Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
Drankmisbruik
Ja, selfs die drankies kan nie meer die saak verhelp nie, en genoemde Grootmeester waarsku ernstig teen die drankmisbruik:
"I must ask that Master of Lodges to keep a very much stricter control over the supply of liquour at the Festive Boards, thus discouraging those who are ever ready to absorb any given quantity with no thought for our charitable institutions and little for our Order. It is equally important to conduct our Masonic entertainment in a well regulated manner as it is our meetings. Very recently it was my painful experience to attend a so called Festive Board which ended in a complete shambles midst the howling of patriotic song, desultory conversation and a few 'extras' for the road." Tussen hakies, hierdie "conviality" van Vrymesselary is een van sy groot aantrekkingskragte in die vorm van menigvuldige heildronke met alkoholiese drank, vergelyk byvoorbeeld Losie St. Francis, E.P: twaalf heildronke; Losie Shabane: tien heildronke; baie min Losies het minder as vyf heildronke. En as 'n Grootmeester van twee provinsies so kla oor sy "painful experience" in verband met 'n "complete shambles midst the howling of patriotic song, desultory conversation and a few 'extras' for the road", is toestande onder die Vrymesselary selfs nog bedenkliker as wat ons kon droom. Wat gebeur op vergaderings waar die stremmende teenwoordigheid van so 'n "eerbiedwaardige" persoonlikheid nie gevoel word nie?
Hierdie dinge noem ek om aan te toon dat alles by die Vrymesselary nie "rosegeur en maneskyn" is nie. Ek noem dit ook as 'n bewys van die volkome onbetroubaarheid van Vrymesselaarswoorde! As hulle hul orde na buite verdedig, word hulle almal engeltjies met vlerkies aan. Ek noem dit ook as 'n voorbeeld van die "suiwere moraliteit" van Vrymesselary (soos in die praktyk beoefen), en as 'n bewys van hulle verregaande verwaandheid en vleeslike selfver-heffing.
Sulke mense moenie die vinger na die kerke wys nie!