18 FEBRUARIE 2024

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer daar pyn in jou lewe opduik kan jy seker wees dat diƩ God wat jy liefhet 'n doel daarmee het en dat Hy jou nooit bo jou kragte sal versoek nie. Jy kan vashou aan God se beloftes in sy Woord dat Hy altyd by jou sal wees in daardie pyn. Jy kan ook weet dat God baie maal pyn in jou lewe toelaat om jou te laat besef dat jy nie sonder Hom kan voortgaan nie, dat jy totaal van Hom afhanklik is.