In die skeppingsverhaal lees ons dat God alles wat Hy van plan was om te skep, in ses dae afgehandel het, waarna Hy op die sewende dag gerus het, want die woord "Sabbat" beteken "rus."
Hy het nie gerus omdat Hy moeg was nie, maar Hy wou vir die mens 'n voorbeeld stel, tot die mens se eie voordeel.
Daarom is die sewende dag 'n dag van rus en vernuwing, 'n dag om daarvandaan van nuuts af met die lewe te begin, want God het die Sabbat geheilig, "godgewyd" gemaak. Dit beteken dat God die Sabbat uitgehou het as die dag waarop ons Hom moet aanbid en met Hom gemeenskap moet hê. Ons glo dat Hy in die paradys ook met Adam in die aandskemering van die Sabbat in gemeenskap getree het.
Ons weet nie vandag meer presies watter dag die sewende dag of die Sabbatdag is nie omdat chronoloë tred verloor het met die toekenning van die dae. Maar die Sabbat is nie afhanklik van die beweging van die son, maan en sterre nie. Dit is 'n herdenking van die skeppingsweek. As ons op een dag rus, hetsy op die Sabbat (Saterdag) in die Ou Testament, of op Sondag in die Nuwe Testament, erken ons daarmee wat God gedoen het.
Die wet van God beveel ons om nie op die Sabbat te werk nie. Dit beteken dat ons nie op die Sabbat ons normale dagtaak moet verrig nie, maar sluit noodsaaklike dienste soos voedselbereiding en ander dinge wat vir ons voortbestaan noodsaaklik is, uit. Die wettiese en bekrompe fariseërs het vir Jesus gesê sy dissipels "werk" op die Sabbat toe hulle koringare uitgevryf en geëet het. Christus se antwoord was dat die Sabbat vir die mens gemaak is en nie die mens vir die Sabbat nie. Wie sal nie sy kalf wat op die Sabbat in die put val, weer op die selfde dag daar uithaal nie?
Maar in ons dag vind daar gruwelike, onnodige Sabbatsontheiliging plaas, waaraan nie net die wêreld nie, maar ook kinders van die Here lustig meedoen. Sondagsport wat beoefen word en inkopies wat op Sondae by winkels wat oop is, gedoen word, is van die min bedrywighede wat op Sondae beoefen word. Die mensdom gaan op Sondae normaalweg aan met al sy bedrywighede van die vorige ses weeksdae. Kerkbesoek of godsdiensbeoefening in enige vorm, of heiliging en godgewydheid van die Sabbat bestaan nie meer nie.
Die Here is besig om ons vir hierdie afdwaling en ander gruwelike sondes te straf. Hy het toegelaat dat 'n goddelose, heidense terroristiese bende oor ons regeer. Voordat die Afrikanervolk nie op sy knieë met hart en siel vir God om vergiffenis bid vir al die afdwaling en sondes, sal ons nie van hierdie dwingelandy verlos word nie.