In ons geliefde vaderland Suid-Afrika heers daar tans ‘n knegskap wat ons Afrikanervolk se vryheidsgees gevange hou, want baie van ons het ons wil om daarteen weerstand te bied reeds soos verlore wapens opgehang aan die doringbome van die ANC-woestyn. Al wat ons nog laat hoor, is kreune van moedeloosheid oor ons Swart kommunistiese lot en ons gewaar nie eers hoe die Here reeds besig is om deur verskeie mense wat Hy besig is om te gebruik tot eer van sy Naam ons verknegte volk tot weerstand op te roep nie.
"By die riviere van Babel, daar het ons gesit, ook geween as ons aan Sion dink. Aan die wilgerbome wat daarin is, het ons ons siters opgehang. Want daar het hulle wat ons as gevangenis weggevoer het, van ons die woorde van ‘n lied gevra, en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: sing vir ons ‘n Sionslied. Hoe sou ons die lied van die Here kan sing in ‘n vreemde land? “
Psalm 137:1-4
Israel was ook soos ons volk vandag verpletter. Die Assiriërs het in 722 vC die tien noordelike stamme na Ninevé en omstreke weggevoer en in 597 vC het Nebukadnesar Jerusalem ingeneem en die meeste inwoners van Juda as ballinge na Babel geneem en daar gevestig. Nou sit hulle magteloos tussen die heidene en voel selfs te moedeloos om die Here in die vreemde te aanbid. Hulle siters waarmee hulle God met jubelsang geloof het hang nutteloos in die takke van die treurwilgers by die riviere van Babel. Hulle het vergeet dat Hy belowe het dat hierdie strafgerig wat Hy oor hulle gebring het, nie vir altyd sou duur nie.
Gedurende hierdie treurjare van ballingskap wat nie eers 70 jaar geduur het nie, het die Here in noue kontak met sy verslae volk gebly deur profete soos Jeremia, Daniël en Esegiël.
En toe die tyd ryp geword het vir die terugkeer na hulle verlore vaderland, het Hy leiers soos Serubbabel, Esra en Nehemia vir die nodige voorbereidingswerk gebruik. Net soos vroeër in Egipte, het hy sy volk ook hier in Babel nooit in hulle treurige knegskap verlaat nie en hulle weer in die volheid van die tyd wat Hy daarvoor bepaal het, na hulle verlore vaderland teruggebring om daar in Sion weer op hulle siters in dankbaarheid ‘n nuwe jubellied vir Hom te sing.
Hy roep ons om wakker te word en te besef dat Hy ons in ons knegskap nooit verlaat het nie en weer sal verlos. Sing dan nou vir Hom reeds ‘n nuwe Sionslied van dankbaarheid, want die dag van ons verlossing sal spoedig aanbreek!