OORLOG: SWART TEEN WIT

Deel Vier

Lees reeks by Gebeurtenisse uit die Swart oorloë 1834 -1853

Deur P P J Coetser, Sr.

HOE DIE OORLOG VAN 1850 BEGIN HET

"Dit was enkele herinneringe aan hoe die blanke in daardie jare gedurig geteister is deur swartes se strooptogte, hoe vee geroof is, blankes vermoor is en die swartes na hartelus alles wat voorkom geplunder het, 'n wilde en gevaarlike tyd waarvan ons nageslagte moet kennis neem, want Afrika bly Afrika, en daar mag vorentoe meer beskaafde tye kom, maar solank as die swart element in ons midde is sal dit nie minder gevaarlik vir die blanke wees nie."

In 1846 het my pa 'n rukkie by Fort Brown gewoon.  Gedurende die oorlog was ek nie in goewermentsdiens nie, maar het as vrye burger diens gedoen onder generaal Somerset,  wat ek goed geken het.  Daarna het my ouers op goewermentsgrond gaan woon naby Dubbeldrif, waar ons die water uitgehaal, 'n huis gebou en tuine en landerye aangelê het.  Na verloop van vier jaar was daar weer gerugte van oorlog wat gelui het dat die Hottentotte (Cape Corps), wat as polisie in goewermentsdiens was, saam met die swartes span om oorlog te stook.  Hulle slagspreuk was:  "Die Engelsman kom uit die seewater uit en moet weer daarin gejaag word." 

Ek gaan toe na Grahamstad en vertel vir generaal Somerset alles wat ek gehoor het.  Hy het toe ook al iets gehoor, maar wou dit nie eintlik glo nie, want hy het 'n ou stalkneg met die naam Jantjie in diens gehad wat al vyftien jaar by hom was en by wie hy nog geen onraad kon merk nie.  Ek sê toe Jantjie sal een van die eerste rebelle wees, maar die kolonel wou dit nie glo nie en sê as ek weer iets hoor, moet ek hom laat weet.  Ek is toe huis toe.

Toe gaan ek na die swart-polisiestasie en vra aan 'n ou swart poliesman wat wel te vertrou was, om my meer te vertel van die oorlogstories. Ons twee was alleen langs die rivier.  Hy sê: "Gister sou Sandili, Macomo en nog 'n paar opperhoofde saam met die Hottentotte 'n groot vergadering by Chumie hou om oor die oorlog te praat.  Ek het 'n spioen gestuur om die vergadering by te woon en aan my antwoord te bring." Onderwyl ons nog aan die praat was, kom die spioen terug tot by ons en gee 'n omslagtige beskrywing oor die toedrag van sake, wat daarop neerkom dat al die swart opperhoofde met die Hottentotte saamgespan het om die witmense oor 'n week tegelyk aan te val.

Hoewel 'n barbaar, was die manier waarop die spioen verslag gee van die vergadering, soms digterlik en vol beeldspraak, met wonderlike indrukwekkende gebare.  Toe die ou swarte vra: "Hoe staan die sake?" gaan die spioen eers bedaard op die grond sit, kyk 'n hele ruk ernstig voor hom, praat 'n paar woorde en dan volg daar weer 'n doodse stilte.  Hy het telkens so gemaak totdat hy sy verhaal klaar vertel het.  Sy gebare was wonderlik doeltreffend en het effek aan elke woord verleen, want hy wys met die hand na elke sigbare voorwerp wat hy opnoem, by voorbeeld: "Luister, jy, witman.... luister, jy, van my geslag.... Die oog het gesien.....Die oor het gehoor....Sandili se koei is Boontjie Oorlog....sy bulk....die kalf is Bontrok Oorlog en gee antwoord by Macomo....Van die ander opperhoofde kom ook antwoord van drie kalwers....hulle name is Bloed... Moor...Die land is dood!!!  Witman, jy is my vriend...Swartman, jy is my vriend...Die oog het gesien...'n asgaai in die oog van Sandili....'n roer in Macomo se oog...'n byl in die oë van al die kapteins...Kyk die son skyn helder....die donder kom....die blitse skiet deur die lug....die hael slaan baie vinnig....die son is dood!....Die swarte wil sy assegaai was in die Engelsman se bloed....Die Hottentot help die swarte....Baas, nog 'n week.... dan is alles vuur en vlam!"  Die ou swarte gee antwoord en sê onder andere: "My hart is vol trane.  Hottentot en swarte het saamgespan teen die witman.  Die wolf en die tier het saam getrou.  Kruit toe!  Lood toe!  Doppies toe!  Ons is manmens!  Wat staan ons hier!"

Die volgende dag gaan ek na Grahamstad en vertel die generaal van my onderhoud met die twee swartes.  Hy sê hy het reeds aan sir Harry Smith, die goewerneur, verslag gestuur en dié het geantwoord dat hy self hiernatoe kom.  Die generaal wou weet of ek nog dink dat die Cape Corps (wat ons "kiepkoor" noem), sal rebelleer.  Toe ek bevestigend antwoord. wou hy nog nie glo nie, maar ek het vir hom gesê hy gaan dit binnekort ondervind.  Ek het toe teruggegaan met die belofte dat ek elke belangrike stukkie inligting sal rapporteer.

Die goewerneur het spoedig daarna  na Grahamstad gekom en my laat roep.  Ek het in 'n privaat gesprek waar generaal S by was, alles wat ek weet aan die goewerneur vertel.  Toe vra hy of ek pensioen ontvang vir die wond wat ek in die oorlog van 1846 opgedoen het en ek ontkennend antwoord, laat hy my deur goewermentsdokters ondersoek, wat 'n sertifikaat aan my uitgereik het.  Die goewerneur het dit saamgeneem Kaap toe en belowe dat ek spoedig pensioen sal ontvang.  Maar belowe en doen is twee dinge.  Tot nog toe (Maart 1889) het ek nooit weer iets van die beloofde pensioen gehoor nie.  Toe gaan ek weer terug.

Omtrent agt dae later was dit baie duidelik dat die grensbewoners in gevaar verkeer om elke oomblik vermoor te word.  Almal het weggetrek, sommige die Karoo in, ander na Cradock, Somerset-Oos en ander plekke.

Dit was enkele herinneringe aan hoe die blanke in daardie jare gedurig geteister is deur swartes se strooptogte, hoe vee geroof is, blankes vermoor is en die swartes na hartelus alles wat voorkom geplunder het, 'n wilde en gevaarlike tyd waarvan ons nageslagte moet kennis neem, want Afrika bly Afrika, en daar mag vorentoe meer beskaafde tye kom, maar solank as die swart element in ons midde is sal dit nie minder gevaarlik vir die blanke wees nie.