D A N I Ë L (7 - SLOT)

Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het

Dr JP Botha

Lees reeks by D A N I Ë L

DANIËL SE VISIOENE

In die derde jaar van die Galdese koning Bélsasar, seun van die rondvlugtende koning Nabonedus, wat toe nog nie deur die Meders agterhaal is nie, het Daniël vir Bélsasar die skrif aan die muur verklaar.  In daardie selfde jaar het Daniël in ‘n droomgesig van vier snaakse diere ‘n visioen beleef van wat in die toekoms sou plaasvind.  Die leeu met vlerke is die Babiloniese ryk, die vraatsugtige beer is die Medo-Persiese ryk, die vinnige luiperd is die  Macedonies-Griekse ryk wat in vier verdeel is.  Die vierde dier is die Romeinse ryk.  Daarna volg die einde, die koningskap van God se volk.  Die tien horings van die vierde dier wys op die verbrokkeling van die Romeinse ryk en die elfde horing is die ryk van die antichris.

Die visioen wat Daniël daarna gehad het, gaan oor die einde van die Babiloniese ballingskap en wat daarna sou gebeur.

In die derde jaar van Koning Kores se regering, ontvang Daniël ‘n gesig wat hy aan die oewers van die Tigris beleef het.  Dit is mededelinge van die engel Gabriël in verband met die Persiese ryk, van Alexander die Grote en van Antiogus Epifanus.  Laastens word Daniël se dood en die opstanding van die vlees aangekondig.

Die engel het vir Daniël gesê dat die Here hom baie lief het, “maar jy sal nou gaan rus in die graf.  Jy sal weer opstaan aan die einde en jy sal kry wat vir jou as erfdeel bepaal is.”

Saam met Daniël wag ook ons reikhalsend op daardie heerlike dag om ons aandeel in die rykdom van die Here se groot genade deur ons liewe Here Jesus se versoeningsoffer aan die kruis, te ontvang.

HOE GROOT IS U !

Ek wil die Here prys!                                                                                                                       
Here my God, hoe groot is U !
U is beklee met majesteit en eer,
bedek met ‘n mantel van lig.
U laat fonteine water stort in klowe,
strome water tussen berge deur.
Daar drink elke dier van die veld,
Selfs wildedonkies les hulle dors.
Die voëls maak nes langs die strome
en sing tussen die bome se takke.
reën wat die aarde versadig.
U laat gras groei vir die beeste,
en plante vir die mens,
kos wat uit die aarde voortkom,
wyn om harte bly te maak,
olie om die gesig te versorg,
en brood om krag te voorsien.
Die bome van die Here kry volop reën,
hierdie seders van die Libanon
Daar maak die voëls hulle neste
en bou die ooievaar sy nes
in die toppe van hoë bome.
Die hoë berge is vir die klipbokke,
en die rotse ‘n skuilplek vir dassies.
Die maan het hy gemaak  
om seisoene aan te dui,
en die son weet wanneer om onder te gaan.
U stuur duisternis en dit word nag.
Al die diere van die bos sluip rond.
Dan brul die leeus op soek na prooi.
ook hulle vra kos van God.
Teen dagbreek sluip hulle weg
om  by hulle lêplekke te rus
Dan gaan die mens na sy werk
en arbeid tot die aand.

Psalm 104 : 1 tot 4 en vers 10 tot 23
Dankie Here, vir u groot liefde en genade !