Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
"'Ek pleit dat julle so sal leef dat as julle miskien eendag by die graf van een van julle kinders moet staan, daar nie ‘n stem uit die graf sal kom wat sal sê: Pa, jou nalatigheid was my ondergang of: Ma, jou biddeloosheid was die rede vir my verdoemenis nie’ "
Inleiding
Ons leef in ‘n wêreld met baie probleme. Die meeste daarvan is verhoudingsprobleme. Verhoudingsprobleme ontstaan wanneer mense verkeerd teenoor mekaar optree. Die grootste verhoudingsprobleem waarmee ons vandag te kampe het, is ons verbrokkelende gesinslewe. Ons volk se gesinslewe is besig om uitmekaar te val! Ek praat nie van familietwiste en egskeidings nie, maar van die verwaarlosing van ons kinderopvoeding. As ‘n volk se gesinslewe agteruitgaan, gee sy ruggraat in.
Die huisgesin is die kleinste sosiale kring met die grootste denkbare uitwerking op die samelewing. As dinge hier skeefloop, kring dit na al die ander lewensinstansies uit. Die skool, die kerk en die gemeenskap word daardeur geraak.
‘n Mens sien dikwels op TV advertensies in trurat speel. Dit begin bv by ‘n heerlike, vars gebakte koek wat voorgesit word. Dan begin die advertensie agteruitbeweeg om by die eintlike geheim van die lekker koek uit te kom totdat dit eindig met die vrou wat bv ‘n sekere soort koekmeel, bakpoeier of botter gebruik. Wat die adverteerders daarmee wil sê, is dat die sukses van die koek aan daardie spesifieke bestanddeel te danke is.
Kom ons volg dieselfde patron met kinderopvoeding en begin by die professor wat kla dat ‘n sekere student hom swak gedra en sy hoërskoolonderwysers blameer wat hom nie reg geleer het nie. Sy hoërskoolonderwysers het ook hulle hande met hom vol gehad en sy laerskoolonderwysers blameer dat hulle so ‘n onvoorbereide kind hoërskool toe gestuur het. Sy laerskoolonderwysers het net soveel moeilikheid met hom gehad en sy ouers daarvoor blameer. Sy ouers was laaste in die ry en kon niemand kry om vir sy swak gedrag te blameer nie, want hy was die produk van ‘n verkeerde kinderopvoeding!
Baie jare gelede is Rodney Axe in Kaapstad aan moord skuldig bevind en ter dood ver-oordeel. Hy was slegs 19 jaar oud. Met die vonnisoplegging het die regter vir Rodney se pa gesê: “Ek moes jou eerder vandag ter dood veroordeel het!”. Rodney Axe was die produk van ‘n mislukte kinderopvoeding.
Die groot Engelse prediker, Charles Spurgeon, het by geleentheid vir sy gemeente gesê: “ 'Ek pleit dat julle so sal leef dat as julle miskien eendag by die graf van een van julle kinders moet staan, daar nie ‘n stem uit die graf sal kom wat sal sê: Pa, jou nalatigheid was my ondergang of: Ma, jou biddeloosheid was die rede vir my verdoemenis nie’”.
Aan die ander kant is dit heerlik as kinders
Is ouers se voorbeeld baie belangrik vir die suksesvolle opvoeding van 'n kind?
Dis belangrik dat ouers hulle kinders van jongs af moet leer om die regte lewenspad te volg. Wat egter belangriker is, is dat hulle hierdie pad self moet loop! ‘n Mens hoor so dikwels ‘n pa vir ‘n kind sê: “Moenie maak soos wat pa maak nie; maak soos hy sê” en almal lag oor ‘n misplaaste kwinkslag, as ‘n mens dwaasheid enigsins so
Ouers kla dikwels dat hulle kinderprobleme het. Ek wonder baie keer of dit nie eerder andersom is nie - kinders met ouerprobleme! Geen gevaar bedreig kinderopvoeding soos ouers wat slegte voorbeelde stel nie! ‘n Ouer wat goeie raad wil gee, maar ‘n slegte voorbeeld stel is soos ‘n swendelaar wat ‘n lesing oor eerlikheid wil hou!
Verkeerde voorbeelde verwar kinders. Ouers raak kwaad as kinders die huishoudelike toerusting skraap. Maar wat van die skrape en diep wonde wat hulle nie met hul swak voorbeelde op hul kinders laat nie?
Volgende keer kyk ons na kinders se swak menseverhoudings.