DIE ZION CHRISTIAN CHURCH (ZCC)

Ds AE vd Berg

Lees reeks by Aktuele geloofsonderwerpe: Ds AE vd Berg

Deut. 18:9-14; 2 Kon. 17:9-18

"Alhoewel daar grootliks van dooie liggame vir offers gebruik gemaak word, word daar t.w.v. sterk muti ook mense daarvoor doodgemaak.  Hulle maak van die Engelse term chop gebruik.   Om iemand te laat chop, is baie duur.   Dis tragies dat swartes weinig waarde aan ’n menselewe heg.  Dis ’n reuse probleem in Afrika."

Daar word gesê dat Suid-Afrika ’n Christenland met ’n bevolking van 80% Christene is.   Dis ’n leuen!   Suid-Afrika het tot en met 1994 ’n Christelike grondwet gehad, waarna dit deur die heidene wat aan bewind geplaas is met ’n sekulêre (wêreldlike) grondwet vervang is.

Heidene laat booshede altyd aanloklik voorkom en draai lelike dinge graag in die papier van die Christendom toe.   Die Zion Christian Church (ZCC) is een daarvan, ’n bose organisasie wat hom as ’n kerk voordoen van die ANC-regering steun ontvang.

Die ZCC is in 1910 deur Engenas Lekganyane gestig nadat hy glo ’n gesig van God ontvang het om ’n eie, inheemse kerk te stig.   Dis egter eers in 1942 as ’n kerk geregistreer met Moria as hoofkwartier.  Met Paastyd vertrek miljoene swartes op ’n pelgrimstog daarheen.   Die huidige leier, Barnabas Lekganyane,  is ’n kleinseun van die stigter en ’n multimiljoenêr.

Die ZCC het van meet af aan floreer omdat swartes dit as ’n inheemse kerk verwelkom het wat met kolonialisme en blanke Christendom gebreek het.  Swartes verafsku kolonialisme en veroordeel dit as grondroof en uitbuiting.    Dis net deels waar.   In ’n positiewe lig beskou, was kolonialisme ook ’n vakleerlingskap in beskawing.   Die vakleerlinge het die toets gedruip en die onderwysers die skuld gegee!

Lekganyane se verknogtheid aan die heidendom het hom met die blanke kerkleiers van sy tyd laat bots, veral sy aanmoediging van veelwywery.  Hy was self ’n veelwywer.   Die ZCC is in werklikheid niks nuuts nie, maar ’n plaaslike weergawe van ’n Amerikaanse Pinksterkerk wat in die 1800’s deur ene John Alexander Dowie gestig is.  Hierdie omstrede kerk is aanvanklik die Christen Katolieke Kerk genoem en later die Christus Gemeenskap Kerk genoem met die  hoofkwartier in Sion (Illinois).

Lekganyane was met Dowie se idee besiel en deur die Pinkster sendeling John Lake beïnvloed wat in 1908 in Johannesburg onder swartes begin werk het.   Die Pinksterkerke beskou die ZCC egter nie as deel van hul familie nie.

Lede van die ZCC word duidelik uitgeken aan die kenmerkende borsspeld wat hulle dra asook ’n groen wapen met metaal ster waarop ZCC geskryf staan.   Mans dra ’n prominente swart hoed.  Slegs swartes mag aan die ZCC behoort.

Die leer van die ZCC vind sterk aanklank by swartes omdat dit die Christendom met die tradisionele Afrika-heidendom verbind.    En dis ’n slegte ding.  In die ZCC skuil Satan agter ’n masker van tradisie wat voorvadergeeste aanbid!    Hulle glo dat die voorvadergeeste hul omring en hul persoonlike lewens beïnvloed.   Dit skreeu teen die Bybelse leer!

Salomo sê in Pred.12:5 dat die mens, sodra hy sterf, na sy ewige huis gaan.  Geen siel sweef iewers in die lug rond om mense se lewens te beïnvloed nie.    Dis ’n heidense opvatting met tragiese gevolge vir die ewige lewe!

In Luk.16 sê Abraham vir die ontslape ryk man: ”En by dit alles is daar tussen ons en julle ’n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” (vers 26).

As jy sterf, is jy of in die hemel of in die hel.  Die enigste geeste in die lug is die gevalle engele - bose geeste.  “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis….teen die bose geeste in die lug” (Efes.6:12).

Die ZCC glo dat hul deur Jesus tot God moet bid, maar om by Jesus uit te kom, moet hulle deur hul voorvadergeeste bid.   Dit herinner sterk aan die Roomse Kerk wat deur Maria tot God gaan.  Wat sê Jesus? “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie” (Joh.14:6).

Wie met die dode in aanraking probeer kom, is besig met die dinge van die duiwel.   Die tradisionele swarte ontworstel hom nooit hieraan nie omdat sy tradisie heidens van aard is.   Hulle gee blankes die skuld vir hul agterlikheid terwyl hul verknogtheid aan die heidendom die werklike rede is.

Die beskerming teen bose magte is ’n onmisbare element in swartes se tradisionele godsdiens belewenis.    Die ZCC gryp dit aan en maak daarop aanspraak dat hulle hul lede effektief teen die bose, towery en siekte beskerm.  Dit laat duisende liggelowiges jaarliks na hulle stroom!

