GOD HAAT VERBASTERING

Dr JP Botha

Ons volk was geroepe om hier aan die suidpunt van Afrika die lig van die beskawing en van die Evangelie van Jesus Christus in te dra onder die gekleurde inwoners van Afrika. Die Woord van die Here in Deuteronómium 23 geld ook vir ons om te gehoorsaam, maar ons het die poorte van ons volkslewe vir die wêreld oopgegooi sodat vreemdelinge en ‘n bastergeslag tans oor ons heers.

“Geen baster mag in die vergadering
van die Here kom nie; selfs sy tiende
geslag mag in die vergadering van
die Here nie kom nie”.

Deuteronómium 23:2

Die vergadering van die Here waarvan die Bybel hier praat, is sy gemeente. Dit is sy eie volk Israel wat Hy uitgekies het bo alle ander volke om vir hulle te sorg. Hy wil hulle identiteit suiwer hou en hulle nie met ander nasies laat vermeng nie want die bastergeslag wat dan ontstaan, is nie meer deel van sy geloftevolk nie.

Die gangbare betekenis van die woord ‘baster’ is iemand wie se ouers die een aan die Blanke en die ander aan die gekleurde (swart of geel) rasse behoort. In die nuwe Bybelvertaling van 1983 is weggeskram van die woord ‘baster’, met die volgende beskrywing:

“Niemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap, mag lid van die gemeente word nie.” Dít sê nie wat in ons aangehaalde tekswoord staan en ook in Joshua 23:7 sterk beklemtoon word nie: ”Julle mag met hierdie nasies wat met julle saam oorgebly het, nie meng nie; julle mag ook die naam van hulle gode nie vermeld en daarby nie laat sweer nie, en julle mag hulle nie dien en voor hulle neerbuig nie.”

Israel was dikwels ongehoorsaam aan die bevele van die Here maar Hy het hulle telkens weer uit die hande van hulle vyande geruk met wie hulle gemene saak gemaak het.

Ons moet voortdurend bly bid dat die Here ons ongehoorsaamheid aan sy Gebod sal vergewe en ons weer uit die hand van hierdie dwingelandy waaronder ons tans verkeer, sal verlos.