Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
DIE ESSENERS EN DIE GNOSTISISME
Al meer opvallend word ook die feit dat die geheime beweging met sy geheime leer gemik was teen die Christendom. Onder voorwendel van 'n soort "verligte godsdiens", so hoog en edel dat slegs sekere "ingewydes" daarin toegelaat is, ondermyn die geheime beweging van nou af aan al meer die sedes en die tradisionele Christelike beginsels. Ons let eers op twee van hulle:
I. Die geheime beweging van die Esseners
Die Esseners het teen ongeveer 150 v.C. ontstaan,1 en hulle was een van die bekende sektes gedurende Jesus se omwandeling op aarde. Ons vind by hulle inwerkinge van Kabbalistiese,3 Griekse4 en Persiese5 misterieë. Hulle stem ooreen met die Vrymesselary in die volgende opsigte:
- Hulle geheimhouding;
- Hulle drie grade, naamlik van (a) "Approacher" (iemand wat nader kom), (b) "Associate" ('n metgesel), en (c) "Dissiiple or Companion" (dissipel of maat).6 Hierdie drie grade is dan weer in vier onderafdelings verdeel. Vroue is nie in hulle orde toegelaat nie.7
Die Esseners het 'n afgesonderde lewe as 'n vrome groepie gevoer.
Ook die Vakgrade en die Grootlosie van Suid-Afrika het drie grade.
Die Vrymesselaars laat ook nie vroue tot hulle losies toe nie.
Die Esseners was 'n vreedsame sekte van wêreldontvlugtelinge. Die subtiele gevaar van hulle leer bestaan daarin dat verkondig word dat Jesus self ook 'n Essener was. Hy was dan wel 'n groot Hervormer en 'n man wat op magiese wyse mense kon gesond maak, maar Hy was nie die Seun van God wat wonders kon doen nie. En met laasgenoemde staan en val die Christendom tog immers!
Ander kenmerke was hulle sonaanbidding (die son as simbool speel ook 'n besondere rol by die Vrymesselary) en die verskriklike ede wat hulle moes sweer om die geheime van die orde te hou. (By die Vrymesselary word ook verskriklike en walglike strafbedreiginge opgelê indien die onetiese eed wat hulle hul lede laat sweer, verbreekword.)8
Laat ons egter aandag gee aan 'n ander geheime beweging wat nie so vreedsaam was nie en openliker antichristelik in sy inhoud en optrede was.
II. Die Gnostisisme
Terwyl Schaff-Herzog die Gnostisisme wil sien as 'n vermenging van heidense en Christelike elemente met die doel om die Christelike beginsels te verbrei9 is baie ander bronne dit beslis eens dat ons dit nie hier te doen het met 'n skewe ontwikkeling van die Christendom nie, maar met naakte heidense sinkretisme wat by 'n heidense stelsel so 'n paar oppervlakkig-Christelike trekkies bygevoeg het.10 Ander wys op die beslis antichristelike karakter van die Gnostisisme en op sy sede-ondermynende Ieerstellinge en praktyke.11
Laat ons die Gnostisisme 'n bietjie nader beskou en wel in sy oorsprong, sy inhoud en sy invloed op die Vrymesselary.
(1) Oorsprong van die Gnostisisme
Navorsers is dit daaroor eens dat die Joodse Kabbalis en towernaar Simon Machus,12 of Simon die Towenaar soos die Skrif horn noem die oorspronklike stigter van hierdie beweging was.
Om 'n juiste verdelingsbasis vir die Gnostisisme te vind, is baie moeilik.14 Dit was 'n bandelose sekte wat ook bandeloos ontwikkel het. Talryke skrywers en rigtings het onder hulle ontwikkel. Onder die skrywers kan ons noem Simon Machus, Menander, Cerinthus, Valentinus, Basilides en Marcion;15 onder die rigtings kan ons noem die Judaistiese, die Ebionitiese en die Anti-noraistiese. Tot laasgenoemde rigting het weer behoort die Nicolaiete (waarteen die Bybel waarsku), die Simoniane, die Karpokratiane (gnostieke kommuniste) en die Prodikliane (Adamiete),™
(2) Die leerstellinge van die Gnostisisme
Om 'n volledige uiteensetting van hulle leerstellinge te gee, lê buite die bestek van hierdie werk. Daarvoor moet ander outeurs maar geraadpleeg word.17 Ons stel in hulle alleen belang as 'n antichristelike geheime beweging wat onder die dekmantel van ware gnosis (kennis, verligting) die mens gelei het tot verderflike dwaalleer en verrotte sedes.
