Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Ouers het nie meer tyd vir hulle kinders nie!
Baie mense sê dat hulle hul kinders liefhet, maar lieg! Gemeet aan die tyd wat hulle aan hulle kinders bestee, het hulle hul werk, sosiale lewe of sport baie liewer as hulle kinders. Hoe spel jy liefde vir jou kinders? Met drie letters: T-Y-D. Jou tyd is die beste ding wat jy op jou kinders
Die grootste rede waarom ons so min tyd en aandag aan ons kinders gee, is nie ‘n gebrek aan tyd soos ons wil voorgee nie. Dis baie eerder ‘n wanbesteding van ons tyd. Elke mens het ‘n prioriteitslys. Sekere dinge is vir hom belangriker as ander. Wil jy weet hoe belangrik ‘n saak vir jou is? Let op die tyd wat jy daaraan spandeer.
Die groot probleem is dat ons te veel op prestasies en te min op verhoudings ingestel is. Ons tree op asof prestasie‘n integrale deel van die lewe en verhoudings bykomstighede is. D.w.s jy
Geen wonder dat verhoudingsprobleme aan die toeneem is nie! Dis die direkte gevolg van ‘n wanbesteding van ons tyd. En wanneer ons ons tyd wanbestee, sit ons met oorvol dagroosters. Kyk wat gebeur dan – ons begin kortpaaie met ons verhoudings loop en belangriker dinge af te skeep. Ouers wat hul kinderverhoudings afskeep, moenie wonderwerke verwag nie!
Kinders het min dinge so nodig soos hulle ouers se tyd. En wanneer dit by tyd kom, moet ons hulle kwaliteit sowel as kwantiteit tyd gee. Dit het al so dikwels gebeur dat vooraanstaande mense as’t ware die wêreld wen, maar hulle kinders in die proses. Is dit werklik die moeite werd? Die tyd gaan so gou verby en daar is so baie wat ons ons kinders moet leer! Indien ons nie gewillig is om genoegsame tyd aan ons kinders af te staan nie, is alle ander moeite met hulle sinneloos.
Na die mate wat ouers na hul kinders luister, sal hierdie kinders na hulle luister en die vrymoedigheid hê om hulle probleme of ideale met hul ouers te deel. Wy derhalwe genoeg tyd daaraan om te probeer verstaan hoe jou kind voel, hoe hy dink en wat hy sê. Wees gewaarsku: Indien ouers nie genoeg tyd vir hulle kinders maak nie, ontstaan daar ‘n leemte wat so maklik met verkeerde dinge gevul
Elke gesin behoort tyd te maak om saam te gesels en hulle drome en gedagtes met mekaar te deel. Daardeur leer hul mekaar se leefwêrelde beter te ken. Ouers ontvang onskatbare dividende beide in hierdie lewe sowel as in die hiernamaals op die tyd wat hulle in hulle kinders belê het.
Ons blankewêreld ly aan ‘n sindroom van te veel ma en te min pa. Daarom wil ek ‘n beroep op vaders doen: Vaders, julle kinders het julle teenwoordigheid nodiger as jul geskenke. Onthou: Julle het ‘n leeftyd om te werk. Julle kinders is maar net vir ‘n paar jaar onder julle dak. As julle wil hê dat jul kinders suksesvol moet wees, bestee twee keer soveel tyd saam met hulle en die helfte minder geld. Moet nooit geskenke as plaasvervangers vir jul teenwoordigheid gebruik nie. Dit het slegte gevolge!
Volgende keer sien ons watter rol speel godsdiens in die lewe van kinders...