederduits Gereformeerde Kerk en die Afrikaner-Broederbond aan die einde van die 20ste eeu.

Die drie tydperke van die 20ste eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis

Die tydperk van 1902 tot 1994 kan in drie vêrdere tydperke onderverdeel word, elkeen met drie hoofpersoonlikhede, te wete:
■ die tydperk van 1902 tot 1948, wat getipeer kan word as 'n tydperk waarin sekere Afrikaners (spesifiek Hertzog) weer ons volk se mag probeer opbou het na die onderwerping van die twee Boererepublieke.  Die hoofpersoonlikhede van dié tydperk is Generaals Louis Botha, J. C. Smuts en J. B. M. Hertzog;
■ die tydperk van 1948 tot 1966, wat getipeer kan word as 'n tydperk waarin ons volk se gesag oor ons land 'n hoogbloei beleef het.  Die hoofpersoonlikhede van dié tydperk is Dr. D. F. Malan, Adv. J. G. Strijdom en Dr. H. F. Verwoerd; en
■ die tydperk van 1966 tot 1994, wat getipeer kan word as 'n tydperk waarin ons volk se gesag oor ons land verbrokkel het en uiteindelik vernietig is.  Die hoofpersoonlikhede van dié tydperk is Mnre. B. J. Vorster, P. W. Botha en F. W. de Klerk.

Alternatiewelik kan die tydperk van 1902 tot 1994 in twee tydperke onderverdeel word, naamlik:
■ die tydperk van 1902 tot 1961 waartydens ons volk homself ontworstel het van 'n buitelandse Blanke imperialistiese mag, te wete Groot Brittanje; en
■ die tydperk van 1961 tot 1994 waartydens ons volk toenemend in konflik gekom het met 'n binnelandse Swart imperialistiese mag, te wete die ANC.

Die ses belangrike datums van die 20ste eeuse Suid-Afrikaanse geskiedenis

In die geskiedenis van ons volk en land in die 20ste eeu is daar vyf datums van besondere belang, naamlik:
■ die jaar 1902 toe die Britse Ryk die Zuid-Afrikaansche- en Oranje-Vrystaatse Boere¬republieke verower en daarmee Britse oppergesag oor ons land en volk gevestig het;
■ die jaar 1934 toe Hertzog die Statuswette deurgevoer het, wat die gesag van die Britse Parlement oor ons land in die ban gedoen en die gesag van die Suid-¬Afrikaanse Parlement oor ons land gevestig het;
■ die jaar 1948 toe die Herenigde Nasionale Party of Volksparty en die Afrikaner Party aan bewind gekom en daarmee ons volk se oppergesag oor Blank Suid-Afrika gevestig het;
■ die jaar 1961 toe ons volk die laaste oorblyfsels van die Britse gesag oor ons land vernietig het deur van ons land 'n republiek te maak.  Terselfdertyd is dit die datum waarop die ANC 'n stryd teen ons volk begin het om oppergesag oor ons land te verkry wat uiteindelik uitgeloop het op die Derde Vryheidsoorlog;
■ die jaar 1966 toe Dr. H. F. Verwoerd deur die kommunis Tsafendas vermoor is en daarmee die basis gelê is vir die uiteindelike vernietiging van ons volk se gesag oor Blank Suid-Afrika; en
■ die jaar 1994 toe die African National Congress die mag bekom het, waarna ons land en volk weer deur 'n vreemde gesag regeer word, dié keer deur 'n Swart kommunistiese gesag.

Die outeur

Die outeur, Mike du Toit, is ‘n oud-dosent met verskeie akademiese kwalifikasies waaronder ‘n Honneursgraad in Geskiedenis en ‘n Meestersgraad in Filosofie.

Die outeur hoop dat u by die lees van hierdie boek 'n belangstelling in ons volk se 20ste eeuse politieke stryd sal ontwikkel en weer die opofferings van vorige Afrikaner nasionaliste, in hulle stryd om ons volk te handhaaf en uit te bou, sal waardeer.  Hy is ook die skrywer van:

■ RAS, VOLK, TAAL EN RELIGIE:  OPSTELLE OOR ONS INDO-EUROPESE EN GERMAANSE VOORGESKIEDENIS EN IDENTITEIT,

en

■ PARADIGMAS, WETENSKAPSREWOLUSIES, DISKONTINUÏTEIT EN KONTINUÏTEIT BY DIE STUDIE VAN DIE EUROPESE VOORGESKIEDENIS.

Die boeke kan aangekoop word by:

L.W. Bienedell, Posbus 3095,Pretoria, 0001.
Dit is ook bestelbaar per e-pos by
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  of per SMS by
082 663 1881 of telefonies by
012 329 4083 0f 082 663 1881.

