Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
GEHEIME MISTERIEKULTUSSE EN DIE VRYMESSELARY
Nie alle Vrymesselaars glo dat die Kabbalisme verantwoordelik is vir uiters ou verwysinge in die Vrymesselaarsritueel nie. Sommige wil dit verklaar deur te wys op die invloed van die geheime misterieë van Egipte, Persië, Sirië, Griekeland, GalHe en Brittanje. Onder Vrymesselaars heers daar groot belangstelling in die ou misterieë.
So lees ons in Masonic Problems and Queries onder vraag 39: "Which are the ancient Mysteries from which some authorities claim that Freemasonry is descended? - The Mysteries of Osiris (Egypt), Mithras (Persia), Adonis (Syria), Dionysus, Bacchus and Eleusis (Greece), Druids (Gaul and Britain)."
Ons sal ons kortliks by sommige van bogenoemde misterieë bepaal met verbygang van ander (primitiewe) geheime bewegings soos die Almussiri, die Bishnoi, die Bairagi, die Bora en die Diwana, want hoewel ook hierdie geheime bewegings inisiasieseremonies het, en sommige geheime woorde, is daar nie die nodige kontak tussen hulle en die Vrymesselary om aan te neem dat daar ontlening of beïnvloeding kon gewees het nie.
1. Egiptiese misterieë (Osirisdiens)
In die ritueel van die Vakgrade word daarvan gewag gemaak dat die Vrymesselary sy geheime verberg net soos die ou Egiptiese "In-gewydes" hulle geheime verberg het. So geheimsinnig was die Egiptiese priesters dat dit vertel word dat Pythagoras twintig jaar onder hulle moes bly voordat hulle hul geheime aan hom meegedeel het.
Albert Churchward, 'n Vrymesselaarskrywer, dring aan op erkenning van Egiptiese invloede. Hy sê: "Brother Gould and other Freemasons will never understand the meaning and origin of our secret tenets till they have studied and unlocked the mysteries of the past. This study will reveal the fact that the Druids, the Gymnosophists of India, the Magi of Persia, and the Chaldeans of Assyria had all the same religious rites and ceremonies as practised by their priests who were initiated in their Order, and that these were solemnly sworn to keep the doctrines a profound secret from the rest of mankind. All these flowed from one source - Egypt".
Steward wys daarop dat daar ooreenkoms met die Vrymesselary te vinde is, nie net in die feit dat streng geheimhouding gebiedend was nie, maar dat daar te vinde is "signs of salutation reminding one of an E.A., and F.C., and an M.M." (E.A. is die eerste graad, F.C. die tweede en M.M. die derde graad in die sg. "Craft Grades" of Vakgrade.)
Verdere ooreenkomste met Vrymesselary vind Steward in die feit dat die Egiptiese kandidaat ook deur die donker moes gaan. Voor die poorte staan die Khus, die "tyler" of bewaker (dekker) van die heiligdom. Toegang word ook alleen verleen deur geheime wagwoorde.
'n Ooreenkoms tussen die "raising ceremony" van die 3de graad (Vakgraad) en die Egiptiese Osiriskultus spring ook in die oog. Wanneer Isis vir Osiris oprig, lees ons dat sy dit doen "mouth to mouth, hand to hand, breast to breast with the Osiris God". Herinner dit ons nie aan die "five points of fellowship" in die Vrymesselaarseremonie nie, te wete "hand to hand; foot to foot; cheek to cheek; knee to knee; arm over the back"? Sommige Vrymesselaarskrywers meen ook dat die geheimsinnige Hiram Abiff-figuur van die Vrymesselary niemand anders is as Osiris nie. Ward stem egter nie met hierdie beskouing saam nie.
Dit staan egter vas dat die Vrymesselaarsritueel verwys na Egiptiese misterieë en dat daar Vrymesselaarskrywers is wat hierdie misterieë ook wil sien as 'n oorsprongsbron van die Vrymesselary in sy voorstadia.