In hierdie verband het hulle die volgende geleer. Die siel kan verenig word met God, maar alleen deur inkarnasies, misterie, engele, ensovoorts. Sommige van hulle het nog verder gegaan en, volgens Eliphas Levi, het hulle in hul leerstellinge opgeneem die lasterlike en ontheiligende elemente wat gedurende die Middeleeue en later die grondslag gevorm het van die Swart Towerkuns en die Satankultus. Die sonde is verheerlik deur byvoorbeeld die Ofiete of Slang-aanbidders, so genoem omdat hulle die slang aanbid het omdat hy in die Paradys teen God in opstand gekom het. Alle wette is verwerp as menslike instellinge en bandeloosheid het hulle plek ingeneem. Grond, goedere en vroue is gemeenskaplik gedeel. Opstand teen alle godsdiens is geleer, asook teen alle sedes. Nie net het sinnelus hoogty gevier nie, maar onder hulle vind ons die eerste nudiste of naaklopers, genoem Adamiete, omdat hulle, soos Adam, sonder klere geloop het.18
Deur alle eeue was daar natuurlik sonde en uitspattighede, maar hier kry ons vir die eerste keer die sonde in 'n sisteem georganiseer met die doel om die Christelike beginsels te vernietig, en dit alles onder die dekmantel van verligting en godsdiens wat die mens alleen deelagtig kan word indien hy deel het aan hulle besondere gnosis, dit wil sê kennis en verligting. Daaraan kan hy alleen deel hê indien hy lid word van hulle geheime beweging.
Matter, 'n skrywer met 'n deeglike kennis van die Gnostisisme, beweer met stelligheid dat hulle onder die geheime bewegings geklassifiseer kan word omdat hulle die volgende kenmerke vertoon:
(a) Die Gnostici het beweer dat hulle deur die oorlewering in besit was van 'n geheime leer wat nie in die geskrifte van die Apostels in die Nuwe Testament) voorkom nie.
- Hulle het hierdie geheime leer nie aan enigeen meegedeel nie.
- Waar dit aan "ingewydes" meegedeel is, is dit gedoen deur tekens en simbole, soos die Diagram van die Ofiete toon.
- By hulle inisiasies het hulle die kandidaat die vuurproef van die Griekse misterieë laat deurloop en gebruik gemaak van genoemde ritusse, by name die ritus van Eleusis.19
III. Ooreenstemming tussen die Gnostisisme en die Vrymesselary
Die ooreenstemming tussen die twee spring dadelik in die oog.
(a) Sowel die Vrymesselary as die Gnostisisme leer dat hulle in besit is van 'n geheime leer wat verligting en kennis aan die mens sal bring. Daardie leer word nie aan almal meegedeel nie, maar alleen aan die wat aan 'n geheime beweging behoort. In die Vrymesselary word die kandidaat geblinddoek om sy onkunde en blindheid voor te stel. As hy dan Vrymesselaar word, knip hy sy oë in verblindende lig om voor te stel dat die Vrymesselary nou voortaan vir hom " die ware lig" in sy lewe gaan gee. Wat hierdie seremonie uit Christelike oogpunt so gevaarlik en bedenklik maak, is dat, ook wanneer die kandidaat 'n Christenmens is, hy geblinddoek word en dat daarmee te kenne gegee word dat hy in die duisternis lewe en dat hy by die Vrymesselary die ware lig, gnosis, dit is kennis en verligting sal vind. Die implikasie is voor-die-hand-Iiggend, naamIik dat die Vrymesselary beweer dat hy oor geheime kennis beskik waaroor die Bybel en die Christendom nie beskik nie en dat dit slegs aan ingewydes van hulle Orde meegedeel mag word. Daar is reeds meermale teen hierdie bedenklike, heidens-gnostiese element in die Vrymesselary gewaarsku.20 Dit is ons insiens 'n wesenskenmerk van die Vrymesselary, en 'n wesenlike gevaar vir die Christendom omdat die persoon wat nie meer glo dat die Bybel en Christus die enigste en hoogste openbaring van God is nie, hom nie meer 'n Christen mag noem nie.
