Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Hoe lyk ‘n gelukkige huisgesin?
Wat is ‘n gelukkige huisgesin?
‘n Mens is so groot soos sy liefde vir God en sy huisgesin. Dit
Die vreugde van ‘n gelukkig gesin is een van die wonderlikste ervarings in die lewe. Gelukkige gesinne woon nie in huise nie, maar in tuistes. ‘n Tuiste is ‘n plek met liefde, warmte en onderlinge aanvaarding. Dit
Hoe word ‘n kind se karakter gevorm?
Karakter
‘n Kind se karakter word in sy ouerhuis vasgelê. Dit wat ons kinderjare noem, is eintlik ‘n vakleerlingskap in volwassenheid. Ouers is die opleidingsbeamptes. Die toekoms bepaal of hierdie opleiding geslaagd of gebrekkig was. Moet derhalwe nie jou kind vir gruwelike foute blameer nie! ‘n Selfondersoek sal heelwaarskynlik meer vrugte afwerp!
Onthou: ‘n Onderwyser
Niks vorm ‘n kind se karakter so positief soos ouers wat hom laat voel dat hy deel van die gesin en derhalwe vir hulle belangrik is nie. ‘n Kind wat ervaar dat hy vir sy ouers en gesinslede belangrik is, leer ‘n standvastigheid aan wat hom staande sal hou, al word dit ook hoe donker in sy lewe.
Ouers moenie bloot mense wees op wie‘n kind
Hoe moet gesag in die huisgesin uitgeoefen word?
Gesag
Iemand het eenkeer gesê: “As jy ‘n boord met heerlike vrugte wil hê, moet jy sorg dra vir die vrugtebome terwyl hulle nog jonk is”. God leen ons kinders aan ons tot hulle ongeveer agtien jaar oud is. As ons hulle teen daardie tyd nog nie goeie lewenswaardes geleer het nie, is dit heeltemal te laat.
Ouers moet gesagsfigure wees. Nie diktators nie. Kinders is maar van tyd tot tyd stout. Indien ouers behoorlike liefdesgesag uitoefen, sal wangedrag in die meeste gevalle doeltreffend afgeweer word. Dit het alles met eerbied te doen. As jy van jou kinders verwag om jou te eerbiedig, sal jy hulle eerbied vir jou moet verdien. Leef so dat jy jou kinders se respek waardig is! ‘n Kind wat sy ouers eerbiedig, sal hom selde wangedra. Wees streng dog regverdig met jou kinders. Onregverdige ouers maak ‘n kind opstandig.
Navorsing het bewys dat kinders baie veiliger en geborge voel as ouers duidelike grense aan hulle stel en dit konsekwent toepas. Deur grense aan hulle te stel, gee ouers struktuur aan hulle kinders se lewenspad. Ouers wat nooit nee
Moet nooit sê dat jy jou kinders nie
Om maar net aan kinders se giere en eise toe te gee, is die pad van die minste weerstand, maar vir seker ook die pad na die verderf. Wat ‘n oordeel wag daar nie op ouers wat toegelaat het dat hulle kinders in sonde verval nie! Moenie dat jou kinders deur jou ruggraatloosheid swaarkry die dag as hulle groot is nie!
Ouers is strenggesproke God se verteenwoordigers. Hulle beskik oor afgeleide gesag en moet namens Hom gesag in hulle huise uitoefen. As kinders hulle daaraan onderwerp, sal hulle hul ook aan die gesag van hul meerderes onderwerp. Dit verseker ‘n ordelike samelewing.
Kla ouers nie miskien te maklik oor kinders nie?
Klagtes oor kinders
Ouers wat slegte voorbeelde stel, raak dikwels negatiewe dinge oor kinderopvoeding kwyt. Ek het ouers al hoor sê dat om kinders groot te maak, is soos om jellie teen ‘n muur te probeer vasspyker. ‘n Moedelose moeder het weer gesê: “Ek sou bly wees as ek maar net halfpad so wonderlik is as wat my laerskoolkind dink ek is en net halfpad so dom as wat my hoërskoolkind dink ek is”.
Luister wat sê ‘n Roomse Katoliek oor jongmense. Petrus, die Monnik skryf as volg:“Die jongemense van vandag dink net aan hulleself. Hulle het geen respek vir hulle ouers of vir ouer mense nie. As hulle in toom gehou word, raak hulle onge-duldig. Hulle praat asof hulle al die wysheid in pag het. Dit wat ons wysheid ag, beskou hulle as onsin”.
Waar dink jy kom ek hieraan? Was dit ‘n aanhaling uit gister se koerant? Nee, dis in die jaar 1274 geskryf - meer as 740 jaar gelede! Ja, hoe ouer ‘n mens word, hoe roekeloser skyn die jeug te word.
Dink maar net ‘n bietjie aan jou eie jeugjare. Onthou jy nog daardie dinge wat jou as kind gehinder het? Vergelyk dit ‘n bietjie met die dinge wat jou kinders vandag hinder. Wat ontdek jy? Dat jou kinders in werklikheid nie sulke vreemdelinge is as wat jy dink nie! Wees maar liewers versigtig met negatiewe uitlatings. Foute loop dikwels dik waar die liefde maar dun is.
Ons kyk volgende keer na die dinge waarvoor ouers versigtig moet wees...