Hoofstukke van die boek “Die Strewe en Stryd van ons Volk 1902 – 1994”

I. INLEIDING

II. DEEL I:  DIE TYDPERK VAN 1902 TOT 1948:  DIE HEROPBOU VAN AFRIKANER MAG

1. KENMERKE VAN DIE TYDPERK
2. DIE SITUASIE NA DIE TWEEDE VRYHEIDSOORLOG 
3. DIE AFRIKANER VOLK STAAN WEER OP
4. DIE TOTSTANDKOMING VAN DIE UNIE VAN SUID-AFRIKA
5. HERTZOG BOTS MET BOTHA
6. DIE BASIS VIR GEBIEDSKEIDING TUSSEN BLANK EN SWART IN SUID-AFRIKA WORD GELÊ
7. DIE 1914-REBELLIE
8. DIE STRYD TUSSEN HERTZOG EN BOTHA WORD ‘N  STRYD TUSSEN HERTZOG EN SMUTS 
9. DIE 1922-STAKING
10. HERTZOG SE STAATSREGTELIKE BELEID
11. HERTZOG SE ARBEIDS-, EKONOMIESE- EN KULTURELE BELEID
12. HERTZOG SE NIE-BLANKE BELEID
13. KOALISIE TUSSEN DIE NASIONALE PARTY EN SUID-AFRIKAANSE PARTY
14. SAMESMELTING TUSSEN DIE NASIONALE PARTY EN SUID-AFRIKAANSE PARTY 
15. HOEKOM HERTZOG VAN STANDPUNT VERANDER HET
16. SMUTS UITOORLÊ HERTZOG EN WORD EERSTE MINISTER
17. AFRIKANER VERDEELDHEID I:  DIE STRYD TUSSEN DIE NASIONAALGESINDE AFRIKANERDOM EN SMUTS
18. AFRIKANER VERDEELDHEID II:  DIE STRYD TUSSEN DIE REPUBLIKEINSGESINDE GESUIWERDE NASIONALE PARTY EN HERTZOG 
19. AFRIKANER VERDEELDHEID III:  DIE STRYD TUSSEN DIE HERENIGDE NASIONALE PARTY EN DIE OSSEWA-BRANDWAG
20. SMUTS VERLOOR DIE 1948 ALGEMENE VERKIESING EN DR. MALAN KOM AAN BEWIND

III. DEEL II:  DIE TYDPERK VAN 1948 TOT 1966:  DIE HOOGBLOEI VAN AFRIKANER MAG

21. KENMERKE VAN DIE TYDPERK
22. DIE BETEKENIS VAN 26 MEI 1948
23. DR. MALAN EN DIE REPUBLIKEINSE STREWE
24. DR. MALAN EN DIE BELEID VAN APARTHEID
25. SWART- EN LINKSE BLANKE REAKSIE OP DIE BELEID VAN APARTHEID
26. DR. MALAN SE BELEID TEENOOR SUID-AFRIKA SE BUURSTATE
27. DIE GELEIDELIKE GROEI VAN DIE NASIONALE PARTY EN VERVAL VAN DIE VERENIGDE PARTY
28. "DIE LEEU VAN DIE NOORDE" WORD DIE EERSTE MINISTER VAN SUID-AFRIKA
29. ADV. STRIJDOM SIT DIE BELEID VAN APARTHEID VOORT
30. ADV. STRIJDOM SE BUITELANDSE BELEID 
31. DR. VERWOERD WORD EERSTE MINISTER EN LEI SUID-AFRIKA TOT REPUBLIEKWORDING
32. DIE BETEKENIS VAN 31 MEI 1961
33. DR. VERWOERD SE BLANKE BEVOLKINGS-, OPVOEDKUNDIGE- EN KULTURELE BELEID 
34. DR. VERWOERD SE EKONOMIESE- EN MILITÊRE BELEID
35. DR. VERWOERD OMSKEP DIE BELEID VAN APARTHEID TOT DIE BELEID VAN AFSONDERLIKE
ONTWIKKELING
36. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG I:  DIE STRYD BEGIN
37. DR. VERWOERD SE BELEID TEENOOR SUID-AFRIKA SE BUURSTATE
38. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA I:  DIE STRYD BEGIN
39. DIE VERLOOP VAN DIE LINKSE BLANKE POLITIEK I
40. DIE BINNELANDSE POLITIEKE AANSLAG TEEN DR. VERWOERD
41. DIE KERKLIKE AANSLAG TEEN DR. VERWOERD
42. DIE BUITELANDSE- EN "KULTURELE" AANSLAG TEEN DR. VERWOERD 
43. DIE GELDMAG SE AANSLAG TEEN DR. VERWOERD 
44. DIE MOORD OP DR. VERWOERD

