‘n Verfoeilike leuen kan selfs die oorsaak wees dat ‘n niksvermoedende en goedvertrouende volk wat dit glo, in die afgrond gestort word soos wat met die Afrikanervolk in 1994 gebeur het.
‘President’ FW de Klerk het die volk wysgemaak dat hy in Suid-Afrika ‘n Kanaän gaan skep met wonderlike voorregte vir alle bevolkingsgroepe. Die volk het ‘ja’ gestem in nog ‘n leuen van De Klerk dat dit net ‘n referendum is waarin hulle hom slegs toestemming vir onderhandeling maar nog nie prysgawe gee. Maar De Klerk het sy leuen met verraad opgevolg met die weggee van ons dierbare vaderland sonder om die volk weer te raadpleeg soos hy beloof het hy sou doen. Toe oorhandig hy ons aan ‘n swart terroristiese bende wat gedurende die afgelope 15 jaar ver gevorder het met die toepassing en uitleef van hul goddelose kommunistiese onderdrukking van die Blankes in ons geteisterde vaderland.Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid.
Efesiërs 4:25
Lieg nie vir mekaar nie omdat julle die ou mens met sy werke afgelê het.
Kolossense 3:9
Die leuen is die eerste wapen wat Satan aangewend het om die eerste mense van die paradys in die afgrond te stort. Die sondeval het plaasgevind omdat Adam en Eva die leuens wat hy vir hulle oor God vertel het, geglo het. In die Bybel word daar op verskillende plekke vertel hoe mense van leuens gebruik gemaak het om hulle doel te bereik.
In Génesis 26:7 vertel Isak die leuen dat Rebekka sy suster is omdat hy bang was dat die Filistynse koning Abimeleg sou uitvind dat Rebekka sy vrou is.
In Génesis 31:35 lees ons dat Rachel aan haar pa Laban ‘n leuen vertel om te verhoed dat hy sy huisgodjies vind wat sy gesteel het.
Toe Josef in Egipte ‘n slaaf was, het hy onskuldig in die tronk beland omdat Potifar die leuen wat sy vrou oor Josef vertel het, geglo het.
Ook in Josua 9:9 lees ons dat Josua die vermetelde Gibeoniete se leuens oor hulle herkoms geglo het en daarom ‘n verbond met hulle gesluit het.
Maar die verskriklikste was die gruwelike leuen van Petrus toe hy in sy verloëning van die Here Jesus drie maal verklaar het: “Ek ken hierdie man nie!”
In Spreuke 6 vanaf vers 12 tot 19 word vertel van die kwaad wat veroorsaak word deur ‘n “leuenagtige tong” en ‘n “valse getuie wat leuens uitstrooi” en dat dit twee van die ses dinge is wat die Here haat.
In Jeremia 23:32 sê die Here: “Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery.”
Ons sal bly bid en weet dat die Here ons weer sal verlos en die dag spoedig sal laat aanbreek wat in Jesaja 61:4 so beskryf word: “En hulle sal die ou puinhope bou, die verwoeste plekke uit die vroeër dae weer oprig en die verwoeste stede weer nuut maak wat verwoes was van geslag tot geslag.”