Die ZCC is Pinksterkerk georiënteer.   Lekganyane het sekere Pinksterkerkgebruike ge-Afrikaniseer.   Een daarvan is die grootdoop.   Die ZCC’s doop egter nie in enige water nie, maar slegs in ’n rivier en dikwels baie hardhandig.   Swartes verdrink dikwels in die proses!

Die doop word in sekere gevalle selfs in die naam van Lekganyane, wat deur baie lede as ’n god aanbid word, bedien!   Dit verskil hemelsbreed van Jesus se doopopdrag in Mt.28:19 dat dit slegs in die Naam van die Drie-enige God moet geskied.   Daarbenewens mag geen mens ooit God genoem word nie.  Dis ’n verbreking van die eerste gebod!

Hulle glo dat hul ontslape stigter elke mens raaksien, ’n mag wat slegs aan God behoort.   “Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).    Lekganyane maak hom glo in drome en gesigte aan lede bekend.    Hulle glo dat hy gedagtes kan beheer, daarom moet aan hom geoffer word.   Dis in stryd met Ex.20:3 wat eis dat God alleen aanbid moet word!

Die ZCC maak soos die Pinksterkerke groot ophef van genesingsdienste.   Hul pastore sal die hande op iemand lê en of vir genesing bid of ’n bose gees uitdryf.   Hulle glo egter dat genesing deur die bemiddeling van voorvadergeeste en sekere heilige voorwerpe soos ’n staf geskied.   Hulle maak soos baie van die moderne Pinksterkerke van wit magie vir genesings gebruik.  Daarbenewens gebruik hulle ook vlae waaroor daar gebid is simbole van beskerming teen demone en glo dat dit die simbool van die Heilige Gees is.  Dis afgodery!

Die ZCC gebruik, net soos die Roomse Kerk, ook sg. heilige water.   Dit vorm ’n belangrike element in hul geloofsgenesing.   Siekes wat daarvan drink, moet hulself daarna dwing om op te bring ten einde die siekte uit te dryf, hetsy fisies of psigies.   Hulle gebruik ook heilige tee wat, net soos in die geval van die heilige water, vir genesing opgebring moet word.

Die ZCC het ’n wye reeks eie produkte met die etiket van Lekganyane daarop; tee, koffie, velprodukte, reukwater ens.    Niemand weet waar en hoe dit gemaak word nie.   Hulle bly maar net stil en koop.   Daar word selfs bespiegel dat etlike van die produkte menslike weefsel bevat!

Daarbenewens het die ZCC ook heilige as waaroor daar gebid is en as deel van die genesing en afweermiddel teen bose geeste beskou word.   Dit word met water gemeng en gedrink of aan deurposte, kosyne en vensterrame gesmeer om die bose weg te hou.   Engelse Sout, blou seep en melk is ook baie gewilde reinigingsmiddels.

Die ZCC het ook heelwat heilige simbole soos sekere bome, kerse en klippe, so ook ’n heilige stad – Moria.  Hul voorgangers dra wit mantels met ster- en maan tekens op.  Hulle is lief vir kruise.  Sommige biskoppe skeer ook nie hul baard nie sodat hulle soos Bybelse profete kan lyk.

ZCC lede word net soos in baie van die Pinksterkerke gedwing om bydraes aan die kerk te maak.   Ná ’n Paasfees word die bydraes in 200 liter dromme na ’n plaaslike bank geneem wat dan vir ’n paar dae sluit om die geld te tel.  Mag ’n kerk jou dwing om ’n bydrae te gee?  Nee, die goue reël is: as ’n kerk jou dwing om geld te gee, verlaat dit onmiddellik!

Vrees is ’n opvallende kenmerk by alle ZCC-lede.  Vrees bind hulle aan die ZCC.   Hulle glo dat as hulle die ZCC verlaat, hulle mal sal word.  Omdat hulle in sy naam gedoop is, kan Lekganyane glo hul denke beheer.  Gevolglik praat die ZCC’s nie uit hul binnekringe nie en glo dat hul bene afgesny sal word indien hul enige geheime verklap.

Die ZCC het net soos die Vrymesselaars ook range en vlakke, elkeen met sy eie geheime.   Die kapteinrang verplaas die persoon na die binnekring waar daar selfs menslike offerandes aan Lekganyane gebring word.  As hulle van saad praat, verwys hulle daarmee na menslike liggaamsdele.  Dit word muti genoem.

Swartes is veronderstel om eerder kruie of hoogstens diere-offers te gebruik.   Maar as hulle baie graag iets groots wil hê, is menslike liggaamsdele net die ding!    As ’n swarte ’n baie hoë pos met baie geld wil hê, sal ’n menslike hand as ’n gelukbringer by sy voordeur begrawe word.

Alhoewel daar grootliks van dooie liggame gebruik gemaak word, word daar t.w.v. sterk muti ook mense daarvoor doodgemaak.  Hulle maak van die Engelse term chop gebruik.   Om iemand te laat chop, is baie duur.   Dis tragies dat swartes weinig waarde aan ’n menselewe heg.  Dis ’n reuse probleem in Afrika.

Die ZCC se aanspraak dat hulle ’n Christelike kerk is, is van alle waarheid ontbloot.   Die stigter word met tragiese gevolge as ’n tipe van god aanbid.   Afgodery neem orkaansterkte in hul geledere aan.    Al maak hulle ook op die geloof in Jesus Christus aanspraak en dra hulle die Bybel, is die ZCC so in die heidendom versonke dat geeneen van hulle die ooit die hemel sal beërwe nie.