IV. DEEL III:  DIE TYDPERK VAN 1966 TOT 1994:  DIE VERBROKKELING VAN AFRIKANER MAG

45. KENMERKE VAN DIE TYDPERK
46. JOHN VORSTER WORD EERSTE MINISTER VAN SUID-AFRIKA 
47. VORSTER SE SPORTBELEID
48. VORSTER SE "UITWAARTSE"-BELEID
49. VORSTER SE BELEID TEN OPSIGTE VAN DIE SWART TUISLANDE
50. VORSTER SE BELEID TEENOOR DIE KLEURLINGE
51. DIE SWART BEWUSSYN-BEWEGING EN DIE SOWETO-OPSTANDE VAN 1976
52. VORSTER BEGIN OM BLANK SUID-AFRIKA TE VERNIETIG
53. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE I:  DIE HERSTIGTE NASIONALE PARTY KOM TOT STAND
54. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE II:  DR. ALBERT HERTZOG TREE NA VORE VIR ONS VOLK
55. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE III:  DIE ALGEMENE VERKIESING VAN 1970 EN DIE HNP-SKEURING VAN 1970 – 1971
56. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE IV:  DIE ALGEMENE VERKIESING VAN 1974 EN DIE TUSSENVERKIESINGS VAN 1975
57. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE V:  DIE HNP 1977 TERUGSLAE
58. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE VI:  MNR. JAAP MARAIS TREE NA VORE VIR ONS VOLK
59. VORSTER SE EKONOMIESE BELEID EN DIE GEVOLGE DAARVAN VIR DIE BLANKE BEVOLKING
60. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG II:  DIE ANC-SAKP EN PAC SE IDEE VAN ‘N VOLKSOORLOG
61. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA II:  MOSAMBIEK EN ANGOLA
62. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA III:  RHODESIË
63. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA IV:  SUIDWES-AFRIKA
64. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE VII:  DIE STRYD OM DIE BEHOUD VAN BLANK SUIDER-AFRIKA
65. DIE VERLOOP VAN DIE LINKSE BLANKE POLITIEK II
66. DIE INLIGTINGSKANDAAL EN DIE VAL VAN VORSTER
67. P. W. BOTHA WORD EERSTE MINISTER VAN SUID-AFRIKA
68. DIE 1983-KONSTITUSIE
69. BOTHA GEE DIE SWARTES POLITIEKE MAG IN BLANK SUID-AFRIKA
70. BOTHA VERNIETIG "KLEIN APARTHEID"
71. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE VIII:  DIE 1979-TUSSENVERKIESINGS
72. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE IX:  DIE 1981 ALGEMENE VERKIESING
73. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE X:  DIE 1982 MUNISIPALE VERKIESINGS
74. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XI:  DIE KONSERWATIEWE PARTY KOM TOT STAND
75. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XII:  DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HNP EN KP EN DIE 1982 TUSSENVERKIESINGS
76. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XIII:  DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HNP EN KP, DIE "STRYD VAN DIE BERGE," DIE MIDDELBURG-TUSSENVERKIESING EN DIE 1983 REFERENDUM
77. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XIV:  DIE SOUTPANSBERG-TUSSENVERKIESING, DIE STIGTING VAN DIE AFRIKANER VOLKSWAG EN DIE 1984 TUSSENVERKIESINGS
78. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XV:  DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HNP EN KP, DIE KLIPRIVIER-TUSSENVERKIESING EN DIE 1987 ALGEMENE VERKIESING
79. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XVI:  DIE 1988 TUSSENVERKIESINGS, DIE VOLKSTAAT-IDEE, GROOT TREK 150 EN DIE AANLOOP TOT DIE 1989-VERKIESING
80. BOTHA SE EKONOMIESE BELEID EN DIE GEVOLGE DAARVAN VIR DIE BLANKE BEVOLKING
81. BOTHA SE ARBEIDSBELEID
82. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG III:  DIE KABWE-KONFERENSIE EN DIE "VIER PILARE VAN REWOLUSIE"
83. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG IV:  DIE VIER BURGERLIKE FASES VAN DIÉ OORLOG
84. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG V:  SWART SKOOLBOIKOTTE AS ‘N VERSKYNINGSVORM VAN DIÉ OORLOG
85. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG VI:  SWART VERBRUIKERSBOIKOTTE AS ‘N VERSKYNINGSVORM VAN DIÉ OORLOG
86. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG VII:  SWART HUUR- EN DIENSTETARIEWE-BOIKOTTE AS ‘N VERSKYNINGSVORM VAN DIÉ OORLOG
87. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG VIII:  BUITELANDSE SANKSIES AS ‘N VERSKYNINGSVORM VAN DIÉ OORLOG:  DIE FINANSIËLE KRISIS VAN 1985
88. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG IX:  BUITELANDSE SANKSIES AS ‘N VERSKYNINGSVORM VAN DIÉ OORLOG:  DIE ROL VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN BRITTANJE
89. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG X:  BUITELANDSE SANKSIES AS ‘N VERSKYNINGSVORM VAN DIÉ OORLOG:  ISRAEL EN JAPAN PAS OOK SANKSIES TOE
90. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG XI:  DIE GEPAARDGAANDE MAGSTRYD TUSSEN INKATHA EN DIE ANC
91. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA V:  MOSAMBIEK
92. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA VI:  DIE EINDE VAN RHODESIË
93. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA VII:  DIE EINDE VAN AFSONDERLIKE ONTWIKKELING IN SUIDWES-AFRIKA
94. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA VIII:  DIE "NIE-WEN" OORLOG TEEN SWAPO
95. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA IX:  VAN DIE VEELPARTYKONFERENSIE TOT DIE GRONDWETGEWENDE RAAD IN SUIDWES-AFRIKA
96. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA X:  SUIDWES-AFRIKA VAN CUITO CUINAVALE TOT DIE BERG ETJO-BYEENKOMS
97. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XVII:  DIE STRYD OM DIE BEHOUD VAN SUIDWES-AFRIKA
98. DIE VERLOOP VAN DIE LINKSE BLANKE POLITIEK III
99. DIE NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK EN AFRIKANER-BROEDERBOND DRAAI TEEN AFSONDERLIKE ONTWIKKELING
100. BOTHA WORD GEDWING OM AS PRESIDENT TE BEDANK
101. F. W. DE KLERK WORD PRESIDENT VAN SUID-AFRIKA
102. DE KLERK VERNIETIG BLANK SUID-AFRIKA I:  DIE NP-REGERING EN DIE ANC BEGIN ONDERHANDEL
103. DE KLERK VERNIETIG BLANK SUID-AFRIKA II:  VAN KODESA I TOT ’N NUWE TUSSENTYDSE GRONDWET
104. DE KLERK VERNIETIG BLANK SUID-AFRIKA III:  VAN DIE UITVOERENDE OORGANGSREGERING TOT MANDELA AS PRESIDENT
105. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XVIII:  DIE 1989 VERKIESING EN 1990 BOMONTPLOFFINGS
106. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XIX:  VEKOM KOM TOT STAND EN GENL. GROENEWALD TREE NA VORE
107. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XX:  DIE BKA KOM TOT STAND EN HULLE BESETTING VAN PRETORIA LEI TOT IDASA SE CONSERVATIVE DIALOGUE PROGRAMME
108. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXI:  DIE POTCHEFSTROOM-TUSSENVERKIESING EN DIE MAART 1992 REFERENDUM
109. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXII:  PROF. VILJOEN GEE DIE CDP VÊRDERE BESLAG
110. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXIII:  DIE KP SKEUR, DIE AVU KOM TOT STAND EN GENL. VILJOEN TREE NA VORE
111. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXIV:  DIE AFRIKANER VOLKSFRONT WORD GESTIG
112. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXV:  DIE WÊRELDHANDELSENTRUM-DEMONSTRASIE EN DIE AVF SE AFSTIGTINGSPLAN
113. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXVI:  DIE AVF ONDERHANDEL MET DIE ANC
114. GEBEURE BINNE NASIONALISTIESE AFRIKANER GELEDERE XXVII:  DIE AVF PAS SY TWEELEDIGE STRATEGIE OOK OP REGSE NASIONALISTIESE AFRIKANERS TOE
115. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG XII:  OPERASIE VULA
116. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG XIII:  DIE ROL VAN DIE PAC IN DIE VROEË NEGENTIGERJARE
117. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG XIV: DIE LEIPZIG-OPSIE EN OPERASIE SUNRISE
118. DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG XV:  VAN "TOTALE OORLOG" TOT "TOTALE OORGAWE"
119. DIE VERNIETIGING VAN BLANK SUIDER-AFRIKA XI:   DIE EINDE VAN SUIDWES-AFRIKA
120. DIE NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK EN AFRIKANER-BROEDERBOND DRAAI FINAAL TEEN AFSONDERLIKE ONTWIKKELING
121. HOEKOM ONS VOLK DIE DERDE VRYHEIDSOORLOG EN DIE STRYD OM DIE BEHOUD VAN DIE BLANK-BEHEERDE SUIDER-AFRIKAANSE STATE VERLOOR HET

V. SLOT