BEVEG GODLOSE OWERHEDE

Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestelRomeine 13:11

Weens die sonde van die mensdom het elke samelewing ‘n owerheid nodig. Ná die sondeval het die instelling van die staat, ter wille van die handhawing van orde en reg, nodig geword. God het met die instelling daarvan die vernietigende gevolge van die sonde in die samelewing teengewerk. Die owerheid moet die goeie teen die bose beskerm; hy moet aan diegene wat onreg aangedoen word, reg verskaf en hy moet die kwaaddoeners en misdadigers in toom hou. Dít is die owerheid se bederfwerende taak.

Hy moet as beskermer optree ten opsigte van die openbare sedelikheid, eerbaarheid, rus en vrede. Op hierdie wyse moet hy die algemene welsyn van die samelewing dien. Dit moet steeds die doel van die owerheid wees om aan alles en aan almal reg en geregtigheid te laat geskied ooreenkomstig God se Woord.

Romeine 13:3 en 4 stel dit duidelik dat die owerheid ‘n dienaar van God is wat die “swaard” van gesag dra en diegene wat kwaad doen straf, terwyl dié wat goed doen, lof van hom ontvang.

 Wanneer ons in vers 1 lees dat elke mens hom moet onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, moet ons onthou dat dit nie los staan van vers 4 nie, wat sê die owerheid is ‘n dienaar van God, joú ten goede. Daarom moet die owerheid sy magte altyd so uitoefen dat dit ten dienste van sy mense is. Dan alleen sal die owerheid steeds in die Bybelse sin owerheid kan wees.

Maar as regeringsleiers hulle Godgegewe mag en outoriteit misbruik en regeer met wetgewing wat teenstrydig is met die Skrif, mag ‘n Christen hom nie daaraan onderwerp nie. So ‘n regering kwalifiseer nie volgens Bybelse norm om die owerheid te mag wees waaraan ons onderdanig moet wees nie, want hy bevorder nie die welsyn van sy onderdane nie maar breek dit af.

Die Woord van die Here gebied ons in Handelinge 4:19 om God meer gehoorsaam te wees as vir mense. Daarom is dit ons plig om die goddelose “owerheid” wat tans besig is om ons te verkneg, met alle middele tot ons beskikking teen te staan en daarmee te volhard totdat hierdie moordenaarsbende uit die weg geruim is.