GOD STRAF VERMENGING

Ek sal hulle nie voor julle uit verdrywe  nie, sodat hulle vyande vir julle sal wees en hulle gode, ‘n strik vir julle - Rigters 2:3

Toe die Here sy volk weer na hulle land teruggebring het, het Hy hulle beveel om nie met die inheemse volke te meng en met hulle te vereenselwig nie, maar om hulle te verdryf en uit te roei, sodat elke stam van Israel sy regmatige grondgebied ongeskonde kon inneem en hulle daar vestig.

Maar nadat Josua die land aanvanklik “skoongemaak”  het, het die volk daar gaan woon sonder om die res van die heidene wat nog oorgebly het uit te roei.  Israel het met hulle gemeng en ook hulle afgode gedien.  Daarom sê die Here in Rigters 2: 20:  “Omdat  hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie, sal Ek... geen een van die nasies ... voor hulle uit verdrywe nie.”

Soos die Here vir Israel uit Egipte weer na Kanaän gebring het, het Hy in die 17e eeu die kern van ‘n klein volkie in Suid-Afrika geplant.  Sy opdrag was nie soos in Israel, dat die inheemse volke uitgeroei moes word nie, maar dat hulle gekersten moes word. 
Maar hierdie groepie Nederlandse Christene was spoedig nie al Blankes wat Suid-Afrika se grondgebied betree het nie.  Die liberale Engelse regering, die filantrope en die sogenaamde sendelinge wat volkome gelykstelling en assimilasie met die primitiewe barbare in ons land propageer en uitgeleef het, het die oorspronklike doel van die Blanke nedersetting aan die Kaap in die wiele gery.

In Kanaän het die Here die volk gestraf met al die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.  Straf Hy ons nie ook met al die Zoeloes,  Kôsas,  Matebeles,  Tswanas,  Basoeto’s,  Fingo’s,  Bagatlas en nog dosyne meer nie?