Dat die Vrymesselary diep gaan drink het by die Gnostiese stroompie, word skoorvoetend deur Mackey, 'n Vrymesselaarsoutoriteit, erken. "It (Gnosticism) is, too, interesting to the student of Masonic antiquities because of its remote connection with that Order, some of whose symbols have been indirectly traced to Gnostic origin. The architects and the stone masons of the Middle Ages borrowed many of the principles of ornamentation, by which they decorated the ecclesiastical edifices which they constructed, from the abstruse symbols of the Gnostics. So too, we find Gnostic symbols in the Hermetic Philosophy and in the system of Rosicrucianism; and lastly, many of the symbols still used by the Freemasonry - such, for instance, as the triangle within a circle, the letter G and the pentacle of Solomon - have been traced to Gnostic source."21 (Op die invloed van Vakmesselaarsgildes en die Rosekruisers op die Vrymesselary wys ons later.)
Ook die humanistiese "verafgoding" van die mens as mens, so eie aan die Gnostisisme,22 is 'n wesenskenmerk van die Vrymesselary.Die mens kan, deur 'n goeie Vrymesselaar te wees en goed te doen, ingaan in "the Great Lodge Beyond". In hulle begrafnisformulier word nie die voorbehoud gemaak wat in die Christelike begrafnisformuliere en begrafnisredes gemaak word nie te wete dat net diegene wat in Christus glo, in Christus sal lewe en opstaan. Nee, skynbaar is die hele saak in orde, wat die hemel betref, as jy maar net 'n goeie Vrymesselaar was. Laat ons by die lees van hulle begrafnisformulier onthou dat die persoon wat hulle begrawe, net so goed 'n Moslem- of Boeddhistiese Vrymesselaar kan wees - ook hulle word dan getel onder diegene wat "righteous" is en sal opstaan. By die graf sê die Meester onder andere:
"The Great Creator having been pleased, in His infinite wisdom, to remove our worthy Brother from the cares and troubles of this transitory life, and thereby to weaken the ties by which we are united to the world, may we who survive him, anticipating our own approaching end, be more strongly cemented in the bonds of union and friendship, and during the short space which is allotted to us in our present existence, may we wisely and usefully employ our time in the interchange of kind and fraternal acts, and may we strive earnestly to promote the welfare and happiness of our Fellowmen.
"Unto the grave we have consigned the body of our deceased brother and friend, there to remain until the general resurrection, in the fullest confidence that both the body and the soul will then arise to partake of the joys which have been prepared for the righteous from the beginning of the world. And may Almighty God, in His infinite goodness, at the last grand tribunal, extend mercy towards him, and all of us, and crown our hope with everlasting bliss in the realms of boundless eternity! .. . Then the Brethren, LED by the Worshipful Master, pass round the grave and each Brother casts a sprig of acacia on the coffin."23 (Kyk ook ByJae A pp. 331-
333).
Die Vrymesselary styg nooit uit bokant 'n geheime, humanistiese godsdiens nie, juis omdat hy die uniekheid en eiesoortigheid van die Christendom as openbaringsgodsdiens op losse skroewe gaan ry het - en ook deurdat hy sy wortels in die Gnostisisme ingeslaan..
Wat die Gnostiese invloede betref, kan ons met verwysing na wat ons oor die Kabbalisme gesê het, met die samevattende woorde van Ragon afsluit: "The Cabbala is the key to the occult science; the Gnostics were born of the Cabbalists."24
Besware teen die Gnostisisme as 'n onskriftuurlike leer - vervolg...