DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (8)

Ds AE vd Berg

Lees reeks by  Die Gelowige: Pyn en lyding

VOLHARDING

Geloofsvolharding is ‘n sprekende getuie van ‘n vaste vertroue op Christus.  Daar is ‘n Japannese spreekwoord wat lui: Val sewe keer, maar staan agt keer op.  Ja, dis nie hoeveel keer die ou lewe jou platslaan nie, maar hoeveel keer jy opstaan.  Moet nooit sê dat iets bokant jou vuurmaakplek is nie.  Maak eerder jou vuurmaakplek hoër!

‘n Gebrek aan volharding veroorsaak meer mislukkings as ‘n gebrek aan intelligensie of bekwaamheid.   Volharding en vertroue gaan hand aan hand.  Vertrou op Jesus en jy is verlos. Vertrou op jouself en jy is verlore!

As jy nie kans sien om die hele pad met Jesus te stap nie, moet jy jouself afvra: “Waarom het ek dan enigsins begin?” Ja, die geloofslewe is soos fietsry; as jy ophou trap, val jy af!  God wil hê dat jy enduit moet trap.

Jy moet soos ‘n Paulus van ouds kan getuig:“Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou” (2 Tim.4:7).

Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie. Slegs deur volharding.  Op ‘n koue wintersdag begin ‘n slak teen ‘n appelboom op te seil.  Terwyl hy moeisaam na bo sukkel, steek ‘n wurm sy kop by ‘n gaatjie uit en sê. “Jy mors jou tyd. Daar is nie ‘n enkele appel daarbo nie” en lag. “Toemaar, teen die tyd dat ek daar bo kom, sal daar wel wees!” antwoord die slak.  Ja, deur volharding het selfs die slak in die ark gekom!

‘n Mens kan oor die hoogste berg loop indien jy een treë op‘n slag gee.  Jy moet net aanhou en sorg dat jou rigting reg is – altyd vorentoe.  Leer van die man wat die berg verskuif het.  Hy het die klippe een-vir-een weggedra!

Daar is geen plaasvervanger vir volharding nie.  Dit het al baie mense wat onder moeilike omstandighede verkeer het sukses laat behaal; omstandighede wat hulle eerder tot wanhoop moes gedryf het!   Volharding maak die onmoontlike moontlik, die moontlike waarskynlik en die waarskynlike ‘n feit.  Geen waterdruppel kan deur geweld ‘n gaatjie in ‘n rots maak nie; slegs deur ‘n aanhoudende gedrup daarop.

Sukses is nie beslissend nie.  Mislukking is ook nie noodlottig nie.  Volharding gee die deurslag!   En al volhard ons nie deur ons menslike mag nie, plaas God dit nogtans op ‘n wonderbaarlike wyse binne ons mag.