Ds. André van den Berg
Reeks by Ouers vir Christus
Watter rol speel godsdiens in die lewe van kinders en hoe
Godsdiens
Vandag se kinders weet miskien hoe om by die maan uit te kom, maar so min van hulle weet hoe om in die hemel te kom. Daarom moet ouers wat hulle kinders werklik liefhet en oor hulle ewige eindbestemming besorg is, by hulle ‘n opregte geloof in Christus kweek. Dis die kosbaarste geskenk wat ouers hul kinders
Godsdiens is nie ‘n stel reëls wat ouers aan hulle kinders moet opdring nie. Dis eerder ‘n Persoon - dis Jesus Christus, wat ouers saam met hul kinders moet uitleef. Daarom is dit elke ouer se primêre taak om hulle kinders aan Jesus voor te stel. Sonder Hom het ons kinders geen
Kinderopvoeding moet verbondsopvoeding wees. God het deur Abraham ‘n verbond met ons aangegaan en kragtens ons doopbelofte moet ons ons kinders hierin onderrig. Verbondsopvoeding is baie meer as gewone kinderopvoeding. Dis om jou kinders te help om hulle lewe, lewensplan en lewensbestemming op die weg van die geloof te ontdek en tot eer van God te leef.
Dit behoort vir verbondsouers eintlik maklik te wees om hulle kinders te leer hoe om Christus te volg. Al wat hulle hoef te doen, is om die pad vir hul kinders aan te dui en te bid: “Here, gee ons so ‘n vaste geloof dat ons kinders sal weet dat ons eintlik ook maar net kinders is – U kinders”. Ons moenie probeer om volmaakte ouers te wees nie. God verwag dit nie van ons nie. Al wat Hy verwag, is dat ons biddende ouers sal wees.
Spurgeon skryf:“Ek is met tere omsigtigheid in ‘n godsdienstige huis grootgemaak. Ek het die evangelie van my vroegste jare af leer ken. Hulle wakened oog gekombineer met die heilige voorbeeld wat my ouers vir my gestel het, het verhoed dat ek op verkeerde paaie beland het”.
Speel ouers se voorbeeld by godsdiensopvoeding ‘n groot rol?
Ja, ‘n kind se godsdiens hang baie daarvan af hoe sy ouers leef en nie soseer van wat hulle sê nie. ‘n Kind sal God nie maklik as sy hemelse Vader aanvaar as hy nie iets van God in sy aardse pa raaksien nie.
Genl.Douglas MacArthur het by geleentheid gesê: “Ek hoop dat my seun my eendag sal onthou, nie omdat ek veldslae gewen het nie, maar omdat ek saans saam met hom gebid het”. Daar is nie genoeg duiwels in die hel om ‘n kind uit die arms van sy biddende ouers te steel nie. Ouers op hul knieë se kinders struikel nooit!
‘n Kind wat ervaar dat hy aan ‘n hegte aardse gesin behoort, laat hom maklik by ‘n hemelse gesin tuiskom. Calvyn het gesê dat die gelowige gesin soos ‘n kerk in die kleine is. In die gesin leer die kind hoe Christenskap in die praktyk lyk. Krisistye in ‘n huis bied aan ouers die geleentheid om vir hulle kinders te wys dat hulle in moeilke tye op God vir uitkoms vertrou.
Die Bybel het talle goue reëls oor die familielewe. Dit moet vir ons baie belangrik wees omdat dit soos mure is wat God rondom ons gesinne bou. Dis spesiaal ontwerp om moeilikheid buite en liefde binne te hou.
Ouers mag die heilige bekommernis of hulle kinders in God se weë wandel nooit afskud nie. Hulle moet soos Job wees. Jobsgebede is ouers se ewige verantwoordelikheid. Gelowige kinders het God se Woord as hulle gids. Dit gee hulle die
‘n Kind moet in die kerk grootword. J.Edgar Hoover het gesê: “‘n Kind wat nie met die kerk grootword nie, is môre se misdadiger”. Iemand anders het weer gesê: “Hoe meer kindervingerafdrukke daar in ‘n kerk is, hoe minder sal daareendag op polisierekords voorkom!” Die beste manier om jou kinders vir die toekoms voor te berei, is deur hulle in die huis van God groot te maak.
Soveel ouers skeep hul verbondsopvoeding af. Daar is ouers wat meen dat drie ure se fliek hul kinders geen skade
Slot
Die krag van ‘n volk hang van sy geloof in Christus en die gehalte van sy gesinslewe af. .
Soos dit in die gesin gaan, gaan dit in die volk. ‘n Huis word steen vir steen gebou, maar ‘n volk kind vir kind. Daarom is die opvoeding van sy kinders die fondament van elke volk.
Gelukkige, goed gedissiplineerde kinders val nie ongevraagd uit die lug nie. Hulle is die glinsterproduk van toegeweide ouers wat, gehoorsaam aan God, hulle kinders deeglik toerus om sout van die aarde en ‘n lig vir ‘n verloregaande mensdom te wees. Daarom is elke poging om die samelewing vir die belangrikheid van ‘n gesonde gesinslewe sensitief te maak, ‘n grootse diens aan ‘n volk.
Al probeer ons ook hoe hard om dit vir hulle veilig te maak,
‘n Volk het ‘n groter nood aan gelukkige huisgesinne as aan natuurlike hulpbronne. Gesinsgeluk is die eenvoudigste en goedkoopste soort omdat dit nie met geld gekoop
Laat my toe om vir al ons ouers en kinders te bid:
“Hemelse Vader, ek bid vir die herstel van alle gesinne. Gee dat hulle die sinnelose lewenskoers waarop hulle hul tans bevind, sal versaak en iets van die vreugde van die verlore seun sal smaak wat met die terugkeer na sy vaderhuis die vreugde van die regte pad ervaar het.
Betoon aan hierdie ouers groot genade om dit waarmee hulle tot dusver gefaal het, tot heil van hulle huisgesin en tot verheerliking van u Naam om te keer. Gee dat hulle dringend met hulle kinders sal praat en voortaan ware liefde sal betoon en die nodige gesag sal handhaaf.
Ek bid dat U die Satan aan bande sal lê wat hulle gesinslewe nou eers gaan probeer ontwrig. Gee vir hulle kinders ‘n behoefte om soos kinders van U te leef. Ek pleit dat U, ons hemelse Pottebakker, hierdie gesin soos klei in u Hande sal neem en van ‘n uitskotproduk ‘n meesterstuk in u Koninkryk sal maak”.
Amen!