BID DAT GOD ONS VYANDE VERSLAAN

Wie is jy... dat jy vergeet  (dat)  die Here jou gemaak het en die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het, dat jy die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker,  as hy  (hom) daarop toelê om te verwoes? Jesaja 51: 12 en 13

Toe Jesaja vir Israel hierdie dringende vraag gestel het, het die volk een van die swaarste krisistye van sy ganse bestaan beleef.  Die oorweldigende magte van die Assiriese koning, Sanherib, het die volk van God bedreig met oorrompeling, wegvoering en algehele uitwissing.  Hy het met sy reuse leërmagte uitgetrek teen al die versterkte stede in Juda en hulle verower.  Daarna het hy Jerusalem bedreig. 
Koning Hiskia en sy benoude raadgewers het in die tempel bymekaar gekom om vir uitredding te bid.  Daar het die Here deur Jesaja vir sy angsbevange volk gevra of hulle Hom dan vergeet het, dat hulle so ‘n groot vrees vir die verdrukker koester.  Daarna het Hyself die Assiriërs verslaan en sy volk weer vir die soveelste keer gered.

‘n Paar eeue later verkeer die Afrikanervolk hier aan die suidpunt van Afrika in dieselfde benouende omstandighede as wat die geval met Juda in die 7e eeu vC was.  ‘n Ongelowige heidense terroristebende het beheer oor ons land verkry en probeer met groot vertoon van mag om ons nie net slaafs te onderwerp nie, maar wend doelbewuste moordpogings aan om ons volksbestaan te beëindig.

Daar is baie van ons wat elke dag met soveel bekommernis bewe voor die grimmigheid van hierdie ANC-verdrukker wat hom daarop toelê om ons land en volk te verwoes, dat ons vergeet dat die Here ons as sy kinders gemaak en geroep het om as verbondsvolk in Suid-Afrika sy Naam te verkondig en die Christelike beskawing te bevestig.

Bid dat die Here ons weer soos by vorige kere sal red en die vyand sal verslaan.