Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
III. Hierdie houding van Vrymesselary getuig dan ook van die uiterste verwaandheid en vleeslike selfverheffing en selfvoldaanheid ... vervolg
Let op die woorde van die redakteur van The Masonic Journal – "die verligte Vrymesselaar"10 met sy "verligte beginsels"11 (kursivering van my, FNvN) - en uit die woorde van sy slotbeskouinge, naamlik:
"Ons as Vrymesselaars glo dat ons verligte beginsels eendag sal seevier, ten spyte van die pogings wat al soveel jare lank aangewend word om ons te ondermyn. Ons glo dat dit die wil van God is dat die hele mensdom eendag sy Vaderskap sal erken, en, as logiese gevolg daarvan, dat die mensdom die beginsel van die broederskap van die mens nie alleen met die lippe sal bely nie, maar dit ook sal uitleef. Ons glo dat God self in sy wyse beraad besluit het wanneer daardie dag vir die wêreld sal aanbreek, en in ons harte bid ons: O God, mag daardie dag gou kom! "
Uit hierdie woorde spreek 'n gesindheid van selfverheffing wat nie paslik is nie. Dit is misplaas en strook nie met die feite nie, want dit het 'n karikatuurbeeld van die ware Christendom gemaak, en tweedens het dit van die Vrymesselary 'n aanloklike voorstelling gegee wat nie strook met die werklikheid nie. Ek verwys hier na talryke twiste van Vrymesselaarsordes teen mekaar, fel en bitsig soos enige kerkstryd ("Acients" teen "Moderns", "Great Orient" teen "Grand Lodge") - ek sal nie eers veel van die kleinlike vetes en twiste tussen losies in Suid-Afrika noem nie, waarvan daar bewys is vir elkeen wat die Masonic Journal of South Africa soms lees.
Daar is ook 'n neerhalende vergelyking in die genoemde artikel van die redakteur van die Masonic Journal tussen Vrymesselary en die Christelike kerke. Ek siteer sy eie woorde: "Dit is slegs nodig om te kyk na die leë banke in die meeste van ons kerke en andersyds op die lewenskragtigheid van die Vrymesselaarsbeweging. Aan die een kant 'n stagnasie en starheid wat ons as lede van die betrokke kerke met ontsteltenis vervul. Aan die ander kant lewenskragtigheid en besielende geesdriftigheid. Siedaar die verskil tussen die aanvallers en die aangevallene."
Ons antwoord daarop: (a) Die leë kerkbanke is gedeeltelik direk te wyte aan die stelselmatige ondermyning van die liefde tot die dogmas en konfessies van derduisende Afrikaner-Vrymesselaars-lidmate van ons kerke wat in losies sit wat so "verlig" is dat hulle bo alle dogma verhewe is (d.w.s. volgens hulle inbeelding). Dit is 'n stelselmatige ondermyning van die belydenis en dus van die kerke. Ons as kerk treur oor die vervalle mure van Sion en bely dit as skuld van ons lidmate voor God. Want die kerk is die lidmate. Elke Vrymesselaarslidmaat wat dus nie gereeld twee keer Sondae in die kerk is nie (waar omstandighede dit toelaat), is net so skuldig aan hierdie toestand van verval as die gewone lidmaat - ja, hy is nog skuldiger, want die stelsel waaraan hy behoort, staan skepties en vyandig teenoor die "dogma" van die kerk en soek na 'n "verligte godsdiens" wat die vleeslike hart bekoor en aangenaam is voor God en die mense (om Lessing se fabel in gedagte te hou).
(b) Dit is beslis onwaar dat dinge so rooskleurig by die Vrymesselary is. Wie die Vrymesselaarstydskrifte lees (om nie verder te gaan as The Masonic Journal of South Africa nie), weet van beter. Gesien die feit dat losies maar een keer per maand vergader in vergelyking met die feit dat daar twee eredienste per Sondag in ons kerke is, is die belangstelling in Vrymesselaarsvergaderings, volgens die Masonic Journal, ontstellend swak. Ek wonder hoe hulle bywoning sou gewees het na tien jaar as hulle twee losievergaderings per Sondag gehou het? Ek wil profeteer Vrymesselary sou homself dan vernietig het omdat hy geen boodskap vir die soekende sondaarshart het nie.
Om te bewys dat dit met toestande in die Vrymesselaarslosies net so treurig gesteld is as in die kerke, net 'n paar aanhalings uit The Masonic Journal of South Africa, twee uit inleidingsartikels van (veronderstel ek) dieselfde redakteur wat nou so selfvoldaan en veroordelend van die "swak kerkbywoning" praat:
(i) "It was with a great deal of interest I read the excellent article written by our Deputy Grand Master . . . entitled 'The Apathy and Indifference of many Master Masons Today' . . . There are times when I am not to sure that we are proud of Freemasonry as we ought to be ... We are content to live on the fringe of the Order, we hug the shallows..."
(ii) In die Masonic Journal of South Africa van Aug. 1955 skryf die hoofredakteur in 'n inleidingsartikel soos volg: Sy observasies oor 'n periode van twaalf maande het hom Iaat besluit "we are making Freemasonry cheap". Daar is onrus onder die leiers van die "Craft" soos bewys uit die Jaarlikse Mededelinge van die "District Grand Lodge of the English Constitution held on the 14th May where . . . D.D.G.M. in charge, referred with concern, to the alarming number of members who do not pay sufficient attention to their duties and dues. He requested Masters and Secretaries to give this matter their attention and to try and reduce the growing waste and the increasing numbers heading that way.
"V. Wor. Bra. . . . D.P.G.M. (Great East Netherlands) was outspoken at the last Quarterly Communications and did not mince his words when he spoke pointedly of matters requiring attention.
"At a consecration meeting Rt. Worsh. Bro. . . . I.P.D.G.M. (Scottish Constitution) referred to a feeling of complacency and self satisfaction among us." Hy kla oor die gebrek aan eras, die gebrek aan studie, die gebrek aan kennis van die wysbegeerte, en se dis die oorsaak van "the terrific and deplorable waste" onder Vrymesselary. Dan weer:
"A certain Lodge consecrated in 1905 celebrated its fiftieth anniversary a few months ago. Statistics show that during this period there were one hundred and forty five initiations and one hundred and forty one resignations and expulsions.
"This is not an exception. It is an example of a general trend."
Hier kla "Grandmaster" van die Engelse, Nederlandse en Skotse Konstitusies dus oor verval, verstarring, geestelike insinking, laksheid, indifferentisme. Maar as daar vergelykings tussen die Vrymesselary en die kerke getref word deur die Vrymesselaarsredakteur, dan hoor ons: "Aan die een kant 'n stagnasie en starheid wat ons as lede van die betrokke kerke met ontsteltenis vervul. Aan die ander kant lewenskragtigheid en besielende geesdriftigheid. Siedaar die verskil tussen die aanvallers en aangevallene."
Dit wys maar net hoe min 'n mens kan vertrou op Vrymesselaars-uitlatings wanneer dit die buitewereld aangaan.
Drankmisbruik ... vervolg