GEMENGDE HUWELIKE

Lees reeks by  WAT SÊ DIE BYBEL OOR...

WAT SÊ DIE BYBEL OOR GEMENGDE HUWELIKE?

Omdat Suid-Afrika so ’n wye verskeidenheid van rasse met uiteenlopende lewens- en kulturele verskille huisves, is die erkenning van veelvolkigheid en rasseverskille onontbeerlik vir vreedsame naasbestaan.  Ongelukkig het die verwysing na rasseverskille vandag so ’n politieke plofkrag verkry, dat die onderwerp liefs vermy word.

Toe die eertydse verbod op gemengde huwelike jare gelede geskrap is, het die liberale media rassevermenging begin ophemel.   Vandag is feitlik alle TV-sepies en advertensies kunsmatig rasgemeng.

Vroeër het mense by hul eie ras gehou om hul eenselwigheid en kultuurverskille te bewaar.   Dis nie deur regerings of kerke op hulle afgedwing nie, maar uit eerbied vir God se skeppingsorde gehuldig.   In Gen.1:24 skryf Moses oor God se natuurwet en sê dat God al die diere volgens hulle soort gemaak het.  ’n Bok sou nie ’n perd of ’n duif ’n swaeltjie voortbring nie.

God het mense in soorte verdeel.   In Openbaring skryf Johannes telkens van die samekoms van volke, tale en nasies aan die voleinding van die wêreld:

Na hierdie dinge het ek gesien en kyk, daar was ’n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale…” (Openb.7:9)

God het vroeg in die mensegeskiedenis die mensdom in volke verdeel toe Hy die nageslag van Kain van dié van Set geskei het.   Set se nageslag was God se uitverkorenes en is die seuns van God genoem (Gen.6:1).   Kain s’n het God nie behaag nie omdat hulle boos was. Toe Set se nakomelinge later met dié van Kain ondertrou, het dinge begin skeef loop.  Hulle versuim om hul nageslag onbesmet te hou, het hulle spoedig so van God vervreem, dat Hy die ganse mensdom, op agt na, in ’n watervloed laat omkom het!

Twee geslagte ná die vloed het God weer skeiding gemaak toe Gam en sy seun Kanaän Hom mishaag en hulle van die geseëndes uitgesluit is.  Uit hulle nageslag het die Kanaäniete, Jebusiete, Amoriete en Hewiete gespruit wat in die tyd van Josua teen Israel oorlog gevoer het.

God is ’n Skeidingmaker.  Die Bybelskrywers beklemtoon dit selfs in die Nuwe Testament:

Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?  En watter ooreenstemming het Christus met Belial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode?  Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel en Ek sal hulle God wees en hulle sal vir My ’n volk wees.  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here en raak nie aan wat onrein is nie en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle ’n vader wees en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige” (2 Kor.6:14-18).

Die Bybel noem rasvermenging verbastering.  Let op die sewende gebod (egbreuk) wat nie net oor ongeoorloofde liefdesverhoudings gaan nie, maar ook oor onwettige vermenging.  In Hebreeus het die woord egbreuk ook die betekenis van bederf, verlaag en ontwrig - iets wat geskaad word deur ’n vreemde inhoud by te voeg.

Kinders wat uit rassevermenging gebore is, is in die Bybelse tyd prontuit basters genoem en getuig van God se afkeur in rassevermenging:

Geen baster mag op die vergadering van die Here kom nie; selfs sy tiende geslag mag op die vergadering van die Here nie kom nie” (Deut.23:2).

Die mens is ’n kuddedier.  Hy vereenselwig hom met sy eie soort en skei hom van andersoortige mense af.    Dit word ook in die diereryk waargeneem waar indringers verjaag word.  Geen kultuur kan sonder rassevoorkeur voortbestaan nie.  Hy sal hom moet afskei ten einde te bestaan.

Die Bybel is baie duidelik hieroor: God veroordeel rassevermenging.