Ben Biggs
Lees reeks by Lig vir die regverdige
Die dissipels van Jesus (wie se verstand geopen is om die skrifte te verstaan (Lukas24,45); wie verstand gegee is om die ware God te ken (1 Johannes 5,20); wie met die Heilige Gees gedoop is, van die Eenheid van God die Vader, Seun, en Heilige Gees, kry opdrag van Jesus soos aangeteken in Matthéüs 28,19: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Handelinge 2,38: En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle, (kom tot geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Handelinge10,43: Aangaande Hom (Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam (Jesus) ontvang.
Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig sy bloed gestort aan die kruis vir jou en my sonde.
Handelinge19,5: En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Toe die dissipels vir Jesus vra waarom Hy deur gelykenisse met die menigte spreek, is sy antwoord in Matthéüs 13,11: Toe antwoord Hy (Jesus) en sê vir hulle: Omdat dit aan julle (dissipels) gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.