GODDELOSE OWERHEDE GAAN ONDER

Die Ou Vertaling sê in Spreuke 28:16: “’n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar dié wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng."

"As die goddelose mense aan die bewind kom, kruip die mense weg; as die goddeloses ondergaan, kry die regverdiges die mag."
Spreuke 28:28 – Nuwe Vertaling

In Spreuke 20:12 leer ons nog ‘n verdere eienskap van hierdie soort regeerders ken: “’n Regeerder wat hom aan leuens steur, het naderhand net goddeloses in sy diens.”
So spreek die HERE in sy  Woord ‘n oordeel uit oor die regering van ‘n land wat goddeloos voortgaan om sy onderdane te onderdruk onder die leuenagtige voorwendsel dat al sy onbekwame regeringsmaatreëls en wette die stempel van demokrasie vertoon.
Hierdie toestand heers tans in Suid-Afrika: Die groep kommunistiese terroriste wat aan bewind is, is goddeloos en streef daarna om die Christendom in die land uit te roei. Hulle is onbekwaam en nie in staat om die land te regeer nie.
Vir die leuenagtige skyn dat hulle regering sogenaamd op die volkswil berus, het hulle ‘n parlementêre versameling van goddeloses in hulle diens. Korrupsie en geldverduistering vier hoogty.
Dit is die toestand wat heers in ons land, want goddelose mense het aan bewind gekom en vredeliewende mense kruip agter versperrings in hul huise weg om nie vermoor te word nie.
Maar die Woord verseker ons in Spreuke 28 dat die goddelose regeerders sal ondergaan en dat die regverdiges weer die mag sal oorneem.