Maar Sion sê: "Die Here het my verlaat, en die Here het my vergeet! Kan 'n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die suigling van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nooit vergeet nie." Jesaja 49: 14 en 15.
By hierdie wonderlike, troosvolle en gerusstellende versekering van die Here aan Israel, sê Hy in vers 16 ook nog vir hulle: "Kyk, Ek het jou in die handpalms gegrafeer; jou mure is gedurig voor My."
Israel het die hulp van die Here dringend nodig gehad. Deur al die vorige jare heen is hulle feitlik aanhoudend vanaf die regerings van Rehabeam in Juda en Jerobeam in Israel deur hul buitelandse vyande, die Arameërs, die Assiriërs en Babiloniërs, geterroriseer.
Die Here het selfs toegelaat dat hulle na hierdie vreemde lande weggevoer word. So het Hy sy geloftevolk gestraf oor hulle ongeregtigheid, hulle afdwaling van sy gebod, hulle ongehoorsaamheid om sy bevele uit te voer en hulle hardnekkige beoefening van heidense afgodediens.
Maar Hy het hulle nooit vergeet nie. Met die heidense nasies se verdrukking het Hy hulle gestraf om hulle weer tot gehoorsaamheid te bring, totdat die verknegte en verstrooide volk in hulle vreesbevange verlorenheid gedink het dat Hy hulle totaal aan vernietiging van hul vyande oorgegee het.
Maar Israel was sy uitverkore verbondsvolk wat Hy nooit sou verlaat nie. Al het Hy hulle gestraf, sou Hy hulle weer uit die hande van hul vyande red en Hom as Vader oor sy verbondskinders ontferm.
Daar bestaan so 'n treffende ooreenkoms in Israel se geskiedenis en in dié van ons eie Afrikanervolk. Ons is ook sy verbondsvolk wat Hy hier in Suid-Afrika geplant het om sy Woord te verkondig en Hom te dien. Solank as wat ons gehoorsaam was aan sy opdrag, het ons gegroei en gedy en kon ons menigvuldige vyande ons nie oorrompel nie.
Maar soos Israel van ouds, het ons al hoe meer in die afdraaipaaie van die wêreld verstrik geraak, ons van God en sy Gebod vervreem en gedoen wat die wêreld van ons verlang. Daarom het die Here ons met hierdie ANC-strafgerig getref, om ons te dwing om in gehoorsaamheid aan sy Woord weer na Hom terug te keer.
Sodra ons as ‘n volk dit doen, sal Hy ons verlos van hierdie demoniese heidense mag wat tans besig is om ons te vernietig.