LEER DEUR BEPROEWING
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
Skrif: Matt.8:1-17
“…Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra” (:17)
Inleiding
God leer sy kinders deur beproewing. Hy het een Kind sonder sonde gehad maar geen kinders sonder sorge nie. Daarom kom gelowiges nie sonder beproewing tot geestelike volwassenheid nie. Net soos wat die koringkorrel nie sonder ‘n deeglike uitskud die dop
Ons sal nooit die musiek van ‘n harp leer ken indien die snare nie gepluk of die sap van ‘n vrug smaak alvorens dit uitgedruk word nie. Nog minder sal ons die warmte van ‘n winterskaggel
Ons sal nooit ‘n innige gemeenskap met Jesus beleef indien ons geen beproewing smaak nie. Alhoewel ons normaalweg nie sterre in die dag
God gee nie geloof, vertroue en liefde sonder om dit van tyd tot tyd op die proef te stel nie. As ‘n ingenieur ‘n brug bou, moet dit voertuie
Ons leer almal. Sommige deur beproewing, ander deur sonde. Soms stuur die Here beproewing om ons van sonde te bewaar. Dit word vertel van die apostel Petrus se dogter wat nie kon loop nie. Tydens ‘n sendingreis het ouderlinge vir haar kom bid waarna sy kon loop. Daarna het sy ‘n prostituut in ‘n nabygeleë Romeinse leërkamp geword. By sy terugkeer het Petrus haar gaan berispe waarna haar bene weer onder haar ingevou en sy huistoe gekom het. Beproewing het haar van sonde weerhou. Laat ons liewer deur beproewing as deur sonde leer. Dis beter om deur beproewing in die hemel as blakend gesond in die hel te beland!
Gelowiges is anders as wêreldlinge; beproewings maak hul geloof sterk. Gelowiges wen deur hul verliese, ontvang krag in hul siekwees, wen vriende in hul beproewing en behaal oorwinning deur hul verliese. Niks ontsenu ‘n gelowige nie. Al wat gebeur, is dat die storms van die lewe sy lewensboot al hoe nader huiswaarts dryf.
Beproewings hou gelowiges geestelik aan die gang.
Die Groot Geneesheer
Wat God se genade so verstommend maak, is dat dit dikwels teen ‘n mens se gesonde verstand indruis. Wanneer ons ‘n lewende verhouding met Christus het, laat Hy die reuse in ons lewe soos sprinkane lyk. Hy ken elkeen van ons by die naam en weet presies wat ons nodig het. Ja, die groot Geneesheer ken sy pasiënte so goed dat Hy nooit verkeerde medisyne van die rak sal afhaal nie. Hy maak selfs ‘n gebroke hart heel indien ons Hom al die stukke daarvan gee.
Die Bybel skryf nie allerlei Boererate vir beproewing voor nie. Dit skryf God voor. Nie as ‘n pynstiller nie, maar as Iemand wat ons in ons beproewing bystaan en help; Iemand wat omgee en ons deur die diep waters van die lewe lei. En natuurlik ook Iemand wat Hom dikwels as die Groot Geneesheer bewys en ons gesondheid aan ons terugbesorg. Die wonderlikste medisyne bly nog steeds dat Hy ons van moedeloosheid en verbittering bevry.
Sy genade is genoeg
Liefdesbriewe uit die hemel kom dikwels in swart omraamde koeverte by ons voordeur aan. Gelukkig is die wolk wat swart met angs is ook vol van God se genade. ‘n Goeie reënbui word dikwels deur swaar donderweer voorafgegaan.
Beproewing is die verhoog vanwaar ons geloof aan die hele wêreld sigbaar word. Beproewing is soos die swart fluweelagtergrond waarteen juweliers hul ware uitstal. Goud en diamante blink altyd die mooiste teen ‘n donker agtergrond. Net so blink ons geloof die helderste teen die donker agtergrond van beproewing.
Party dinge wat vir ons na rampe lyk, is eintlik genade. Vreugde is goed vir die vlees, maar beproewing beter vir die gees. ‘n Mens wat sonder beproewing leef en sterf, het byvoorbeeld geen geleentheid gehad om sy geetelike staal te wys nie.
Daarom bestaan vreugde nie die afwesigheid van beproewing nie, maar eerder in die teenwoordigheid van God. Al ervaar ons ook ‘n groot verlies of ‘n bittere lyding, bly die heerlike teenwoordigheid van God soos ‘n warm, vertroostende kombers in ‘n winterswêreld waar mense al hoe kouer en onverskilliger teenoor mekaar staan.
Gebed
Gebed verander sake. Maar dan moet ons dit nie net in tye van nood wil gebruik nie. Mense wat net in hul nood wil bid en verwag dat dit onmiddellik moet verdwyn, dryf eintlik met God die spot. Gebed is nie ‘n towerformule wat opgesê word en siedaar dinge verander nie!
Daar sal nie minder beproewing op my pad kom hoe meer ek bid nie. Gebed verlos ons nie noodwendig uit angswekkende situasies nie, maar gee ons eerder die krag om sulke gevalle te hanteer. Niemand het bv.ernstiger as ons Here Jesus gebid nie. In Getsemane was sy gebede so intens dat Hy bloeddruppels gesweet het. Desondanks het dit nie sy dood verhoed nie.
Dit beteken darem nie dat ons in tye van beproewing tevergeefs bid nie. In sulke tye moet ons des te meer bid! Baie gelowiges is al deur gebed uit die put van neerslagtigheid geruk. Ja, gebed bly ‘n wonderlike voorreg in tye van beproewing. Let op die heerlike wisselwerking wat hier ter sprake is. Beproewing dryf die gelowige na gebed en gebed verlig sy beproewing. In ons beproewing is ons gebede gewoonlik baie dieper omdat daar nie tyd vir oppervlakkighede is nie.
Dis God se wil hê dat ons moet bid. Binne sy wil is daar geen mislukkings nie en daarbuite geen suksesse nie. Daarom moet ons God nie terloops of toevallig soek nie, maar met volle oorgawe.
Die Here Jesus leer ons in die Onse Vader bid: “Laat U wil geskied”. En daarby moet ons volstaan. Ongelukkig bid mense soms so verkeerd. Hulle vra nie dat die Here se wil sal geskied nie, maar eerder dat Hy hulle wil sal goedkeur
Meegevoel
Beproewing leer ons die waarde van opregte meegevoel. Mense wat nog nooit die beproewing van intense pyn ervaar het nie,
In tye van ernstige beproewing ervaar ons hoe afhanklik ons van mekaar is en wat die waarde van opregte meegevoel is. Alhoewel meegevoel nie vir ons verlies
Nog ‘n troos is dat droefheid deelbaar is. ‘n Droefheid wat gedeel word, is ‘n halwe droefheid en gevolglik draagliker. God deel nie net ons droefheid met ons nie, maar voorsien ook dikwels mense, wat soos ‘n Simon van Cirene van ouds Christus se kruis help dra het, om ook ons kruis te help dra.