Dr JP Botha
Drie eeue gelede het die Here ‘n klein volkie hier in Suid-Afrika in aansyn geroep, wat te midde van baie beproewings gegroei en gedy het in sy swaarverowerde vaderland. Maar ons volk het deur verraad sy land kwytgeraak en verkeer tans in die ellende van ‘n Egiptiese verslawing deur ‘n groepie heidense terroriste wat oor hul heers.
Wees sterk en vol moed,
wees nie bevrees of verskrik nie;
want die Here jou God is oral met jou,
oral waar jy heengaan - Josua 1:9
Met hierdie woorde het die Here self vir Josua verseker dat Hy die volk die land sal laat erf wat Hy hulle vaders met ‘n eed beloof het om aan hulle te gee. Die Here het Abraham in die jaar 2090 vC geroep om die beloofde land in besit te gaan neem, maar 215 jaar later moes Jakob noodgedwonge met die wordende Israelitiese volkie hul beloofde land verlaat om in die vreemde Egipteland as slawe verkneg te word.
Ná hierdie beproewing wat 440 jaar geduur het, het die Here vir Moses as leier gebruik om sy verbondsvolk weer uit die knellende bande van Egiptiese slawerny te lei, op pad na die land wat hulle nie meer besit het nie.
Na Moses se dood het die Here vir Josua geroep om die volk weer die verlore land binne te lei en die vreemdelinge wat dit onregmatig bewoon het, te verdryf.
Vir hierdie groot taak het die Here hom van geesteskrag voorsien, hom moed ingepraat en van sy Hulp verseker. Josua het moed geskep en aanhou veg en die stryd volgehou totdat Israel weer sy verlore Kanaän herower en in besit geneem het.
Maar soos vir Josua, sê die Here ook vir ons volk dat Hy ons weer uit die hand van ons talryke vyande sal verlos: “Skep moed en verset julle teen hierdie onwettige dwingelandy. Hou aan veg tot die oorwinning aanbreek... Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou!”