WAT IS DIE ARGUMENTE TEEN ABORSIE?

Dr Elmer L Towns

Reeds honderde jare beskerm ons Westerse kultuur spesifiek die reg van elke individu om te leef, en daardie beskerming sluit ook die ongebore kind in. Die Westerse beskawing is histories teen aborsie gekant.

Die menslike lewe begin by bevrugting. Die fetus is 'n nuwe wese, totaal apart van sy ouers, omdat hy 'n ander chromosoomsamestelling het.

Die fetus leef vanaf bevrugting omdat hy die vermoë het om sy eie sterwende selle te vervang.

Die fetus benodig voedsel en tyd om tot 'n volwasse mens te ontwikkel.

Die fetus is net so lewendig en menslik 'voor geboorte' as wat hy 'na geboorte' is; dit is nie 'n ander lewe nie.

Die menslike hart begin op agttien dae te klop.

Op ses weke word 'n elektriese impuls reeds in die menslike brein aan die gang gesit. Die aktiwiteit kan op 'n elektroënkefalograaf gemeet word.

Kinders is al so vroeg as 19 weke en ses dae ná die moeder se menstruasiesiklus gebore en het in volmaakgesonde kinders ontwikkel. As sekere kinders dus op hierdie vroeë ouderdom kan oorleef, waarom kan ons nie probeer om al die fetusse/kinders van hierdie ouderdom te red eerder as om hulle lewens te beëindig nie?

Die kind se liggaam behoort aan die kind, net soos wat die moeder se liggaam aan die moeder behoort. Die moeder is nie besig om deel van haar anatomie te aborteer nie; sy aborteer 'n lewe wat sy en 'n man in haar geskep het.

As ons nie aan 'n moeder die reg gegee het om haar kind se lewe ná geboorte te beëindig nie, waarom moet sy die reg hê om die kind se lewe vóór geboorte te beëindig?