“Lê julle daarop toe om julle God lief te hê. As julle egter ‘n ander pad loop en julle verbind aan die mense wat oor is van hierdie nasies wat nog tussen julle woon, en julle ondertrou met hulle, en julle kom by hulle, en hulle by julle, weet dan seker dat die Here julle God hierdie nasies nie verder sal verdryf voor julle uit nie. Hulle sal vir julle strikke en wippe word, swepe op julle rûe en skerp dorings in julle oë en uiteindelik sal julle verdwyn uit hierdie goeie land wat die Here julle God aan julle gegee het.”
Vir Israel is hierdie waarskuwing, wat ook ‘n voorspelling inhou, tot in die kleinste besonderhede vervul. Wat die Afrikanervolk betref stap ons ook nog rustig aan op die pad wat na ons ondergang lei.
Lê ons as volk onsself nog daarop toe om die Here ons God lief te hê? Wat doen ons met hierdie nasies wat onder ons woon - Tswanas, Kôsas, Zoeloes, ensovoorts - waarmee daar reeds baie ondertrouings plaasgevind het? Ons meng met hulle en het versuim om hulle verder voor ons uit te verdryf. Daarom het hulle vir ons strikke en wippe geword en die kommunistiese ANC-swepe op ons rûe is soos skerp dorings in ons oë wat ons bestaan hier in ons vaderland bedreig.
As ons nie uiteindelik uit hierdie goeie land wat die Here ons God aan ons gegee het, wil verdwyn nie, moet ons terugkeer tot Hom wat ons voorvaders hier geplant het en Hom weer dien soos wat hulle gedoen het.