"Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand." Jesaja 41 : 10.
Hierdie bemoedigende woorde van die Here aan die angsbevange volkie Israel is herhaalde male deur die profeet Jesaja aan hulle oorgedra, want hulle het letterlik gesidder voor die bedreiging van die oorweldigende vyandelike heidenmagte wat besig was om meedoënloos op hulle af te storm. In vers 11 van dieselfde hoofstuk verseker die Here hulle dat hierdie vyand wat op hulle toornig is, beskaamd sal staan en in die skande sal kom, "...want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou."
Maar Israel was lamgeslaan deur die Assiriese koning Sanherib se bedreigings teen die Here en teen koning Hiskia. Daarom verseker die Here hulle weer deur die Profeet in Jesaja 41 : 14: "Wees nie bevrees nie, wurmpie Jacob, volkie Israel! Ek help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel."
Hoe wonderlik het God hulle toe nie van hierdie bedreiging verlos nie! Die engel van die Here het in die nag 185 000 in die Assiriese kamp doodgemaak!
Soos wat Israel deur die Assiriese magte bedreig is en later deur die Babiloniërs ingeneem en weggevoer is, so is die Afrikanervolkie en ander Blankes in Suid-Afrika in 1994 deur 'n heidense mag op 'n verraderlike manier ingeneem. Sedertdien word daar deur hierdie vyand van ons volk vasberade pogings aangewend om ons te verslaaf en uiteindelik uit te roei. Maar die Here, ons almagtige God, het ook vir ons 'n boodskap in ons verdrukking. Hy sê vir almal wat tans onder die hiel van hierdie demoniese terroristegroep vertrap word: "Wees nie bevrees nie, want die tyd is voor hande dat Ek hierdie strafgerig oor jou weer gaan ophef en jou gaan verlos van die dwingelandy wat besig is om jou te teister."