GOD SPOT MET ONS VYANDE

Psalm 2  vra  “...waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?  ...Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.”
Die sogenaamde “magtige” mense op aarde soos die ANC met al hul internasionale aanvoorders  dink dat hulle woel,  die besluite neem en die land regeer want hulle ken nie die Almagtige Vader nie. Dikwels lag God as hulle in hul oormoed dink dat hulle alleen die besluite neem – en hulle besef nie eers dat daardie mag slegs van Bo kom nie.

En hulle weet ook nie dat dieselfde God Hom oor ons volk gaan verootmoedig en saam met Hom sal  laat  ‘lag’ oor diegene wat so graag SY VOLK wou kruisig nie.

“...Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie? “
Johannes 19:10

Watter ‘belangrike mens’ het hierdie uitspraak gemaak  “Ek het die MAG...”  ?

Ja, ons weet dit was Pilatus wat met ons Here Jesus so gespreek het.
Was hy so ‘n belangrike mens? Nee, want te midde van ons Jesus se onbeskryfbare liggaamlike lyding en pyn antwoord Hy hierdie ‘vreeslik belangrike mens’ baie rustig: “ U sou geen mag teen My hê as dit u nie van Bo gegee was nie...”

Dus was regter Pilatus in God se plan maar net ‘n belangrike skakel.  Iemand moes tog die regsuitspraak lewer;  iemand moes volgens die Romeinse wet  die aangeklaagde ‘mens’ skuldig bevind;  iemand moes die doodstraf oor Jesus uitspreek -  aangesien daar ‘n doel voor was,  ‘n baie belangrike een,  om mense en volke vry te spreek,  ook ons Afrikanervolk.