5 OKTOBER 2023

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Kom ons kyk weer na hoe die mees besonge onderwerp in die wêreld regtig lyk: Die Liefde. Ware liefde is egter nie daardie romantiese gevoel wat een mens teenoor 'n ander koester en oormôre  verdwyn soos in die miljoene sekulêre liedjies besing word nie; 1 Kor 13 vertel hoe ware liefde lyk: dit is vriendelik, opreg, geduldig, eerlik, regverdig, getrou en bestaan vir ewig. Dit is hierdie liefde wat ons moet nastreef tot ons eendag werklik volwasse is en nie meer soos 'n kind hieroor dink, redeneer en praat nie.