Mackey haal C. W. King met instemming aan as hy sê: "With their penances, and tests of the courage of the candidate for admission, they have been maintained by a constant tradition through the secret societies of the Middle Ages and the Rosicrucians down to the modern faint reflex of the latter - the Freemasons." Nes in die Vrymesselary word die kandidaat ook tot geheimhouding beëdig en daarna ontvang ook hy "heilige" wagwoorde. Ook moet die kandidaat in een stadium 'n lyk voorstel, wat dan opgerig word tot die lewe. (Vgl. die derde grade van die Vakgrade en die Groot Losie van Suid-Afrika se grafseremonie of "raising ceremony".)
Assiriese misterieë (Adonis-TammoescUens)
Die vernaamste bydrae van die Assiriese misterieë wat die Vakrade betref, is volgens Ward, 'n Vrymesselaarsgeleerde, die simbolies Vrymesselaarsfiguur van Hiram Abiff. Hy sien in die Hiram Abiff-motief besliste en wesenlike ooreenkomste met die Tammoes-Adonis-misterieë, en meen dat hierdie gedagte deur die Esseners na die Vrymesselary deurgedring het. Aangesien ons by die bespreking "Die inhoud van Vrymesselary" breedvoerig wil stilstaan by hierdie sentrale figuur in die Vrymesselary, naamlik Hiram Abiff, volstaan ons met hierdie opmerking.
Griekse misterieë
Griekse invloede is veral sterk waar te neem in die deugdeleer van die Vrymesselary en in die sterk intellektualistiese lewensuitkyk. Kermis is die groot saak. Die verstand, die rede, gaan voorop. In die Orde van die Groot Losie van Suid-Afrika word herhaaldelik gewys op die belangrikheid van selfkennis. Daar word ook gesê dat "Ken jouself" die lewensmotief van die Vrymesselaar moet wees.
Hoe anders die benadering hier as die benadering van dieselfde saak deur Calvyn! In sy Institusie sê hy die mens moet eers kom tot 'n ware kennis van God en dat hy dan deur die openbaring van God, die Bybel, geleer sal word orn homself te ken.
Ons kan die vermeende invloede van die ou misterieë op die Vrymesselary by wyse van 'n aanhaling van 'n Suid-Afrikaanse Vrymesselaar afsluit Hy som dit soos volg op: "The circle of disciples of the Ancient Mysteries was restricted, and so is the circle of disciples of the Masonic Mysteries; candidates to the Mysteries had to undergo a period of purification by the two elements water and fire, and so have the candidates to the Masonic Mysteries; the Bitter Cup was used in the Mysteries and so in Masonry (Ritual of the Apprentice Degree of the Netherlands Constitution of Grand Lodge of Greece, etc.); the symbolical death of the candidates to the Ancient Mysteries when they were conducted and left alone in the basement of the temples or of the pyramids, corresponds to the symbolical death of the candidates to the Masonic Mysteries when they are conducted and left alone in the Dark Room or Chamber of Meditation. The perambulations of the candidates to the Mysteries in the darkness of the underground drifts of the temples correspond in Masonry with the b . . . f . . . candidates to the Masonic Mysteries. The allegorical rebirth of the candidates to the Ancient Mysteries symbolised by the light of the rising sun, which struck the eyes, of the candidates to the Mysteries at the end of their initiation, corresponds in Masonry with the blessing of the Material Light which strikes the eyes of the candidates to the Masonic Mysteries at the end of their initiation. The statue of the god or goddess to which the eyes of the candidates to the Mysteries were directed at the conclusion of their initiation corresponds in Masonry with the V. of the S.L. to which the eyes of our candidates are directed at the conclusion of their initiation."
Die Geheime Misterieë het die Vrymesselary dus wel beïnvloed, volgens Vrymesselaarsouteurs.
Vervolg...