Dr Elmer L Towns
Sommige wetenskaplike ingenieurs sê dat 'n mens net soos jy – met identiese DNS, bloedgroep, ens – gekloon kan word. Tans word die oorplanting van 'n hart of 'n nier dikwels deur verwerping van die nuwe orgaan in die wiele gery omdat dit nie geneties identies aan die ontvanger s'n is nie. Indien kloning egter embrio's met 'n genetiese samestelling indenties aan die siek mens s'n kan skep, kan die moontlikheid van 'perfekte onderdele' 'n werklikheid word. Hierdie perfekte kloon kan liggaamsdele voorsien soos wat jy hulle benodig (byvoorbeeld 'n nuwe lewer, oë, ens.)
As die kloon in die oë van die 'ingenieur' nie 'n siel het nie, hoef hy nie bekommerd te wees dat hy die liggaam wat geskep is, vernietig nie, en dié liggaamsdele kan plaasvervangers word vir die siek mens.
Om klone te maak sou die vernietiging van embrio's beteken, en dan die vernietiging van die kloon wanneer dit nie meer van nut is nie. Die wêreld gebruik die term 'gekannibaliseer' wanneer dele van een motor gebruik word om 'n ander te herstel. Kloning sal tot kannibalisering van die kloon lei, vir onderdele.Dan sal ander kwessie hanteer moet word: 'Waar is die siel?", en 'Is dit moord?'